Trek jou kuierskoentjies solank aan vir Fokofpolisiekar: 21 Not Done! Yes mense, Fokofpolisiekar word 21 in 2024 en hierdie gaan hulle grootste, maar ook hulle laaste birthday party wees.
Nie omdat hulle opbreek nie, maar omdat hulle nou te oud raak om aan te hou met verjaarsdae vier. Vir hierdie rede noem hulle hierdie partytjie “21 Not Done”. Merk maar jou kalender, hierdie partytjie gebeur die 16de November 2024.
In 2019 het die bende hulle eerste verjaarsdag partytjies afgeskop met Sweet 16, in 2020 het Covid-19 hulle gedwing om Super Sick 17th te livestream, in 2021 het Fokofpolisiekar mondig geword met 18 & Fokn Keen, in 2022 was dit Fokof 19 en verlede jaar was dit 20 Jaar Van Vuur Speel.
Wie speel by Fokofpolisiekar: 21 Not Done?
Behalwe vir Fokofpolisiekar kan jy uitsien na optredes van SA se world-famous Rapper Jack Parow, Die Prins Van Pretoria (AKA Zaan Sonnekus), Internet Girl, Self geleerde multi-instrumentalist Elle E, Lefokolodi en Pretoria rockers Acid Magus.
Hier is die line-up tye vir die partytjie:
- 11:00: Hekke maak oop
- 11:30 – Lefokolodi
- 12:15 – Acid Magus
- 13:00 – Elle E
- 13:45 – Zaan Sonnekus
- 14:45 – Internet Girl
- 15:45 – Jack Parow
- 17:00 – Fokofpolisiekar
Let wel dat geen onder 18 jariges by hierdie partytjie toegelaat word nie. Hierdie geld vir babatjies, toddlers en kinders. ID kan aangevra word op versoek.
Geen studente kaarte sal aanvaar word as identifikasie nie, net ID kaarte / boekies of bestuurderslisensies sal aanvaar word. Geen copies / fotos van identifikasie word aanvaar as bewys van identiteit nie.
Los jou onwettige middels (aka dwelms), wapens / vuurwapens, cooler bokse, diere (behalwe gidshonde), eie drank, eie kos en kampeerstoele / tafels by die huis (of jou wegsteekplek).
Hierdie items (en enige ander items wat sekuriteit as gevaarlik of versteurend beskou word) word nie toegelaat nie.
So, hoeveel gaan hierdie partytjie jou kos?
Fase 1 Kaartjies & VIP Kaartjies vir Fokofpolisiekar: 21 Not Done is alreeds uitverkoop.
Fase 2 kaartjies kos R250. As die kaartjies nie uitverkoop nie, gaan dit jou R350 by die hek kos.
So, waarvoor wag jy? Kry jou kaartjies vir hierdie event op Howler.
Beperkte uitgawe 2004 Lugsteuring T-hempte sal slegs by die 21 Not Done verjaarsdag partytjie beskikbaar wees.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.