Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Joshua Na Die Reën Se Nuwe Album Is Oppad

    Joshua Na Die Reën Se Nuwe Album Is Oppad

    Henno KrugerBy Henno Kruger7 Mins Read Music News 78 ViewsSeptember 15, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Tien jaar ná Lig op die Horison, een van die multi-bekroonde sanger en liedjieskrywer, Joshua na die Reën se eerste groot treffers, is hy steeds besig om harte te verower met sy betekenisvolle musiek, unieke styl, diep lirieke en besonderse klank.

    NetfloristOfferforge

    Hy is tans besig om voorbrand te maak vir die bekendstelling van sy vierde album, Die Vallei deur die musiek vanaf die album  uit te voer tydens ‘n reeks uitverkoopte vertonings.  Dit voer luisteraars weg en neem hulle saam op ’n emosionele avontuur van selfondersoek en vernuwing.

    In tipiese Joshua na die Reën-styl, is daar ’n baie spesiale formaat en boodskap agter sy nuutste projek, wat hy as volg beskryf:

    “Kom voel hierdie oomblik saam met my… ons staan en kyk uit oor die Vallei, dis die begin van ons staproete. Dit het baie gevat om hier te kom, niemand weet beter as jyself nie. Die afgelope tyd was daar iets binne jou wat jou saggies maar dringend geroep het om uiteindelik hier te staan, weg van die samelewing, weg van dit wat jou kop besig hou elke dag. 

    Joshua na die Reën

    “Jy weet hoe min jy jouself toelaat om dit te ervaar, en nou is jy hier. Ek kyk in jou rigting, dis tyd om te begin. Ons stap saam af teen die hang van die berg. Ek ervaar hoe jou gemoed ligter raak, daar is niks soos die skoon lug en onbelemmerde gevoel in die atmosfeer van hierdie oomblik nie, die wind deur jou hare, die voëltjies en insekte, die stroom onder in die Vallei.“

    “Daar is soveel hier om te vind. Raak mens net eendag wakker en weet, dit wat jy jou al jare lank aan meet is jy ewe skielik bereid om op te gee, en te vloei in riviere? Die vryheid van hierdie gedagte groei soos vlerke uit jou rug en op een of ander manier voel dit of jy saam met die arende deur die lugstrome in die Vallei sweef.“

    “Jy wil vir altyd net hier wees, jy wil leef, jy wil jaarringe in oorvloed agter los. Jy wil in die oggend met die son wakker word, kruisbeen onder die seders op die oewer sit en net asem haal en die lewe inneem. Vir te lank was die normaal om nie te voel nie, om nie deel te voel van dit wat die Groot Gees van die Hemel en aarde vir ons gegee het nie. Jy raak stil, want jy weet nou dat dit maar nog altyd hier is vir jou, ’n gedagte weg.”

    Sy nuwe liedjies en vrystellings begin reeds aanklank vind by ’n wye gehoor omdat dit ’n uiteenlopende kombinasie van lekkerluister popklanke, rustiger meditatiewe snitte en selfs elemente van R&B en alternatiewe musiek bevat. Dit sluit ook samewerkings met verskeie ander kunstenaars, waaronder Karlien van Jaarsveld en die Tuks Camarata-koor, in.

    Die Vallei bestaan uit 18 oorspronklike snitte uit sy eie pen, wat sorgvuldig deur Gideon Botes verwerk is tot ’n volmaakte eindproduk.

    Hierdie album se aanslag is heelwat meer volwasse omdat hy baie meer lewenservaring het as tien jaar gelede, dis ietwat meer kommersieel en gaan verseker ’n groter gehoor bereik.

    NetfloristOfferforge

    Joshua na die Reën verduidelik

    “Ek het besef hoe meer jou musiek oor die radio speel, hoe meer luisteraars bereik jy. Dis tog hoekom jy kuns pleeg, sodat dit mense se lewens kan verander. Op sy mooi manier het Gideon gevat wat ek gebring het en dit omskep in iets waarop ek baie trots is. Ek sal graag in die toekoms weer saam met hom wil werk.”

    Omdat elke liewe liedjie uit ’n baie persoonlike plek kom, is dit vir hom onmoontlik om ’n gunsteling te kies. Hy verklap wel dat “Stroom en Rivier” en “Die Groot Gees van Hemel en Aarde” hom na aan die hart lê omdat dit in sy eie tuis-ateljee opgeneem is en klanke van sy kinders en voëltjies in die tuin vaagweg in die agtergrond gehoor kan word.

    Hy wou met die album en laasgenoemde lied die boodskap oordra dat sy inspirasie vir alles wat hy aanpak in die lewe van God af kom. “Ek leef met die oorheersende gevoel dat al is God en sy skepping hoé groot, hy het my en jou ook gemaak.” sê hy.

    “By My”, die eerste enkelsnitvrystelling en musiekvideo vanaf sy nuwe album, is geïnspireer deur ’n e-pos-versoek wat hy van ’n luisteraar af ontvang het om ’n liedjie te skryf vir die persoon se huweliksherdenking, nadat iets gebeur het om die vertroue binne daardie huwelik permanent te skend.

    Joshua Na Die Reen - By My

    Dié snit volg in die voetspore van vorige suksesvolle vrystellings soos “Lig op die Horison”, “Soos Nou”, “Die Wêreld Binne My”, “Vir Altyd”, “Sterrenet” en vele meer, wat almal vir maande lank bo-aan die trefferparades in Suid-Afrika gepryk het.

    Kyk die video vir die liedjie hier onder:

    Natuurlik kan ’n dekade in die musiekbedryf en ’n nuwe album nie verbygaan sonder om behoorlik gevier te word nie. Daarom het die kunstenaar besluit om albumvrystellings op verskillende plekke in die land te hou.

