Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Joshua na die Reën brei musiekreis uit met Seuns van Vlug

    Joshua na die Reën brei musiekreis uit met Seuns van Vlug

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 15 ViewsMarch 11, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars, Joshua na die Reën, neem ’n dapper tree vorentoe met ’n nuwe alternatiewe projek wat sy musiekloopbaan in 2025 opnuut gaan herdefinieer.

    NetfloristOfferforge

    Na elf jaar waarin hy gehore betower het met sy unieke kontemporêre solo-klank in die Afrikaanse musiekbedryf, begin Joshua na die Reën ’n splinternuwe samewerkingsprojek genaamd Seuns van Vlug, ’n alternatiewe musiekprojek wat ’n heeltemal nuwe dimensie aan sy kuns verleen.

    Seuns van Vlug (Joshua Na Die Reen)

    Hierdie nuwe rigting is nie net ’n uitbreiding van sy solo-loopbaan nie, maar funksioneer eerder as ’n samewerking van talentvolle musikante wat ’n unieke en kragtige klank na die verhoog bring. Dit bied ’n meer dinamiese, groepsgedrewe benadering en ’n vars, alternatiewe musiekervaring.

    Hierdie uitbreiding van sy handelsmerk beteken dat Joshua na die Reën nou in drie verskillende dimensies funksioneer

    Eerstens, Joshua na die Reën soos almal hom ken – met sy teaterstyl optredes waar gehore sy musiek in ’n kontemporêre formaat kan beleef.

    Tweedens, Alleen op die Bergpiek, ’n diep meditatiewe ervaring wat nie ’n tradisionele vertoning is nie, maar eerder ’n seremonie waar musiek en meditasie mekaar ontmoet.

    En nou, derdens, Seuns van Vlug – ’n totaal alternatiewe ervaring wat goed sal werk op feesverhoë of as deel van ’n alternatiewe rock-konsert.

    Seuns van Vlug bestaan uit vyf lede, wat elkeen ’n unieke bydrae tot die projek maak: Jacques de Villiers, wat nie net as liedjieskrywer optree nie, maar ook die hoofsanger is en kitaar en klawerbord speel; Stephen Jonathan op kitaar; Stanley June op baskitaar en verantwoordelik vir klankmeestering; Lardo de Beer op dromme; en Andy Maritz, wat toesig hou oor die vervaardiging.

    Die groep se naam dra die kenmerkende simboliek waarvoor Joshua na die Reën bekend is. Dit mag dalk aanvanklik klink asof die seuns van iets af vlug, maar die ware betekenis van die naam lê in die erkenning dat ons die afstammelinge van vlieg is – ons weet reeds hoe.

    Elke mens droom een of ander tyd daarvan om te vlieg, en dit is hierdie universele konneksie wat die groep met hul gehore wil deel. Die verhoog word ’n ontmoetingspunt waar musiek en emosie saamvloei en waar die gehoor saam met die musiek kan styg. Ons voete mag op die aarde staan, maar ons wese en essensie herken die vryheid van die uitspansel.

    NetfloristOfferforge

    Hulle eerste enkelsnit, genaamd “Kompas”, is geskryf deur Jacques de Villiers en verder ontwikkel en verwerk deur die groep. Omslag gedoen deur Danielle Joubert.

    Hierdie snit dra die tema van reis, introspeksie en die soeke na antwoorde.

    “Ek staan verward hier op ’n kruispad, met ’n kompas in my hand, maar die rigting wat dit wys het ek reeds geloop.”

    Die lirieke spreek van ’n interne stryd en hoop op ’n nuwe begin selfs te midde van onsekerheid. Die soeke na antwoorde en betekenis word ’n deurlopende tema in die lied, wat die luisteraar lei na die idee dat selfs in die onbekende daar hoop en vernuwing kan wees.

    Alhoewel die lied oorspronklik vyf minute lank was, is dit herverwerk tot ’n radio-vriendelike weergawe om speeltyd te kry.

    Met die bekendstelling van Seuns van Vlug betree Joshua na die Reën ’n nuwe era van kreatiwiteit en eksperimentering, en 2025 beloof om ’n jaar van transformerende musiekervarings vir sy aanhangers te wees.

    Jy kan “Kompas” HIER stroom / aflaai.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Joshua Na Die Reën Se Nuwe Album Is Oppad
    • Stiaan Reynierse reik nuwe album uit: “Anderkant die Reën”
    • Deon Groot Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Reën”
    • Joshua Beaches releases emotional EP: “Souvenirs of Love”

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Joshua na die Reën Kompas Seuns Van Vlug South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleNybosse Releases Debut Single “NgiHappy Ngawe”
    Next Article Booshle G Drops Official Video For “Take Me Home”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Neville D
    April 10, 2026

    Neville D Reik “Jy Gaan Nog Altyd Wen” Uit

    2 Mins Read11 Views
    Nicholis Louw
    April 1, 2026

    Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

    4 Mins Read15 Views
    Brandon Miles
    March 31, 2026

    Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

    3 Mins Read7 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    GAZ
    April 17, 2026

    GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”

    4 Mins Read31 Views
    Kitty Amor
    April 15, 2026

    Kitty Amor Promises Deeply Rooted Audio Journey at ULTRA

    4 Mins Read17 Views
    Teddy Swims
    April 14, 2026

    Teddy Swims Releases New Single: “Mr. Know It All”

    3 Mins Read12 Views
    Goeters Om Te Doen
    Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour

    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour

    Galpalooza 2026

    Galpalooza 2026: Coming to 9 Venues Across SA

    Boyz II Men South African Tour - May 2026

    Boyz II Men Live in South Africa: May 2026

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    J. Cole South African Tour 2026

    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026

    The Hangout F3st 3 - 25 April 2026 Featured

    The Hangout F3st 3: 25 April 2026

    Kunstenaar Profiele
    Majozi

    Majozi

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    The Color Blew
    February 5, 2024

    An Interview With The Color Blew

    8 Mins Read83 Views
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read130 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read53 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.