Saarkie het hulle nuwe album uitgereik, Waar LĂȘ Jou Hart. Die gewilde rockgroep was nog altyd anders en het nog altyd aandag getrek waar ookal hulle gaan. Hulle ruk en rol al vyftien jaar in Afrikaans Ă©n Engels en hierdie jaar vier hulle Vrouemaand met ân splinternuwe enkelsnit, musiekvideo, die nuwe album Ă©n ‘n nuwe lid!
Alouise, oftewel Ella, neem haar plek in as baskitaarspeler en sanger in die groep. Hierdie Vrystater van Bethlehem speel al klavier vandat sy drie is en werk nou amptelik tien jaar in die musiekbedryf.
Alouise het die volgende te sĂȘ gehad
âDit is ân groot voorreg om saam met AdĂšle en Lila musiek te maak en dit voel asof ek my musiek vryheid gee wanneer ek dit doen, Ek het verlief geraak op hulle klank toe ek eers agter die baskitaar inspring om die liedjies te leer en sien uit na die toekoms.â
Hierdie Ghoema-bekroonde musikant en liedjieskrywer (Bella & Buster) het in 2011 haar debuut gemaak as deel van die groep, Onbeskaamd, en speel steeds so af en toe saam met hulle, asook saam met Bok van Blerk se band. Wanneer sy nie op die verhoog is nie, is sy ân musiekonderwyser en fietsryer en werk sy ook daaraan om haar eie musiek op te neem.

AdĂšle en Lila is baie opgewonde om haar aan boord te hĂȘ
âOns voel dat Ella ons, as musikante, uitdaag en dat sy iets nuuts na die tafel toe bring. Ons aanhangers kan uitsien na wat voorlĂȘ.â
Om alles nog meer opwindend te maak, het die meisies besluit om ân splinternuwe enkelsnit, musiekvideo en album vry te stel, waarvan Mjön van Blommestein wat die groep verlaat het, steeds deel is.
AdÚle en Lila gaan vir Mjön mis
âMjön het gedurende grendeltyd ân nuwe besigheid begin wat baie van haar tyd opneem en het daarom besluit om vir eers daarop te fokus. Dis altyd hartseer om ân sussie te verloor en ons gaan haar mis.â
“Waar LĂȘ Jou Hart” is die derde vrystelling vanaf hulle nuwe album en is deur AdĂšle geskryf
Volgens haar gaan hierdie Afrikaanse âAfrican Popâ-liedjie oor waar ân mens se hart lĂȘ in hierdie onsekere tye wat jou dwing om ân âreality checkâ te doen.
âDit is ân uitnodiging vir iemand om saam met jou weg te gaan op ân avontuur. Weg te breek, te leef in die oomblik en te vergeet van probleme en stres. Ons hou van die liedjie want dit het ân opwindende ritme en dit wil jou maak in die kar klim en na die sonsondergang toe ry.â sĂȘ sy.
Die musiekvideo, wat deur Unbreakable Media se Marlie van Oudtshoorn vervaardig is, sluit perfek by die tema van die liedjie aan en gaan oor die drie Saarkies wat die pad vat â in ân 1969 BMW 1602 Bauer LHD Cabriolet â om ân avontuur aan te pak. Dit is in die Rietvlei Natuurreservaat verfilm en die kar is verskaf deur Wat Swaai Jy?
âDie idee is geĂŻnspireer deur die liedjie en boodskap is dat wanneer jy iemand vra om saam met jou op ân road trip te gaan, wil jy weet waar hulle hart lĂȘ.” sĂȘ Saarkie.
Kyk die video vir “Waar LĂȘ Jou Hart?” hier onder
Die liedjie volg in die suksesvolle voetspore van die groep se mees onlangse liedjies, “ReĂ«nweer” en “River Blues”, wat beide goed ontvang is en steeds radio-speeltyd kry.
Al drie snitte is beskikbaar op hulle nuutste album, Waar LĂȘ Jou Hart?, wat pas vrygestel is en ân indrukwekkende kombinasie van twaalf lekkerluister-snitte bevat.
Volgens diĂ© Ghoema-bekroonde meisiesgroep is diĂ© kontemporĂȘre pop-rock-album hulle manier om vorentoe te beweeg na ân baie uitdagende tyd en daarom het hulle nie by een spesifieke konsep of tema gehou nie.
Saarkie verduidelik
âGedurende Covid, het ons nuwe waardering gekry vir die lewe. Daarom het ons geskryf oor plekke, diere, liefde en mense wat vir ons betekenis dra. Ons sal graag wil hĂȘ dat dit ân rustigheid, maar ook ân opgewonde gevoel aan ons luisteraars moet gee en by hulle moet aanklank vind. Dis iets wat jy in die kar kan luister of rondom ân kampvuur saam met die mense waarvoor jy lief is.â
Buiten vir twee bestaande treffers en ân paar opwindende nuwe liedjies, sluit die album ook ân duet in saam met Jak de Priester van sy gewilde snit, “Sally Williams Nougat”. ”
Mozambique” word uitgesonder as hulle gunsteling op die album
âOns geniet die ritme en dit het ân lekker vakansiegevoel. Mosambiek is ân plek waar jy jou hare kan laat loshang, sonder te veel reĂ«ls. Waar jy op die strande kan ry met jou 4×4, om die kampvuur kan kuier en jou lippe kan rooi drink aan R&Râs.âÂ
Saarkie bestaan al vir vyftien jaar en werk reeds aan inhoud vir ân volgende album. ân Eksklusiewe reeks Saarkie-toebehore sal ook binnekort te koop wees.
Waar LĂȘ Jou Hart? is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Luister dit HIER.
Saarkie deel hulle gedagtes oor die laaste jaar
âDie laaste jaar was baie moeilik. Ons album is Ć boodskap van hoop in moeilike tye en ook saamgestel uit van ons beste herinneringe van die afgelope ruk. Alles is nooit net sleg nie en die rooi papawer op ons album-omslag is simbolies van hoop vir die toekoms. So dit gaan oor Ć nuwe begin, vol hoop en liefde, al roei mens soms teen die wind.â
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.