Ilán van Staden se nuutste enkelsnitvrystelling, “Ontlaai”, is uit die pen van Johan Vorster en David de Villiers. Die snit is op 3 Februarie 2023 vrygestel en is reeds baie goed deur talle radiostasies ontvang. En nou is die musiekvideo vir die treffer ook pas vrygestel.
Die video is by Lubeksdal Lodge geskiet en Johan Vorster het die regie behartig. David de Villiers, Dirk van Niekerk en Johan Vorster het die musiekvideo vervaardig. Ilán, sy Pa (Michael), vriende Revan Luus, CJ Woller en Zian Roux is almal in die video te sien.

Ilán van Staden vertel ons meer van “Ontlaai”
“Dit is ’n positiewe goedvoel-liedjie, wat gaan oor hoe almal van ons een of ander vorm van ontlading nodig het. Soms is jy onder soveel druk dat dit te veel raak. Dit is dan wanneer jy moet stil raak, asem skep en doen waarvoor jy lief is – soos om te gaan jag, vis te vang, om die bosveldvuur te ontspan en te braai.”

“Dit is elke man se roeping om ’n baken vir sy gesin te wees en hulle te lei en ek hoop dat hierdie liedjie elkeen wat dit hoor sal inspireer. ‘Ontlaai’ bring samehorigheid en raak onderwerpe aan waaroor mans al baie gewonder het, gebid het en gesels het om die bosveldvuur.”
Kyk die vir musiek video Ilán van Staden se “Ontlaai” hier onder:
Tans is Ilán van Staden besig met fiksheidsvoorbereiding vir ’n splinternuwe musiekblyspel oor die grensoorlog, Die Kaplyn, wat in April begin en waarin hy ook die hoofrol vertolk. Verder is hy ook in die proses om sy eerste album te finaliseer en bestuur hy sy musiekskool, Ilán’s Music Academy, wat vanjaar reeds vyf jaar bestaan. Intussen doen hy ook soveel optredes as moontlik en beplan hy om vanjaar die land plat te toer.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.



