Werner Van Der Hoven, die June van bekende Afrikaanse duo, Jack & June, het bietjie laat los loop met sy solo debuut in die Afrikaanse genre.
Sy eerste enkelsnit, “Wynland”, gaan nie net oor die streek se vrug self nie, maar is eerder ‘n liefdeslied wat die mooi van liefwees beskryf. Jy sal wil dans, jy sal wil huil van blye verlange, jy sal wingerd wil plant en die lewenslustige gevoel van die wynland ervaar met alles wat sy kan bied en offer.
Werner Van der Hoven se stem het ‘n unieke herkenbaarheid wat jy nie elke dag raakloop nie en boonop komponeer hy ook sy eie musiek.
Hy bly op ‘n plaas, hy sien en hoor elke dag die trekkers op en af ry kelder toe en terug, hy geniet dit wat die wynland hom gee uit ‘n glasie of twee en speel sy kitaar en sing en skryf in die aande om ‘n kaggel net tot laat genoeg sodat hy weer vroeg kan opstaan as pa vir die skooltoe-uur.
Van der Hoven se solo Afrikaanse debuut sou begin het by een liedjie, toe raak dit drie en nou is die produksie van ‘n volledige album in die proses.
En hoekom nou eweskielik Afrikaans vra jy dalk en Werner Van Der Hoven antwoord…
“Ek hardloop al vir jare weg van my Moedertaal. Ek het keer op keer gestruikel om haar liefde te gaan haal, maar ek begrawe nou my ego diep onder die grond en beskerm hierdie woorde vir haar plekkie in die son…”
Pierre Greeff, hoofsanger van Die Heuwels Fantasties en direkteur van Suprafamilias lewer kommentaar
“Ek is baie opgewonde oor Werner se debuut solo enkelsnit en album. Hy is volgens my `n voorloper van stem en skryf talent van sy generasie en ek kan nie wag dat mense dit ervaar nie. Ek en Fred den Hartog het die beste tyd gehad tydens die opnames saam met hom en dis ‘n absolute voorreg om deel te wees van sy skepping.”
Die video vir Werner Van Der Hoven se “Wynland” vier nog `n debuut. Dis die gewilde aktrise Marguerite van Eeden se eerste keer in die regisseur stoel. Sy vertel ons meer hieroor
“Ek is so opgewonde oor my regie debuut vir Werner van den Hoven se nuwe musiekvideo en enkelsnit ‘Wynland’! Dis altyd ongelooflik om so opwindende en uitdagende ervaring aan te vat, maar gelukkig het ek dit nie alleen gedoen nie.”
“Om te werk met Damiane van Reenen (DOP), Pieter Booysen (HOD Lighting), Roy-Michael Harris (Lyn- vervaardiger), Pierre Greeff (vervaardiger) en natuurlik Werner van den Hoven was wat die projek so lekker, maar ook so doenbaar gemaak het. Almal het saam gespan om noukeurig te beplan en dan op die ou einde saam gewerk om alles bymekaar te laat vlans.”
Kyk die musiekvideo hier onder:
Stroom Werner Van Der Hoven se “Wynland” HIER.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Serious about cybersecurity? Safeguard your online privacy and access global content securely with Private Internet Access VPN — your ultimate shield against digital threats!