Na die reuse sukses wat die immergewilde Glimlag Fees – wat in Benoni plaasvind – die afgelope twee jaar gewys het, was dit ’n groot droom om dié fees – en die kwaliteit waarmee feesgangers én kunstenaars bederf word – vlerke te gee.
Dié droom is bewaarheid en vanjaar is dan dus die eerste keer wat dié fees ook in Pretoria aangebied gaan word – op Saterdag, 1 Junie by die Voortrekkermonument.
Die hardeware-kleinhandelaar groep, Power Build, is hoofborg van die Glimlag Fees in Pretoria en glo dat hulle só ook hul bydrae tot die Afrikaanse industrie kan lewer.
“Ons is baie opgewonde om hande te kon neem met die Glimlag Fees-span en dit na Pretoria te bring,” het Armand Feldtmann, besturende direkteur van Power Build, gesê.
Volgens hom is dit ook hoe Power Build hul dank aan die Pretoria-gemeenskap bewys vir hul ondersteuning.
Vir Danie van Deventer, eienaar van die Glimlag Fees en Elite Tents, is dit ’n droom wat waar word om ’n tweede Glimlag Fees aan te bied. “Ons het ’n standaard vir feesgangers in Benoni geskep en wil nou Pretorianers bederf met dieselfde ondervinding as wat in Benoni ervaar word,” het hy gesê.
“Daar is baie musiek-aanbiedinge in die Pretoria-omgewing, maar wat die Glimlag Fees laat uitstaan is die ervaring wat gegee word en dat daar aan elke klein detail gedink word,” het Wian Smith-Venter, stigter en uitvoerende hoof van The Marketing Zoo, gesê.
Meer inligting oor Glimlag Fees
Kunstenaars soos Karen Zoid, Francois van Coke, Martin Bester, Eloff, West, Kurt Darren, Chris Steyn, Tasché en Pieter Koen is reg om feesgangers te bederf.
Met Familiedag om die draai is daar boonop ’n groot verassing: Juis omdat die Glimlag Fees die hele familie wil laat saamkuier, kan jy vanaf Vrydag, 29 Maart 2024 om 00:00 tot en met Maandag, 1 April 2024 23:55 tot R500 spaar!
Koop vier algemene toegangskaartjies en kry twee algemene toegangskaartjies ABSOLUUT GRATIS. Maak gebruik van dié aanbod en spaar bykans R500! Dis reg, 6 kaartjies in totaal en betaal vir slegs 4. Moenie uitmis nie! Bespreek HIER!
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.