Zaberfluten is Van Pletzen se vyfde musiekvideo vanaf hul album, Kak Lekke Vibe, wat vroeër vanjaar met groot opgewondenheid vrygestel is.
In die musiekvideo en kort film sien ons vir Van Pletzen (Peach & Nik Nax) ‘n lekker vissie braai saam met Schalk Bezuidenhout. Maar dis nie lank nie voor dinge skeef loop nie. Frank Opperman maak ook ‘n verskyning in moontlik sy snaakste en mees intimiderende rol nog!
Peach Van Pletzen het die idee vir Zaberfluten in ‘n droom gekry en dit dadelik neergeskryf. “Ek het wakker geskrik en besef hoe belangrik dit is dat mense die film moet sien, en dat ons dit moet maak!” Hy het dadelik vir PJ Kotze van Bonanza Films gebel wat ook die videos vir “Eiland Styl” en “Goud” gemaak het. PJ was dadelik in!
Nou wat is Zaberfluten en wat beteken dit? Draai na die musiekvideo en kortfilm vir antwoorde, maar dinge loop min-of-meer so:
- Van Pletzen nooi vir komediant, Schalk Bezuidenhout vir visbraai
- Van Pletzen is onder die indruk dat hy lekker is, jy weet… irie.
- Maar hy was meer soos ‘n “Sulk Bezuidenhout”. Ek bedoel, hy bring ‘n eiervrug na ‘n visbraai toe?
- Die party pooper het toe sommer die polisie op speed-dial…
Waar was die musiekvideo verfilm? Die ouens kan eerlikwaar nie onthou nie, maar hulle dink in Amsterdam of was dit voor ‘n groenskerm en CGI? Zaberfluten is moontlik Van Pletzen se magnum opus. Dit bevat alles: komedie, panfluite, suspense, drama, vergifnis, en natuurlik ook Zaberfluten! Check die musiekvideo HIER.
Wat dink jy van hierdie musiekvideo? Los jou kommentaar hier onder en vertel vir ons. Terugvoer is welkom.
As jy vir Van Pletzen wil live sien, maak seker jy kry jou musiek-liefhebbende voetjies uit by Innibos (in Nelspruit) op die 7de Junie of by Rocking Potch op die 7de September.
Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.