Die gewilde en talentvolle rock-groep, Saarkie, se nuwe treffer, “River Blues”, volg in die suksesvolle voetspore van hulle vorige vrystellings, “Suidwes-Afrika”, “Vir Altyd en Langpad”, wat vir weke op die trefferparades gepronk het.
Meer inligting oor “River Blues”
Mjön van Blommestein, lid van die groep, het hierdie liedjie geskryf oor die Oranje Rivier, wat n dubbel-betekenis het oor roei, maar ook die lewe. Die meisies het in Desember 2018 na ‘n maandlange toer in die Kaap, die Oranje Rivier gaan roei op die grens van Namibia. “Die liedjie gaan oor die hindernisse wat in die lewe oor jou pad kom en jy weet nooit regtig waarheen jy oppad is nie, maar jy het ‘n idee en ‘n visie waarheen jy moet gaan. Jy vertrou dit is mooi aan die ander kant of dat jou moeite en harde werk die sout werd gaan wees,” vertel Mjön.
’Ons het die 5-dag roei opsie gekies en het langs die rivier geslaap vir 4 nagte. Dit was ongelooflik warm en elke oggend omtrent 05h00 begin met ontbyt en 06h00 was ons op die water. Ons het in totaal 50km geroei. Ons het ongelooflike mense ontmoet en in die aande om die kampvuur gesit en gesels en gesing. Dit was ‘n belewenis. Die eerste 2 dae het ons baie wind van vooraf gekry en ons het nogal gesukkel en hard gewerk om iewers uit te kom. Ons het geen idee gehad waarnatoe ons roei nie en hoe lank ons elke dag gaan roei nie. Ons het net geweet ons moet roei en ons moet onsself geniet in die proses,” voeg sy by.
“Almal het mense nodig in die lewe wat jou help roei of ondersteun, of dit jou ouers, jou diere, vriende of lewensmaat is. Die lewe gaan soms soos ‘n opdraande pad voel, maar wanneer jy aan die anderkant aankom, was dit tòg die moeite werd. So hou moed, want jy sal nooit ‘n roete gegee word wat jy nie kan aanpak nie,” sluit sy af.
‘n Musiekvideo van “River Blues” wat deur Mjön (Girl With Hat Productions) vervaardig is, is ook saam met die liedjie uitgereik. Mjön vertel dat die video bestaan uit fotos en videos van hulle ervarings op die Oranje Rivier. Herinneringe, die wonderlike mense wat hulle ontmoet het, plaaslik en internasionaal.
Jy kan “River Blues” stroom / aflaai op Spotify en Apple Music.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.