Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Frieda van den Heever stel haar debuutalbum bekend

    Frieda van den Heever stel haar debuutalbum bekend

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 217 ViewsMarch 8, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Spoorsny is Frieda van den Heever (meer bekend as stemkunstenaar, radio-aanbieder en regisseur) se eerste vollengte Afrikaanse album. Hierdie album is gebore uit hunkering, soos meeste ander musiek.

    NetfloristOfferforge

    Die lewe moes spore laat voor sy kon sny – snitte maak, tracks opneem, instink vertrou. Die spore loop deur landskappe van verlies, verlange, vrae, ekstase, hoop, liefde: lewe … en veral lewe na die dood. Die verlange om te ontsnap, om by die huis te kom, om te vlieg, om te land, om te vergeet, om te onthou, om los te breek, om vas te hou – die paradoks van menswees. Frieda som dit op: “Ek moes leef voordat ek daaroor kon sing.”

    Die liedjies op die album is oor jare geskryf en het vorm gekry in die laaste paar jaar. Dit is oorspronklik geskep vir Skoonveld – ‘n produksie by die Woordfees wat gehore gaande gehad het en die Woordtrofee vir beste kontemporêre solo-musiekproduksie gewen het in 2022. Daarna het gehore van den Heever oortuig dat sy ‘n bydrae kan lewer tot die body of work van Afrikaanse musiek en dat sy Afrikaans dit skuld om haar musiek te deel.

    Die album is oor die bestek van ‘n paar maande opgeneem saam met die legendariese Jürgen von Wechmar by Sunset Recording Studios en Frieda het saam met twee geniale vervaardigers, Fred den Hartog en Johnny de Ridder, geskaaf aan die liedjies.  Van ons land se voorste sessie-musikante kan ook gehoor word op die album.

    Meer inligting oor Frieda van den Heever se debuut album

    Die eerste enkelsnit op Spoorsny, “Bon Voyage”, was die heel laaste liedjie wat van den Heever geskryf het voor die album opgeneem is.

    Sy wou graag saam met Die Heuwels Fantasties werk omdat sy al drie snitte in die verlede saam met hulle opgeneem het (“Mangemaak”, “Pêrels en Lewensredders” en “Nodig”). “Bon Voyage” het die lig gesien saam met Pierre Greeff en Fred den Hartog as vervaardiger.

    Frieda van den Heever en Pierre Greeff

    Jozua Malherbe en Rolanda Marais was aan die stuur van die regie en verfilming van die “Bon Voyage” video, die kamerawerk was deur Lourens van Rensburg (7Films), redigering Damiane van Reenen en die gradering deur Justin Wall.

    Ander hoogtepunte op die album sluit in “Slot Wat Aanhou”, ‘n duet met Laudo Liebenberg, “Huis Toe” – ‘n gunsteling onder gehore wat die musiekproduksie kom kyk het, “Asem”wat dikwels op RSG speel die afgelope paar jaar, “Branders ken strande”wat Frieda geskryf het op die eerste Kersdag na haar man se dood en “Soos ‘n Gebed”, die enigste lied wat nie uit van den Heever se eie pen kom nie. Dis ‘n toonsetting van ‘n gedig deur Hilda Smits (Ingrid Jonker-pryswenner van 2017) wat vervat is in haar merkwaardige bundel Mag die diep slaap jou dan (2021).

    Hierdie album roep diep herinneringe op van wat dit beteken om ten volle mens te wees. In hierdie land. In hierdie taal. Maar ook oral. Frieda van den Heever probeer die kompleksiteit van menswees te vertolk deur woorde te gee vir die gans onbeskryflike, ‘n onbegonne taak, soos sy self erken. Sy poog deurgaans om te skryf soos sy ruik, om te sing soos sy praat, om op te spoor wat sy hoor.

    Express VPN

    Leonard Cohen het gesê: “Whatever pain you can’t rid of, make it your creative offering.” Hierdie album is van den Heever se aanbod. Dis nie ligte musiek nie, maar dit is musiek vol lig.

    Kyk die video vir “Bon Voyage” hier onder:

    Jy kan Spoorsny HIER stroom / aflaai.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Saarkie stel nuwe enkelsnit bekend: “River Blues”
    • Deon Meiring Stel Nuwe EP Bekend: “Gebede En Briewe”
    • Velvetblohm (Jan Blohm & Ryno Velvet) reik debuutalbum uit
    • Mensdom reik debuutalbum uit: “Bonatuurlik”

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Frieda van den Heever South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleGAZ Delivers Stirring New Single: “Lullaby For The World”
    Next Article December Streets Release Music Video for “Ghosts”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Neville D
    April 10, 2026

    Neville D Reik “Jy Gaan Nog Altyd Wen” Uit

    2 Mins Read11 Views
    Nicholis Louw
    April 1, 2026

    Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

    4 Mins Read15 Views
    Brandon Miles
    March 31, 2026

    Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

    3 Mins Read7 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    GAZ
    April 17, 2026

    GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”

    4 Mins Read25 Views
    Kitty Amor
    April 15, 2026

    Kitty Amor Promises Deeply Rooted Audio Journey at ULTRA

    4 Mins Read16 Views
    Teddy Swims
    April 14, 2026

    Teddy Swims Releases New Single: “Mr. Know It All”

    3 Mins Read10 Views
    Goeters Om Te Doen
    Boyz II Men South African Tour - May 2026

    Boyz II Men Live in South Africa: May 2026

    VANFOKKINGTASTIES Featured

    VANFOKKINGTASTIES by Marks Park: 6 Junie 2026

    The Hangout F3st 3 - 25 April 2026 Featured

    The Hangout F3st 3: 25 April 2026

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    The Human League

    The Human League – May 2026 South African Tour

    Wonderboom

    WONDERboom: Celebrating 30 years with a WONDERFEST

    Kunstenaar Profiele
    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Majozi

    Majozi

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    ABFAB
    November 26, 2025

    An Interview with ABFAB

    5 Mins Read69 Views
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read74 Views
    SAMA31
    December 15, 2025

    SAMA31 Winners: The Complete List

    5 Mins Read98 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.