Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    SA Gig Guide
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home » Music Videos » Rowan Zerf vang die vakansiegees met “Net Hier Om Te Tan”

    Rowan Zerf vang die vakansiegees met “Net Hier Om Te Tan”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 25 ViewsMarch 28, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Met sy eerste solo-enkelsnit, waarmee hy na tien jaar uiteindelik sy terugkeer na die musiekbedryf maak, het die gewilde musikant Rowan Zerf dit reggekry om die perfekte treffer op te tower wat gaan koning kraai op elke kuier-speellys.

    NetfloristOfferforge

    Volgens hom gaan die liedjie oor ’n meisie op die strand wat hom die koue skouer gee, omdat sy net daar is om in die son te lê en bak en daarom is die titel van die snit – heel gepas – “Net Hier Om Te Tan”

    Rowan Zerf - Net Hier Om Te Tan

    Hierdie liedjie, wat hy saam met sy boetie Chad geskryf en saam met Robin Kielly vervaardig het, is sy poging om op ’n tong-in-die-kies-manier kommentaar te lewer oor mense se beheptheid met sosiale media.

    “Mense is deesdae so behep met hulself en hul beeld op sosiale media. Likes en volgelinge het die nuwe geldeenheid geword en hierdie snit is om mense te herinner om partykeer hulle fone neer te sit en te kyk waarop hul dalk in die regte lewe uitmis,” verduidelik Rowan Zerf “Dis nie baie diep nie, dis net pret. Die musiek is lekker, die melodie sing maklik saam en die musiekvideo maak dit nog meer aanloklik.”

    Die video speel af op ’n pragtige strand in die Kaap en is verfilm deur Quintessential Photo & Video Worx.

    Net soos die liedjie, versinnebeeld dit ’n heerlike opgewekte kuieratmosfeer met mense wat saam met die sanger dans en sing op die strand, amper net soos ’n Suid-Afrikaanse weergawe van die Barbie-fliek.

    Alhoewel hulle as gevolg van slegte weer net ’n paar ure gehad het om die opname te doen, is die eindproduk perfek en kry dit beslis reg om die kyker in te trek en te laat deel voel van die aksie.

    Kyk die video hier onder:

    Meer inligting oor Rowan Zerf

    Rowan Zerf wou ’n musikant wees vir solank as wat hy kan onthou en het reeds op 16 as klankingenieur op projekte gewerk by die Staatsteater in Pretoria. Dié gesoute kitaarspeler en sanger het in 2011 sy amptelike buiging in die musiekbedryf gemaak as deel van die voormalige gewilde mansgroep NRG, maar het sowat tien jaar gelede sy musiekdroom vir die liefde verruil.

    AdidasOfferforge

    Vanaf Augustus 2023 is die 40-jarige Pretorianer egter weer voltyds terug in die bedryf en het op die dag van die Wêreldbeker-eindstryd ’n liedjie geskryf wat meer as ’n miljoen trefslae op TikTok gehad het. Wanneer hy nie op die verhoog is nie, geniet hy die bosveld en beplan om binnekort die land plat te toer saam met sy orkes.

    “Net Hier Om Te Tan” is net die begin van ’n opwindende nuwe hoofstuk in hierdie veelsydige kunstenaar se loopbaan en ’n mens kan nie anders as om uit te sien na wat hy volgende gaan doen nie.

    Die liedjie word versprei deur Platinum Music en is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms.

    Laai dit af of luister dit HIER.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    featured event

    Francois Van Coke en Vriende 2025 Rowan Zerf vang die vakansiegees met "Net Hier Om Te Tan"

    Afrikaans Net Hier Om Te Tan Rowan Zerf
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleGlimlag Fees sprei sy vlerke na die Jakarandastad
    Next Article Big Zulu Releases New Album: ‘Ngises Congweni’
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Rowan Zerf
    By Henno KrugerJune 13, 2025

    Rowan Zerf Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Soutie”

    3 Mins Read10 Views
    Demi Lee Moore Net Myne 1 Demi Lee Moore stel nuwe enkelsnit vry: "Net Myne"
    By Henno KrugerJune 4, 2024

    Demi Lee Moore stel nuwe enkelsnit vry: “Net Myne”

    3 Mins Read41 Views
    Robbie Wessels Robbie Wessels Vang Rugbygees Met Nuwe Komiese Treffer
    By Henno KrugerSeptember 12, 2023

    Robbie Wessels Vang Rugbygees Met Nuwe Komiese Treffer

    2 Mins Read49 Views
    Petronel Baard
    By Henno KrugerSeptember 27, 2022

    “Gelukwaarts”, Die Nuwe Petronel Baard Enkelsnit is Hier

    3 Mins Read15 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Dani Villé
    July 11, 2025

    Dani Villé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Jys Okay”

    3 Mins Read32 Views
    Alba Vorster
    July 9, 2025

    Alba Vorster reik nuwe enkelsnit uit: “Ek Mis Jou”

    2 Mins Read22 Views
    Leo Sonskyn
    July 3, 2025

    Leo Sonskyn reik nuwe enkelsnit uit: “Sondagmiddag Liefde”

    3 Mins Read7 Views
    Ondersteun Ons!
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Prime Circle
    July 17, 2025

    Prime Circle Unleash Explosive New Video for “Renegade”

    3 Mins Read20 Views
    Chayuta
    July 16, 2025

    Chayuta Releases New Single: “Surrender”

    2 Mins Read11 Views
    Yoshe
    July 16, 2025

    Yoshe Releases Genre-Bending Single: “Lost My Way”

    3 Mins Read6 Views
    Goeters Om Te Doen
    Galpalooza 2025

    Galpalooza 2025: 8-9 August 2025

    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    Guy Buttery & Dan Patlansky

    Guy Buttery & Dan Patlansky: July/August 2025 Tour

    Kunstenaar Profiele
    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Majozi

    Majozi

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Leon Thomas 1 Leon Thomas Confirmed for Hey Neighbour 2025
    May 26, 2025

    Leon Thomas Confirmed for Hey Neighbour 2025

    2 Mins Read43 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read32 Views
    The Color Blew
    February 5, 2024

    An Interview With The Color Blew

    8 Mins Read68 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Unveils New Single: “Gurri (You Know You Should)”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: ‘Closer To Me’
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: ‘Closer To Me’
    • Henno Kruger on The Stremes Release New Single: “Overload”
    • Lexi on The Stremes Release New Single: “Overload”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.