Frans Karoo skop 2023 af met sy vierde enkelsnit ‘Jou Lewe’ en kondig die title en die datum aan van sy debuut Afrikaanse album se vrystelling die maand.
Frans Karoo het ‘O God‘, ’Die Breils’ en ‘Towerkop’ al klaar vrygstel as snitte van sy debuut album af, wat Woensdag 25 Januarie vrygstel word. Die album is getiteld Braambos Radio en saam met die aankondiging van die album is daar ‘n 4de snit vrygestel, ‘Jou Lewe’. Die Braambos Radio album is ook nou beskikbaar om te pre-save met al 4 snitte te same beskikbaar.
Voor jy verder lees, pre-save Braambos Radio HIER.
In geval jy gewonder het, Frans Karoo is ‘n musikant, sanger, skrywer, vuurstoker, danser en frontman van (voormalige) Jet Black Camaro & Gunshot Blue.
Frans Karoo verduidelik waaroor “Jou Lewe” gaan
“Aan die een kant is ‘Jou lewe’ semi-biografies. Dit gaan oor my einde. Verskillende maniere hoe die dood aan my deur kom klop het – raai julle maar watter situasies dit was…
“Aan die ander kant gaan ‘Jou Lewe’ oor jou. En jou dood. ‘n Tema waarvoor meeste mense bang is en nie hou van om oor te praat nie. Ons bly in ‘n land waar mens daagliks konfronteer word met dood. Of jou eie of ‘n vriend of ‘n famielielid. Jy kan dit nie ontsnap nie.”
“Die Samurai het elke dag gemediteer oor hul dood. Elke dag gefokus, gevisualiseer en gemediteer op n ander manier hoe die dood hul kom haal. Vir meeste mense klink die meditasie nie na ‘n lekker speletjie nie. Dis eintlik baie bevrydend.”
“Maak mens los van vrees. Maak mens so lig soos ‘n veer. Ek doen dit so nou en dan wanneer ek naby aan ‘n saak staan en nie die boom van die bas kan onderskei nie. Dit werk elke keer. Die geheim van die betekenis van ‘Jou Lewe’ is opgesluit in die laaste frase van die laaste vers: ‘wat gaan jy doen as jy ‘n 2de kans kry’. In ‘n neutedop, ‘Jou Lewe’ gaan oor dankbaarheid.”
Kyk die lirieke video vir “Jou Lewe” HIER.
Hoekom het Frans Karoo sy debuut album ‘Braambos Radio’ genoem en wat beteken die album titel vir hom?
“Braambos radio verwys in die eerste plek na die brandende braambos in die ou testament in die bybel. Daardie storie in die begin van Eksodus oor die bos wat vlam gevat het (maar nie gebrand het nie) en met Moses praat. Volgens die bybel was dit YHWH (die Amerikaanse indiane praat van Great Mystery as hul na ‘God’ verwys, ek hou daarvan) wat aan Moses verskyn het met ‘n belangrike boodskap of twee.”
“Volgens ander interpretasies was die brandende braambos ervaring ‘n visioen / hallusinasie wat Moses gesien het omdat hy DMT gerook het. Hoe dit ookal sy, dis ‘n enigmatiese, mistiese en psychedelic storie waarvan ek hou. Braambos radio is enigmatiese, mistiese en psychedelic verhale uitgesaai vanuit my landskap.”
“Soos die mirage op die horison is dinge nie altyd soos dit beloof het om te wees nie. En die donker van die Karoonag meer verlig as wat verkoop is. Braambos radio is stories vanuit my landskap wat ek self weet nie altyd mooi wat is waarheid of wat is fiksie nie. Wat is ‘hallusinasie’ of wat is ‘realiteit’ nie?”
Ek is heel opgewonde oor Frans Karoo se album. Ek gaan defnitief dit deur luister as dit op die 25ste Januarie uitgereik word.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.