Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Ilán van Staden reik langverwagte debuut-album uit

    Ilán van Staden reik langverwagte debuut-album uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 22 ViewsSeptember 29, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Sedert hy in 2022 sy buiging in die plaaslike vermaakbedryf gemaak het, sien die sanger, liedjieskrywer en akteur, Ilán van Staden, se bewonderaars al uit na sy eerste vollengte album.

    NetfloristOfferforge

    Nou, na meer as ’n jaar se harde werk en beplanning, is die wag uiteindelik verby, want My Mense is pas vrygestel en beloof om musiekliefhebbers se grootste verwagtinge te oortref.

    Dié twaalfsnit-album bestaan uit ’n kombinasie van goedvoel- en country-musiek wat sorgvuldig uitgesoek is om almal wat daarna luister tuis en gemaklik te laat voel.

    Ilan Van Staden

    Ilán van Staden vertel ons meer oor hierdie album

    “Hierdie album bestaan uit stukke. Stukke van my, stukke van al die kosbare mense na aan my en ’n stuk van ’n groot droom wat uiteindelik waar geword het,”

    Verskeie gesoute vervaardigers, waaronder Dirk van Niekerk, Robin Kylie en Arnold de Wet, en liedjieskrywers soos Johan Vorster, Jacomien de Wet, Arnold de Wet en Ilán self, het saamgewerk om ’n volmaakte eindproduk te skep waarop die kunstenaar besonders trots is.

    Ilán van Staden vertel ons van sy ervaring agter die skerms

    “Die meeste van die liedjies is in ’n kreatiewe span-opset geskryf op verskillende plekke, van Johan se TV-kamer en Jacomien se eetkamertafel tot in Namibië se Hentiesbaai. Dis ’n smeltpot van goeie herinneringe, drome, gedagtes en ervarings wat vasgevang is op papier. Ek was heeltemal verstom oor die proses en dit was wonderlik om te sien hoe elke lied lewe kry in die ateljee. Dit was ’n baie opwindende tyd en ek sien uit om aan te hou groei en leer.”  

    Hoewel dit vir hom moeilik is om ’n gunsteling-treffer te kies, erken hy dat “SMK”, “Wannelaas” en “My Mense” hom na aan die hart lê en daarom is hulle ook die eerste drie snitte wat jy hoor wanneer jy eers begin luister.

    ’n Paar spesiale vertonings word beplan om die album amptelik aan die publiek bekend te stel en meer inligting hieroor sal op sy sosialemediaplatforms gedeel word.

    Ilán Van Staden het in 2022 vir homself naam gemaak as deel van die suksesvolle teaterproduksie, Die Gelofte: ’n Musiekblyspel, waarna hy in 2023 een van die hoofrolle in nog ’n musiekblyspel, Die Kaplyn, vertolk het en ’n platekontrak losgeslaan het by Inhoud Huis Musiek.

    Hy het reeds vier suksesvolle enkelsnitte, waarvan Ontlaai die temalied is van die kykNET-program Safari Roetes, en ’n duet met Bernice West uitgereik wat almal deel uitmaak van sy nuwe vrystelling.

    Vandat Ilán Van Staden kan onthou, wou dié 26-jarige Pretorianer nog altyd musiek maak. Hy het as tiener begin musiek skryf en saam met sy skoolorkes optree.

    Verder was hy ook dromspeler en mede-komponis van verskeie Sêr-groepe op universiteit – hy het sy meestersgraad in omgewings- en biologiese wetenskappe aan Noordwes-Universiteit behaal in 2019 – terwyl hy op elke geleentheid wat hy kon kry saam met musiekgroepe opgetree het in Potchefstroom.

    Sedertdien werk hy hard daaraan om sy musiekvaardighede op te skerp en die beste te maak van elke geleentheid wat hy kry en daarom het hy ook aan die derde seisoen van The Voice SA deelgeneem.

    Wanneer Ilán Van Staden nie op die verhoog is nie, bestuur hy sy eie musiekskool Ilán’s Music Academy (IMA) in Muldersdrif, wat vanjaar reeds vyf jaar bestaan en sang-, drom-, en kitaarlesse aanbied vir enigiemand bo die ouderdom van vyf.

    My Mense is ’n lekkerluister-album wat sal aanklank vind by enigiemand met ’n liefde en passie vir Afrikaanse musiek en is ’n opwindende nuwe hoofstuk in hierdie begaafde musikant se baie belowende loopbaan.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Ilán van Staden Reik “Ontlaai” Musiekvideo Uit
    • Ilán van Staden Reik Nuwe Enkelnsit Uit: “SMK”
    • Werner van der Hoven Reik Debuut-Album Uit: “Hart Se Taal”
    • Zaan Sonnekus Reik “Zonneblom” (Sy Debuut Album) Uit

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Ilán van Staden My Mense South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleBaneleTheDJ Claims Top Spot on Multiple African Music Charts
    Next Article The SaxbyTwins Release New Summer Anthem: “Happy Days”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Neville D
    April 10, 2026

    Neville D Reik “Jy Gaan Nog Altyd Wen” Uit

    2 Mins Read11 Views
    Nicholis Louw
    April 1, 2026

    Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

    4 Mins Read15 Views
    Brandon Miles
    March 31, 2026

    Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

    3 Mins Read7 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    GAZ
    April 17, 2026

    GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”

    4 Mins Read29 Views
    Kitty Amor
    April 15, 2026

    Kitty Amor Promises Deeply Rooted Audio Journey at ULTRA

    4 Mins Read16 Views
    Teddy Swims
    April 14, 2026

    Teddy Swims Releases New Single: “Mr. Know It All”

    3 Mins Read10 Views
    Goeters Om Te Doen
    Sunset Music Series 2026

    Sunset Music Series 2026: All The Details

    Galpalooza 2026

    Galpalooza 2026: Coming to 9 Venues Across SA

    Capital Craft Beer Festival 2026 Featured Capital Craft Beer Festival 2026

    Capital Craft Beer Festival 2026

    Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour

    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour

    Journey To Jazz Festival

    Journey to Jazz Festival: 30 April – 3 May 2026

    Wonderboom

    WONDERboom: Celebrating 30 years with a WONDERFEST

    Kunstenaar Profiele
    Jack Atlantic

    Jack Atlantic

    Majozi

    Majozi

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read104 Views
    SAMA31
    December 15, 2025

    SAMA31 Winners: The Complete List

    5 Mins Read98 Views
    The Color Blew
    February 5, 2024

    An Interview With The Color Blew

    8 Mins Read83 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.