Gebede en Briewe is vervaardig deur Johan Viljoen, en tussen Johan se ateljee in Potchefstroom en Deon Meiring se ateljee in Wellington opgeneem. Die liedjies op die EP het in verskillende tye ontstaan; Deon het verskeie musiek geskryf tussen die liedjies op die EP en toe teruggekeer na liedjies wat nog nie amptelik die lig gesien het nie, en besef hulle werk goed saam as EP. Deon beskryf die behoefte en vrees om sy eie weerloosheid te aanvaar, as een van die deurlopende temas van Gebede en Briewe.
Deon Meiring vertel ons hoe hierdie gebeur het
“Baie van die musiek wat ek al in my lewe geskryf het, is gedryf deur my behoefte om die wêreld en hoe ek dit sien sinvol te verwoord. Musiek en lirieke het my al baie gehelp om te voel asof ek darem ’n greep kan hê op die vrae wat my wakkerhou (en net so moeg maak). Met hierdie EP se liedjies het ek myself toegelaat om nie altyd te hoop ek skryf ’n antwoord raak nie, maar om te onthou dat die goed waarmee ek worstel ook dikwels tekens van lewe is. Selfs al klink dit soms skrikwekkend vir my.”
Die titel, Gebede en Briewe is afkomstig van een van die liedjies op die EP. Deon beskryf dit as ’n goeie analogie vir die res van die liedjies op die EP.
Deon Meiring vertel ons meer van Gebede en Briewe
“In hierdie geval ook briewe en gebede wat by allerhande adresse mag opdaag waarvan ek dalk nie eens geweet het toe ek dit geskryf het nie. Ek het ook in 2020 (nog voor die pandemie) begin om gereeld briewe te skryf oor allerhande dinge wat ek interessant, verbysterend of net merkwaardig vind.”
“Ek stuur daai briewe ook so effens roekeloos die wêreld in. Mense kan dit as video’s of skryfstukke op die web oopmaak. Ek dink hierdie EP het iets daarvan ook in. Al die liedjies deel iets wat op ’n manier heilig is vir my, so dit is soos gebede, maar dit kan ook soos briewe deur ander mense gelees en ontvang word.”
Alhoewel die EP ook dromme en elektriese kitare ten toon stel, is dit meestal saamgestel deur akoestiese instrumente – ’n benadering waarnatoe Deon dikwels terugkeer in sy solo musiek.
Die opnames op die EP is moontlik gemaak deur befondsing van SAMRO, wat daartoe gelei het dat Deon Meiring weer kon dink aan ’n versameling van liedjies wat op een of ander manier tematies bymekaar inpas – iets waarvoor hy lanklaas die geleentheid gehad het. Die versameling beskryf hy as heelwat anders as sy vorige paar enkelsnitte en is opgewonde om die verskeidenheid van liedjies by sy katalogus te sit.
Deon Meiring vertel ons hoe hierdie EP hom ge-impak het
“Gebede en Briewe merk vir my ’n vrymoedigheid om my werk te deel. Dis maklik om te tob oor wat die regte liedjie en die regte oomblik is. Glo my ek doen dit steeds gereeld. Tog is hierdie EP op ’n manier ’n gesprek tussen my en die mense wat al vir lank my musiek luister.”
“Baie van die liedjies bestaan al vir lank in een of ander vorm en mense wat my werk aandagtig volg het al ’n paar keer gevra wanneer ek hierdie liedjies amptelik beskikbaar sal maak. Nou is dit hier en ek’s dankbaar dat dit die lig kon sien.”
Jy kan Deon Meiring se Gebede en Briewe HIER aflaai / stroom.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.