Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Stiaan Reynierse reik nuwe album uit: “Anderkant die Reën”

    Stiaan Reynierse reik nuwe album uit: “Anderkant die Reën”

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music News 84 ViewsOctober 11, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Dis asof die heelal ‘n ou bewaarde geheim verklap wanneer die sanger, Stiaan Reynierse en die groot liefde van sy lewe, sy kitaar, saam op die verhoog verskyn.

    NetfloristOfferforge

    Dit is daardié soort talent wat die publiek in hul spore laat stop en gehore oorbluf uit hul stoele lig!  Vanaf die openingsnote, dwarsdeur die vertolking van sy intense storielyne tot by die sluitklanke van sy liedjies, resoneer sy unieke rasperstem deur murg en siel lank nadat die gordyne gesak het.

    Stiaan Reynierse

    Stiaan Reynierse het die kollig en verhoog al met verskeie musiekreuse in die bedryf gedeel en het dié ‘rocker’ die verhoogplanke al behoorlik laat brand met die kaggels in sy keel!

    Sy splinternuwe album Anderkant die Reën is vandag vrygestel. Die album is saamgestel uit 8 radikale snitte wat deel uitmaak van die diskoers in Afrikaanse musiek.

    ‘Anderkant die reën’ is ‘n unieke album wat deur die kake van die mensdom se skedels breek en reis na ‘n dieper dimensie – dwarsdeur die vlak vleiswonde en permanente skade wat iewers tussen wieg en graf gebeur.

    Die sanger verken die rimpeleffek van noodlottige emosionele beserings; die realiteit van oorsaak en gevolg; die duur prys van goedkoop foute; die vernislae en oëverblindery waarmee die wêreld die mensdom flous; die stryd tussen waarheid en leuen en die kuns van krygerskap in die komplekse reis van die lewe.

    Die diep trefkrag van die titelsnit “Anderkant die reën” en Stiaan se aangrypende vertolking is rede vir hierdie liedjie as eerste enkelsnit vanaf die album.

    “Partykeer moet mens maar aanhou wag… wag tot die reën homself uitreën” praat Stiaan vanuit ‘n plek vêr agter sy eie oë oor dié besonderse liedjie. “Niemand van ons word die storms van die lewe gespaar nie…”

    Die genres wissel tussen vuurwarm rock en ballades met sterk storielyne wat onderwerpe vervat waaroor die samelewing oorversigtig is om hardop oor te praat.

    NetfloristOfferforge

    Die album stroop die lae vernis wat die wêreld oor die ‘waarheid’ verf. Van die liedjies is geskoei op sentiment en die voortgesette vrae van die lewe, met Stiaan se eiesoortige hoendervleis-vertolking daarvan.

    Na ‘n geruime tyd uit die publieke oog, het Stiaan Reynierse, bekende musiekvervaardiger, Theo Crous van Bellville Studios, musikant Albert Frost en digteres/liriekskrywer, Francis Grobler kragte saamgesnoer wat gelei het tot die geboorte van hierdie uitsonderlike album.

    “Hulle was die medepligtiges…”, skerts ‘n beskeie Stiaan tong-in-die-kies, maar met groot waardering vir die ‘span’ waarvan Marius Nel die stuurman, anker en vlagdraer was.

    Stiaan Reynierse en musiek is sinoniem

    Daar is min instrumente wat hierdie veelsydige klankmaker nóg nie bemeester het nie. Sy kopgange is meerdimensioneel en veelvlakkig – sy denke, vry en sy tong uitgesproke.

    Dis juis vanuit hierdie ongebonde plek waar digteres, vrydenker en liriekskrywer, Francis Grobler se ink en woordkuns en Stiaan se gedagtes en musiek meesterlik vervleg en konvergeer in buitengewone trefpunte.

