Frans Karoo stel vandag sy debuut solo Afrikaanse album “Braambos Radio” vry en die album is nou beskikbaar op alle digitale platforms.
Braambos Radio’ is vol gepak met verskeie verhale en temas wat mens laat dink. Die lirieke is diep en soms donker. Frans Karoo is ‘n storieverteller en man wat dit sing met ‘n praat stem soos Bob Dylan oor musiek wat soms Blues, soms Country is met net so klein bietjie Rock.
Frans Karoo het nie vir ‘n spesifieke klank gemik nie
“Elke song het sy eie kruie, speserye of wilde heuning gebring. Solank dit outentiek is tot die Milieu van die storie. Die songs is gebore op ‘n stoep, om ‘n vuur of in ‘n garage. Oor baie jare. Ek en CJ Bierman ( wat destyds saam met my in Jet Black Camaro was) het die songs saam geskryf.”
“CJ het gekom met ‘n rif en dan sal ek ‘n melodie bo-oor sing. Die woorde het eers gekom die week toe ons moes record (ek sit die ‘pro’ in ‘procrastination’). Die songs is opgeneem in Ladysmith by Jo Ellis se studio en ‘n Klein dorpie in die Klein Karoo het die perfekte backdrop geskets dat die karakter van elkeen van die liedjies na vore kon kom. Meng dit met Jo Ellis se tydlose oor en sielvolle benadering en daar was zen.”
Met sy debut album uiteindelik vrygestel, wat beteken hierdie oomblik vir Frans Karoo?
“Wanneer mens iets skep, op jou eie of saam met ander, wil jy op die ou end hê dit moet die lig sien. ‘Braambos Radio’ se stories lê al lank in die kelder (hopelik het hulle mooi verouder). Ek voel verlig dat hierdie wilde perd uiteindelik vry kan hardloop op die klankgolwe.”
Frans Karoo verduidelik ook hoekom hy sy debuut album “Braambos Radio” genoem en die album titel vir hom beteken
“Braambos radio verwys in die eerste plek na die brandende braambos in die ou testament in die bybel. Daardie storie in die begin van Eksodus oor die bos wat vlam gevat het (maar nie gebrand het nie) en met Moses praat. Volgens die bybel was dit YHWH (die Amerikaanse indiane praat van Great Mystery as hul na ‘God’ verwys, ek hou daarvan) wat aan Moses verskyn het met ‘n belangrike boodskap of twee.”
“Volgens ander interpretasies was die brandende braambos ervaring ‘n visioen / hallusinasie wat Moses gesien het omdat hy DMT gerook het. Hoe dit ookal sy, dis ‘n enigmatiese, mistiese en psychedelic storie waarvan ek hou. Braambos radio is enigmatiese, mistiese en psychedelic verhale uitgesaai vanuit my landskap.”
“Soos die mirage op die horison is dinge nie altyd soos dit beloof het om te wees nie. En die donker van die Karoonag meer verlig as wat verkoop is. Braambos radio is stories vanuit my landskap wat ek self weet nie altyd mooi wat is waarheid of wat is fiksie nie. Wat is ‘hallusinasie’ of wat is ‘realiteit’ nie?”
Kyk die lirieke video vir “In Die Son” hier onder:
Jy kan Frans Karoo se Braambos Radio album HIER stroom.
Hou Facebook en ander sosiale media dop vir die offisiele partytjies van die “Braambos Radio” album vrystelling in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.