Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Straatligkinders & Francois Van Coke Stel “Dapper” Vry

    Straatligkinders & Francois Van Coke Stel “Dapper” Vry

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 30 ViewsNovember 19, 2021
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Straatligkinders is terug met ’n splinternuwe enkelsnit vry genaamd “Dapper”. Die enkelsnit, ’n samewerking met Francois Van Coke, kom kom ná die vrystelling van hul vorige enkelsnit, ‘Kom Saam’ in Augustus vanjaar. Albei aanbiedinge vorm deel van ‘n versameling splinternuwe liedjies en samewerkings vanaf die groep.

    NetfloristOfferforge

    Meer inligting oor “Dapper”

    “Dapper” is geskryf tydens die Julie 2021 onrus in Suid-Afrika. Die inspirasie vir die lied is die konsep van konflik, hetsy in romantiese verhoudings, of verhoudings in die algemeen tussen landgenote, vriende en familie. Die liedjie gaan daaroor om jou wit vlag te swaai te midde van konflik en om wapens neer te lê in ‘n poging vir dinge om beter te gaan.

    Straatligkinders - Dapper

    Vir “Dapper” het Straatligkinders teruggekeer na hul 2006-rock-wortels en die liedjie bevat groot kitaar-riffs en dreunende drom-grooves met Bouwer en Francois se kenmerkende sangstemme in die koor.

    Bouwer Bosch van Straatligkinders vertel ons meer hoe die liedjie gebeur het

    “Toe ek die refrein geskryf het, het ek net geweet dat ons vir Francois op hierdie liedjie moes kry. Die boodskap en die sleutel waarin die liedjie is, het net reg gevoel. Ons is natuurlik groot bewonderaars van Francois en al sy musiekprojekte, so dit het 15 jaar geneem voordat die samewerking gebeur het. Die liedjie is belangrik en soms moet jy net wag totdat die regte liedjie kom, en dit is daardie liedjie vir ons.” 

    Straatligkinders

    Francois Van Coke vertel ons meer

    “Straatligkinders het vir my ’n song voorgelê wat basies klaar was; ek het daarvan gehou en binne ’n minuut vir Bouwer gesê ek’s in. Ons speel al shows saam sedert 2004, en ons het nog nooit ’n verhoog gedeel of iets saam gedoen in al die jare nie. Dis interessant, want ons kom van dieselfde background af. Ek is opgewonde oor die tune want ek hou baie daarvan en ek dink ons fans gaan ook baie daarvan hou!”

    Die video vir die enkelsnit is in Oktober by The Alexander Theatre in Johannesburg geskiet, en Damiane van Reenen, Werner Botha en Bouwer Bosch was aan die stuur van regie. Aanhangers kan uitsien na ‘n vinnige, energieke, rou, kleurvolle en treffende vertoningsvideo; ‘n aanbieding wat deur jou oë na jou hart beweeg.

    Kyk die musiekvideo hier onder:

    Jy kan “Dapper” HIER stroom / download.

    Ek moet sê dat hierdie liedjie nogals verfrissend is in die hittegolf wat ons huidiglik hier in Gauteng beleef. Eks nuuskierig om te hoor wat Straatligkinders en Francois Van Coke ons kant toe gaan gooi in die nabye toekoms.

    NetfloristOfferforge

    Wees op die uitkyk vir die gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Straatligkinders stel nuwe enkelsnit vry: “Kom Saam”
    • Francois van Coke stel “Ek Lewe, ek belowe” musiekvideo vry
    • Francois Van Coke & Ryno Velvet Stel “Aande” Video Vry
    • Van Pletzen & Francois Van Coke gaan bietjie “Kakmal”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Francois van Coke Rock South Africa Straatligkinders
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleBurn The Mountain share video for “Runaway”
    Next Article Zebraman Release New Single: “Swimming In The Sun”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read8 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read11 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Kunstenaar Profiele
    Sheron

    Sheron

    Majozi

    Majozi

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read66 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Basson Laas
    July 30, 2025

    An Interview with Basson Laas

    10 Mins Read29 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.