Werner van der Hoven se Afrikaanse debuut-album Hart se Taal is vroeër vanjaar uitgereik.
Werner Van der Hoven vertel ons meer hieroor
“Die album is ‘n samestelling van nuwe en ou songs wat my liefde vir die Afrikaanse taal verteenwoordig, ‘n terugkeer na my wortels na ‘n lang tyd in ‘n Engelse woestyn.”
Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties en Supra Familias was medeskrywer en vervaardiger en verskeie kunstenaars het saamgewerk aan die album insluitende Ricus Nel, Danny Smoke en Tim Lengfeld.
Die album is opgeneem onder leiding van Fred den Hartog by The Nothing Club Studios.
Meer inligting oor Werner van der Hoven se debuut-album
Die debuut-enkelsnit vanaf die album “Wynland” is volgens aanhangers reeds`n “cult status liedjie, veral in die Noorde. “Wynland” het die nommer 1 op Jacarandafm se CTM Top 40 trefferlys gehaal en word nogsteeds op verskeie radiostasies landwyd gespeel.
Dié gewilde lied is al meer as twee- miljoen keer gestroom. Die tweede enkelsnit “Somer in My Keel” saam met Die Heuwels Fantasties draai ook alreeds vanaf Desember op trefferlyste. “Hanrie Visagie” het kort daarna gevolg met een van die lekkerste musiekvideos van die jaar met Cindy Swanepoel en Hamilton Wessels in die hoofrolle.
Die vierde enkelsnit vanaf Hart se Taal, “Vuur wat brand,” speel vanaf 5 Julie op radiostasies landwyd. Werner van der Hoven vertel ons meer oor die liedjie
“Daar`s altyd mense in jou verlede waaroor jy dink en wonder hoe dit met hulle gaan of wat hulle nou doen. “Vuur wat Brand” brei uit op hierdie gedagte. Soms was daar verhoudings in jou verlede wat bloot eenvoudig misverstande was, romanties of platonies.”
“Die skryf van “Vuur wat Brand” was een van daai kere waar die lirieke relatief maklik gekom met Pierre Greeff wat meesterlik bygedra het tot die skryfproses.”
“Dit was soos altyd ‘n absolute voorreg om saam met Fred den Hartog te werk wat die produksie van “Vuur Wat Brand” hanteer het. Talent is nie ‘n groot genoeg woord om Fred se musikale vernuf te beskryf nie. Al wat ek weet is: “Hy het dit.””
“Dit is verrykend om te sien en ervaar dat ander industrie spesialiste so noukeurig en met respekvolle moeite aan ‘n ou se songs kan werk om lewe in hulle in te blaas. So aan ieder en elkeen wat ‘n bydrae gehad het in die maak van hierdie album wil ek met nederigheid en opregtheid dankie sê. Afrikaans is en bly vir altyd my “Hart se Taal.””
Jy kan Hart Se Taal HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.