    • 15 September by The Roots Venue in Potchefstroom.
    • 16 September by Doxa Duo in Wonderboom, Pretoria.
    • 18 September by die stadsaal in Stellenbosch.

    Buiten vir sy orkes, wat bestaan uit Raziela Grey (viool), Heini Berner (kitaar), Gerhard, Bineldell (baskitaar), Stanley June (baskitaar), Andy Maritz (dromme) en Gideon Botes (kitare), gaan hierdie vertonings ook optredes deur ’n klomp gaskunstenaars insluit, waaronder Hannah Foster, Renée Kruger, en ander groot verrassings wat hy nie nou al wil weggee nie. Kaartjies kos R250 per persoon en is HIER beskikbaar.

    Meer inligting oor Joshua na die Reën

    Joshua na die Reën het in 2014 naam gemaak met sy selfgetitelde debuut-album wat talle toekennings gewen het. Sedertdien het hy al verskeie suksesvolle radiotreffers uitgereik en die verhoog gedeel met van die land se gewildste musikante.

    Hy is ook vanaf 2019 deel van die musiekbeweging, Musiek Soos Grond, saam met sy vriende en mede-musikante, Lizandra Winter, Len Muller, Kaleidoskoop, Leon Gropp en Liani Reynolds.

    In 2021 het hy en Simoné Roets ook kragte saamgespan in die duet, “Ongerep“, wat steeds oor die radio gehoor kan word.

    Hy is opreg lief vir sy gesin en vriende en geniet dit om tyd in die natuur deur te bring. Hy en sy gesin beplan juis om later vanjaar te gaan ontspan en ’n lekker staproete aan te pak.

    Verder is hy by verskeie opwindende projekte en samewerkings betrokke waaroor hy baie opgewonde is. Dit sluit in ’n hoofrol in die rolprent Reisigers wat volgende jaar verfilm word, ’n bewusmakingsveldtog oor die mens se verantwoordelikheid om die aarde op te pas en ’n reeks klere en toebehore saam met die handelsmerk NAVA.

    Dis ook vir hom ’n groot eer om een van die gesigte te wees van Tapputi Egyptian Perfume Oils se splinternuwe mansreeks wat in Oktober vanjaar bekendgestel word.

    Joshua na die Reën wil graag onthou word as iemand wat eg was, wat mense liefgehad het en dit gewys het. Sy hart is om bande te bou tussen die verskillende dele van die musiekbedryf, sodat almal kan saamwerk en mekaar se talent kan respekteer.

    Met Die Vallei wil hy luisteraars kans gee om vir ’n oomblik te ontsnap van die werklikheid en hulle herinner waaroor die lewe regtig gaan.

    Joshua na die Reën vertel ons meer oor Die Vallei

    “Ek hoop dat mense gaan voel hulle sal kan asem haal wanneer hulle na die album luister sodat hulle kan kom na die vallei en weg van hulle besige lewe op die bergkruine. Mense het gedurende Covid-19 baie mure rondom hulle gebou en kan nie meer onthou waaroor die lewe regtig gaan nie en ek wil hulle herinner wat belangrik is.”

    “Die album is soos ’n staproete deur ’n pragtige vallei. Aan die begin, soos wat jy afstap na onder, laat jy die gejaagdheid van jou besige lewe agter. Wanneer jy onder kom, is jou gedagtes skoon en oop en is jy in ’n meditatiewe fase, waarin jy kan selfondersoek doen en die mooi rondom jou raaksien en waardeer. Dan pak jy die terugtog na bo aan met nuwe moed en energie vir dit wat voorlê.”

    Die Vallei sal vanaf 6 Oktober 2023 op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar wees.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Joshua na die Reën brei musiekreis uit met Seuns van Vlug
    • Stiaan Reynierse reik nuwe album uit: “Anderkant die Reën”
    • Deon Groot Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Reën”
    • Joshua Beaches releases emotional EP: “Souvenirs of Love”

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Joshua na die Reën South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleJeannie Arnott Releases Debut EP
    Next Article André Schwartz Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Sal Jy?”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Neville D
    April 10, 2026

    Neville D Reik “Jy Gaan Nog Altyd Wen” Uit

    2 Mins Read11 Views
    Nicholis Louw
    April 1, 2026

    Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

    4 Mins Read15 Views
    Brandon Miles
    March 31, 2026

    Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

    3 Mins Read7 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    GAZ
    April 17, 2026

    GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”

    4 Mins Read31 Views
    Kitty Amor
    April 15, 2026

    Kitty Amor Promises Deeply Rooted Audio Journey at ULTRA

    4 Mins Read17 Views
    Teddy Swims
    April 14, 2026

    Teddy Swims Releases New Single: “Mr. Know It All”

    3 Mins Read12 Views
    Goeters Om Te Doen
    Sunset Music Series 2026

    Sunset Music Series 2026: All The Details

    The Hangout F3st 3 - 25 April 2026 Featured

    The Hangout F3st 3: 25 April 2026

    Galpalooza 2026

    Galpalooza 2026: Coming to 9 Venues Across SA

    Kirk Whalum - Gauteng Soul and Jazz Concert

    Gauteng Soul and Jazz Concert: 13 June 2026

    J. Cole South African Tour 2026

    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026

    Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour

    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour

    Kunstenaar Profiele
    Jack Atlantic

    Jack Atlantic

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Sheron

    Sheron

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read62 Views
    SAMA 30
    November 4, 2024

    SAMA 30 Winners: The Complete List

    3 Mins Read271 Views
    ABFAB
    November 26, 2025

    An Interview with ABFAB

    5 Mins Read69 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.