Saarkie het die stilte gebreek! “Reënweer”, hulle nuwe enkelsnit is sopas uitgereik. Die liedjie val net so lekker op die oor soos ’n salige reënbui op die dak. “Reënweer” is gedurende die lockdown geskryf deur Saarkie se eie Adèle Fouché.
Adèle Fouché lewer kommentaar oor “Reënweer”
“Gedurende inperking, het die paaie ewe skielik stil geword in die aand. Die geraas van karre, is vervang deur naggeluide,” verklap die meisies oor die inspirasie agter die lied. “Almal wil iemand naby aan hulle hê. Grendeltyd het ons fokus geskuif na die dinge wat belangriker is as die gejaag van die daaglikse lewe.”
Dié snit bou natuurlik voort op die unieke rockklank waarvoor die trio bekendheid verwerf het en is een van daardie liedjies wat jou dwing om stil te staan en te luister wanneer jy dit vir die eerste keer hoor.
Saarkie verduidelik hulle nuwe enkelsnit
“Almal hou daarvan om te ‘cuddle’ as dit reën. Dis lekker om naby aan iemand van wie jy hou te wees as die donker wolke nader kom. Die liedjie moet luisteraars wegvoer na die eerste paar weke van grendeltyd; toe niemand ’n wekker gestel het nie, die natuur al was wat jy saans kon hoor en jy saam met jou geliefde kon kosmaak. Na enige goeie herinnering van hierdie tyd.”
Saarkie, wat bestaan uit Adèle Fouché (kitaar- en mondfluitjiespeler, voorsanger en liedjieskrywer), Lila Botha (dromspeler en agtergrondsanger) en Mjön van Blommestein (baskitaar-, ukulele- en mondfluitjiespeler, agtergrondsanger, en mede-liedjieskrywer) vier vanjaar hulle elfde bestaansjaar en word beskou as een van die mees suksesvolle damesrockgroepe in die land.
Die Saarkies het bekendheid verwerf vir hulle energieke elektries-akoestiese styl en is oor die jare vir verskeie Ghoema- en SAMA-musiektoekennings benoem, waaronder Beste Rock-Album van die Jaar, Beste Album deur ’n Groep of Duo en Groep van die Jaar.
Die vrystelling van “Reënweer” is net die begin van baie nuwe en opwindende dinge vir Saarkie, wat verklap dat hulle gedurende hierdie stil tyd drukbesig was met die skryf van nuwe musiek, lewendige konsertopnames en vele meer. ’n Eksklusiewe reeks Saarkie-toebehore sal ook binnekort aanlyn te koop wees.
Saarkie lewer kommentaar hieroor
“Inperking het ons baie goed behandel. Alhoewel ’n mens soms voel dat dit nou moet end kry, is dit ’n wonderlike geleentheid om jouself weer te vind en nuwe uitdagings aan te pak.”
Aanhangers is natuurlik baie verlig dat Adèle, Lila en Mjön weer terug is in die kollig en met hule nuwe enkelsnit bevestig hulle net weer hoekom hulle reeds sulke diep voetspore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap het. ’n Mens kan nie help om saam opgewonde te wees oor wat hulle vir die toekoms beplan nie… so hou hulle dop!
Die musiekvideo vir hierdie liedjie sal ook einde Augustus 2020 uitgereik word.
Jy kan “Reënweer” luister op Apple Music of Spotify.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Living in South Africa? Need to save up some moolah? Start investing today with Easy Equities, the simple and affordable platform for everyone. Access local and international stocks, ETFs, and more with no minimum investment required. Sign up now and take control of your financial future!