Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Saarkie Reik Nuwe Album Uit: “Waar LĂȘ Jou Hart?”

    Saarkie Reik Nuwe Album Uit: “Waar LĂȘ Jou Hart?”

    Henno KrugerBy Henno Kruger5 Mins Read Music News 12 ViewsAugust 4, 2021
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Saarkie het hulle nuwe album uitgereik, Waar LĂȘ Jou Hart. Die gewilde rockgroep was nog altyd anders en het nog altyd aandag getrek waar ookal hulle gaan. Hulle ruk en rol al vyftien jaar in Afrikaans Ă©n Engels en hierdie jaar vier hulle Vrouemaand met ’n splinternuwe enkelsnit, musiekvideo, die nuwe album Ă©n ‘n nuwe lid!

    NetfloristOfferforge

    Alouise, oftewel Ella, neem haar plek in as baskitaarspeler en sanger in die groep. Hierdie Vrystater van Bethlehem speel al klavier vandat sy drie is en werk nou amptelik tien jaar in die musiekbedryf.

    Alouise het die volgende te sĂȘ gehad

    “Dit is ’n groot voorreg om saam met Adùle en Lila musiek te maak en dit voel asof ek my musiek vryheid gee wanneer ek dit doen, Ek het verlief geraak op hulle klank toe ek eers agter die baskitaar inspring om die liedjies te leer en sien uit na die toekoms.”

    Hierdie Ghoema-bekroonde musikant en liedjieskrywer (Bella & Buster) het in 2011 haar debuut gemaak as deel van die groep, Onbeskaamd, en speel steeds so af en toe saam met hulle, asook saam met Bok van Blerk se band. Wanneer sy nie op die verhoog is nie, is sy ’n musiekonderwyser en fietsryer en werk sy ook daaraan om haar eie musiek op te neem.

    Saarkie - Waar Le Jou Hart (Band)
    Foto Deur Henk Steyn

    AdĂšle en Lila is baie opgewonde om haar aan boord te hĂȘ

    “Ons voel dat Ella ons, as musikante, uitdaag en dat sy iets nuuts na die tafel toe bring. Ons aanhangers kan uitsien na wat voorlĂȘ.”

    Om alles nog meer opwindend te maak, het die meisies besluit om ’n splinternuwe enkelsnit, musiekvideo en album vry te stel, waarvan Mjön van Blommestein wat die groep verlaat het, steeds deel is.

    AdÚle en Lila gaan vir Mjön mis

    “Mjön het gedurende grendeltyd ’n nuwe besigheid begin wat baie van haar tyd opneem en het daarom besluit om vir eers daarop te fokus. Dis altyd hartseer om ’n sussie te verloor en ons gaan haar mis.”

    “Waar LĂȘ Jou Hart” is die derde vrystelling vanaf hulle nuwe album en is deur AdĂšle geskryf

    Volgens haar gaan hierdie Afrikaanse “African Pop”-liedjie oor waar ’n mens se hart lĂȘ in hierdie onsekere tye wat jou dwing om ’n “reality check” te doen.

    “Dit is ’n uitnodiging vir iemand om saam met jou weg te gaan op ’n avontuur. Weg te breek, te leef in die oomblik en te vergeet van probleme en stres. Ons hou van die liedjie want dit het ’n opwindende ritme en dit wil jou maak in die kar klim en na die sonsondergang toe ry.” sĂȘ sy.

    Die musiekvideo, wat deur Unbreakable Media se Marlie van Oudtshoorn vervaardig is, sluit perfek by die tema van die liedjie aan en gaan oor die drie Saarkies wat die pad vat – in ’n 1969 BMW 1602 Bauer LHD Cabriolet – om ’n avontuur aan te pak. Dit is in die Rietvlei Natuurreservaat verfilm en die kar is verskaf deur Wat Swaai Jy?

    “Die idee is geĂŻnspireer deur die liedjie en boodskap is dat wanneer jy iemand vra om saam met jou op ’n road trip te gaan, wil jy weet waar hulle hart lĂȘ.” sĂȘ Saarkie.

    Kyk die video vir “Waar LĂȘ Jou Hart?” hier onder

    Die liedjie volg in die suksesvolle voetspore van die groep se mees onlangse liedjies, “ReĂ«nweer” en “River Blues”, wat beide goed ontvang is en steeds radio-speeltyd kry.

