André Schwartz is bekend vir sy grensverskuiwende werk in die Suid-Afrikaanse musieklandskap. Hy is ‘n uiters veelsydige kunstenaars, akteur en televisie-aanbieder en het oor die jare verskeie indrukwekkende toekennings ingepalm.
Sy nuwe enkelsnit “Sal jy?” getuig van sy passie vir die liefde en die lewe. Sy superster-stem en eerlike lirieke sal aanhangers se harte opnuut verwarm.
“Sal jy?” gaan oor twee mense wat perfekte pasmaats kon wees. Hulle vind mekaar egter in verdraaide dimensies van ouderderdom en omstandighede. Schwartz skryf met wysheid, humor en helderheid oor `n liefde wat nie plek in Tyd kon vind nie, maar wel in Ruimte.
Selfs al is die boek van hierdie Liefde reeds lankal toegemaak, steek die passievolle toon `n vuur van ewige hoop aan in hierdie rou, hartsgedrewe liedjie waarin daar gespeel word tussen die skakerings van verlange asook die oorgawe aan `n heilige ontasbaarheid. Daar is altyd Hoop. “Sal Jy? Want eendag is beter as niks nie.”
Die progressiewe video van “Sal Jy?” getuig van André Schwartz se nimmereindigende rol as baanbreker.
“Die briljante digitale produksie ontwerper, Seun, het `n weergawe van my lied “Lief vir alles hier” op Instagram gedoen en dit vir my aangestuur. Daar was ‘n beeldskone gevoel van simboliek en hoe hy elemente laag op laag laat saampraat.”
“Ons het begin gesels en toe “Sal Jy?” ‘n werklikheid word, het ek hom genader om vir my ‘n musiekvideo te maak. Ons geniet beide die proses van wisselwerking tussen sang, solokunstenaar, kunswerk en vertelling. ‘n Ontgunning van ‘n spasie waar eenderse denke gevier word.” sê hy.
Die video kan beskryf word as `n “kosmiese digitale klankreis” verduidelik Seun. “My inspirasie kom vanuit die spasie tussen die kyker en die kunswerk. Wat gebeur in daardie spasie? Daar bestaan ‘n liminale ruimte, ‘n plek van oorgang of nostalgiese aantrekkingskrag. Ons speel dan veral met die konneksie en interaksie tussen hierdie beelde en elemente.”
Kyk die video vir “Sal Jy?” hier onder:
Meer inligting oor André Schwartz
André Schwartz se vollengte CD Die Pad is in 2019 bekendgestel en die trefferliedjies “Die Pad”, “Tweede Kans”, “19 September” en “Ek sal Wag” het trefferstatus bereik. “19 September”, ‘n lied gebasseer op geslagsgeweld het ‘n spesiale plek in Andrè se hart.
In Oktober 2020 het Schwartz ‘n mini Kersfeesalbum bekend getiteld “`n Stukkie Kersfees” vrygestel. Die lied “Ek Wens vir jou ‘n Kersfees” is gratis beskikbaar op alle digitale platvorms en was ook kykNET se amptelike kerslied vir 2020.
In Julie 2021 het André Schwartz die enkelsnit “Ek haal asem” bekendgestel. Hy het die lied geskryf nadat hy vir die eerste keer kon asemhaal na sowat drie maande op suurstof. Dit was ‘n Oorwinningslied nadat hy letterlik by die dood omgedraai het as gevolg van Covid-19 komplikasies. Dit is egter ook ‘n dankbaarheidslied vir elke asemteug wat ons as vanselfsprekend aanvaar.
André Schwartz is die enigste Suid-Afrikaanse manlike kunstenaar wat die Andrew Lloyd Webber stempel van goedkeuring dra, vir die naamrol in The Phantom of the Opera in Suid-Afrika.
André se vertoning “Any Dream will Do – My pad met Webber” word op 3 en 4 Oktober by Aardklop aangebied en op 10 en 13 Oktober by Toyota US Woordfees. Die storielyn is ‘n verhandeling wat dié besonderse vriendskap ontgun, deur middel van musiek en gesprek.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.