Jack Parow se eie Parow Brandy het hom die krag in inspirasie gegee om sy vierde vollengte album te begin skryf! So maak gereed omo pgewonde te raak vir hierdie vrystelling wat in September 2017 gebeur. Johnny de Ridder van Fokofpolisiekar gaan die hoof-vervaardiger wees van die album wat se werkstitel solank Africa for Beginners heet.
Top Notch, ‘n platemaatskappy in Nederland, is net so opgewondeoorhierdienuusen het vir Jack ‘n aanbodgemaak om sy album daarteversprei. Om hierdiewonderlikegebeurtenistevier, gaan Jack syeie fees, Parow Fest, kry om sy nuwe album in Nederland vrytestel… dis dik fancy as jy my vra. Die fees sal op 4 November in Tivoli Vredenburg in Utrecht gehou word.
Parow het van symakkers wat saamgewerk het op sy kortspeler, From Parow with Love, nader getrek om by die partytjie aan te sluit. Hulle is: SKIP & DIE (Van Nederland), De Likt (Van Nederland), De Kraaien (Ook Van Nederland) en Ertebrekers (van België).
“Dis ‘mind-blowing’ en ‘n absolute eer om my eie fees te hê in ‘n ander land. Ek’s dankbaar dat hulle my hierdie geleentheid gegee het. Ek’s ‘amped’ en dit gaan ‘n JOL wees! My doel is om uiteindelik Suid-Afrikaanse bands saam met my oorte neem, want ek wil graag Suid-Afrika en ons musiek soveel as moontlik ‘punt’ en dit kan ‘n great kanaal wees om dit te doen,”sê Parow.
2 dae terug het De Kraaien en Jack Parow ‘n nuwe liedjie en musiek vrygestel. Die video is absoluut befok, kyk na dit hier onder:
Nog iets wat julle moet weet, is dat die talentvolle fotograaf Jaco “Snake” Venter (beter bekend as Fokofpolisiekar se tromspeler) sy eerste foto-uitstalling by Aces ‘n Spades in Kaapstad hou en Jack Parow gaan ook gratis daar optree. Die versamelingfotos wat uitgestal gaan word is tydens die verfilming van Dis Hoe Ons Rol geneem. Dit is Jack Parow en Hardus Van Deventer se reis program wat verlede jaar op kykNET uitgesaai is. Jaco het 7,500 km van Suid-Afrika se paaie saam met die span verken en is getaak om alles af te neem wat agter die skerms aangegaan het en waar die videokameras nie kon gaan nie.
As jy lus is vir ‘n paartjie, kan jy vir Jack Parow live vang by een van hierdie gigs in April en Mei:
- 6 April – Aces ’n Spades, Kaapstad
- 14 April – Splashy Fen, Underberg
- 15 April – Afrikaans Rock VOL 2, Shimmy Beach Club
- 19 April – Van der Stel Sportclub, Stellenbosch
- 22 April – Gandalf’s / ROAR, Kaapstad
- 27 April – South Coast Bike Fest, Margate Hoofstrand
- 29 April – Africa Bike Week, Oos Londen Esplanade
- 20 May – Oesdag 2017, Voortrekker Monument, Pretoria
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.