    “Ek en Francis loop ‘n lang-lang pad. Ek kies die temas van die liedjies en praat kortpad soos die kraai vlieg uit my hart en siel.  Sy luister na my woorde, maar meer na die stiltes en goed tussen die lyne wat ek sukkel om te skryf of te praat. Ek dink ons maak mekáár moontlik…”

    Stiaan was op die punt van ‘opgee’ na vele ontberings en beserings in die loopgraaf van die lewe.

    Hy vertel: “Ek wou opgee.. glo my… Maar geen trane of reën of water alleen kon die vuur van klank wat in my brand blus nie…die waarheid móét uit.””

    Anderkant die reën is die verbode geheim wat uiteindelik die “versigtige wet op swye” in skerwe breek. Dié album verdien beslis almal se volle aandag!

    Meer inligting oor Stiaan Reynierse

    Gebore, getoë en geskool in Middelburg, Mpumalanga, bruis die musiek reeds van kleintyd af deur Stiaan se are.

    “My oupa het my leer kitaar speel.  Dis by hom en oom Kobus Strydom waar ek geleer het dat ‘n kitaar méér as net hout en snare is… húlle, en my Dad het my die die ‘taal’ en ‘siel’ van musiek geleer”. Sedertdien,  praat Stiaan vlot in die taal van musiek wat mettertyd sy enigste roeping, redding en rede geword het.

    Stiaan Reynierse was lid van die Mpumalanga Prestigekoor-en-orkes en het later sy buiging op die land se grootste verhoë gemaak.  In 2016 word sy debuut-album ‘Sonde’ vrygestel en is hy vir verskeie gesogte musiektoekennings genomineer.

    Met rolmodelle soos  Johnny Cash, Pearl Jam, Kings of Leon, Bob Dylan, Leonard Cohen en andere het die teater uit sy nate gebars met Stiaan se skitterende Pearl Jam huldeblyk-vertoning in 2018. Sy verbysterende weergawe van ‘Voshaarnooi’ in die fliek Ballade vir ʼn Enkeling is met ‘n staande ovasie ontvang.

    Kyk die video vir “Anderkant die reën” hier onder:

    Stroom Stiaan Reynierse se nuwe album HIER.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Joshua Na Die Reën Se Nuwe Album Is Oppad
    • Joshua na die Reën brei musiekreis uit met Seuns van Vlug
    • Deon Groot Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Reën”
    • Janie Bay reik nuwe akoestiese album uit: “In die Sitkamer.”

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Anderkant die Reën South Africa Stiaan Reynierse
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleFrancois Van Coke Reik “Victor Ludorum” Video Uit
    Next Article Ayrton Releases Uplifting Track: “I Will Go Far”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Neville D
    April 10, 2026

    Neville D Reik “Jy Gaan Nog Altyd Wen” Uit

    2 Mins Read12 Views
    Nicholis Louw
    April 1, 2026

    Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

    4 Mins Read15 Views
    Brandon Miles
    March 31, 2026

    Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

    3 Mins Read7 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    GAZ
    April 17, 2026

    GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”

    4 Mins Read31 Views
    Kitty Amor
    April 15, 2026

    Kitty Amor Promises Deeply Rooted Audio Journey at ULTRA

    4 Mins Read17 Views
    Teddy Swims
    April 14, 2026

    Teddy Swims Releases New Single: “Mr. Know It All”

    3 Mins Read12 Views
    Goeters Om Te Doen
    Boyz II Men South African Tour - May 2026

    Boyz II Men Live in South Africa: May 2026

    VANFOKKINGTASTIES Featured

    VANFOKKINGTASTIES by Marks Park: 6 Junie 2026

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    J. Cole South African Tour 2026

    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026

    Wonderboom

    WONDERboom: Celebrating 30 years with a WONDERFEST

    Capital Craft Beer Festival 2026 Featured Capital Craft Beer Festival 2026

    Capital Craft Beer Festival 2026

    Kunstenaar Profiele
    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    Rubber Duc

    Rubber Duc

    Majozi

    Majozi

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Michael Ferguson
    December 9, 2025

    An Interview with Michael Ferguson

    7 Mins Read62 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read53 Views
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read76 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.