    Al drie snitte is beskikbaar op hulle nuutste album, Waar LĂȘ Jou Hart?, wat pas vrygestel is en ’n indrukwekkende kombinasie van twaalf lekkerluister-snitte bevat.

    Saarkie - Waar Le Jou Hart

    Volgens diĂ© Ghoema-bekroonde meisiesgroep is diĂ© kontemporĂȘre pop-rock-album hulle manier om vorentoe te beweeg na ’n baie uitdagende tyd en daarom het hulle nie by een spesifieke konsep of tema gehou nie.

    Saarkie verduidelik

    “Gedurende Covid, het ons nuwe waardering gekry vir die lewe. Daarom het ons geskryf oor plekke, diere, liefde en mense wat vir ons betekenis dra. Ons sal graag wil hĂȘ dat dit ’n rustigheid, maar ook ’n opgewonde gevoel aan ons luisteraars moet gee en by hulle moet aanklank vind. Dis iets wat jy in die kar kan luister of rondom ’n kampvuur saam met die mense waarvoor jy lief is.”

    Buiten vir twee bestaande treffers en ’n paar opwindende nuwe liedjies, sluit die album ook ’n duet in saam met Jak de Priester van sy gewilde snit, “Sally Williams Nougat”. ”

    Mozambique” word uitgesonder as hulle gunsteling op die album

    “Ons geniet die ritme en dit het ’n lekker vakansiegevoel. Mosambiek is ’n plek waar jy jou hare kan laat loshang, sonder te veel reĂ«ls. Waar jy op die strande kan ry met jou 4×4, om die kampvuur kan kuier en jou lippe kan rooi drink aan R&R’s.” 

    Saarkie bestaan al vir vyftien jaar en werk reeds aan inhoud vir ’n volgende album. ’n Eksklusiewe reeks Saarkie-toebehore sal ook binnekort te koop wees.

    Waar LĂȘ Jou Hart? is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Luister dit HIER.

    Saarkie deel hulle gedagtes oor die laaste jaar

    “Die laaste jaar was baie moeilik. Ons album is Ɖ boodskap van hoop in moeilike tye en ook saamgestel uit van ons beste herinneringe van die afgelope ruk. Alles is nooit net sleg nie en die rooi papawer op ons album-omslag is simbolies van hoop vir die toekoms. So dit gaan oor Ɖ nuwe begin, vol hoop en liefde, al roei mens soms teen die wind.”

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Werner van der Hoven Reik Debuut-Album Uit: “Hart Se Taal”
    • Saarkie reik nuwe enkelsnit uit: “ReĂ«nweer”
    • Saarkie stel nuwe enkelsnit bekend: “River Blues”
    • Saarkie reik “Rondomtalie” Musiekvideo Uit

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Pretoria Saarkie South Africa Waar Le Jou Hart
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleCara Frew Releases Eye-Catching Video for “Weightless”
    Next Article Jamie-Lee Sexton Releases New Single: “We Need To Talk”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Neville D
    April 10, 2026

    Neville D Reik “Jy Gaan Nog Altyd Wen” Uit

    2 Mins Read11 Views
    Nicholis Louw
    April 1, 2026

    Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

    4 Mins Read15 Views
    Brandon Miles
    March 31, 2026

    Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

    3 Mins Read7 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    GAZ
    April 17, 2026

    GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”

    4 Mins Read30 Views
    Kitty Amor
    April 15, 2026

    Kitty Amor Promises Deeply Rooted Audio Journey at ULTRA

    4 Mins Read16 Views
    Teddy Swims
    April 14, 2026

    Teddy Swims Releases New Single: “Mr. Know It All”

    3 Mins Read10 Views
    Goeters Om Te Doen
    VANFOKKINGTASTIES Featured

    VANFOKKINGTASTIES by Marks Park: 6 Junie 2026

    UB40 Feat Ali Campbell SA Tour

    UB40 Featuring Ali Campbell – June 2026 SA Tour

    Journey To Jazz Festival

    Journey to Jazz Festival: 30 April – 3 May 2026

    The Human League

    The Human League – May 2026 South African Tour

    J. Cole South African Tour 2026

    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Kunstenaar Profiele
    Sheron

    Sheron

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read25 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read63 Views
    Celeste Swift Interview
    August 7, 2025

    An Interview With Celeste Swift

    11 Mins Read43 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.