Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Julanie J se eerste Afrikaanse (“Mooi”) is nou beskikbaar

    Julanie J se eerste Afrikaanse (“Mooi”) is nou beskikbaar

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 15 ViewsSeptember 11, 2020
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die talentvolle sangeres en liedjieskrywer Julanie J se eerste Afrikaanse album Mooi het pas die lig gesien. Dit volg op die sukses van drie Afrikaanse enkelsnitte wat sy oor die afgelope jaar uitgereik het. Julanie vertel dat die liedjies op die vollengte album elk `n kort liefdesverhaal is. Sy sê: “Mooi se tema is selfondekking en elke liedjie vertel `n storie oor iets wat in my lewe gebeur het wat ek graag met ander wil deel.”

    NetfloristOfferforge

    Meer inligting oor Julanie J se eerste Afrikaanse album

    Die enkelsnit “Liefde wat ons heelmaak” is `n duet wat Julanie saam met die talentvolle sanger Ivan Roux opgeneem het. Julanie sê: “Ek is baie opgewonde oor hierdie liedjie. Ek mik altyd na internasionale produksie-gehalte en ek voel trots op wat ons met hierdie enkelsnit reggekry het. Die liedjie gaan oor n “break-up.” Een of ander tyd gaan meeste mense maar deur die ervaring van `n gebreekte hart. Dit was vir my `n voorreg om saam met Ivan Roux te kon sing. Met sy donker, warm stem het hy het hy die gevoel van hierdie lied perfek help oordra.”

    Julanie J Photo by Willem Botha

    Een van die snitte wat vir Julanie die naaste aan haar eie hart le is die lied “Arm.” Sy het dit vir haar man JP Chetty geskryf, nog iewers voor hulle troue verlede jaar.

    Julanie J verduidelik: “Die liedjie vertel bietjie van wie ons is en hoe ek oor hom voel. “Jy’s die stil van stilheid wat praat” – JP is vreeslik stil; praat nie `n woord nie maar as hy iets sê is dit gewoonlik baie toepaslik en in die kol. Ek kan myself soms heeltemal te ernstig opvat en hy het `n manier om my altyd te laat lag. Dis waar die lirieke “Jy`s die suiker in my koffie sodat ek nie bitter smaak” vandaan kom.

    Julanie J

    Daar is 10 oorspronklike liedjies op hierdie lieflike album insluitende die treffers van die afgelope jaar: Dalk is Ek, Sandkastele en Gegrond.  Julanie sien uit om die album met almal te deel: “Ek was nog nooit so trots op enigeiets nie. Ek is baie dankbaar teenoor Warner Music South Africa en die musikante en technici wat my in hierdie afgelope twee jaar vanaf Dalk is Ek se vrystelling tot nou toe help skep het. My beker loop ordentelik oor!”

    Meer inligting oor Julanie J

    Julanie J (wat onlangs haar 22ste verjaardag gevier het), het haar eerste liedjie op die ouderdom van 4 jaar geskryf en haar debuutalbum “Spirit Breakout” (2015) het binne 24 uur die Top 30 van die internasionale iTunes trefferlys gehaal. Sy is in 2016 vir n Mzanzi Christian Toekenning genomineer.

    Julanie J skryf ook vir verskeie ander kunstenaars en het al onder meer liedjies geskryf vir Lokua Kanza, sowel as vir Helmut Meijer AKA Calev, Sanet Lambrechtsen die sangeres Nadia Vorster. Haar Afrikaanse enkelsnitte wat in 2019 en 2020 uitgereik is het verskeie nommer 1 posisies gehaal. Huisgenoot het in `n resensie genoem dat sy beslis `n kunstenaar is om dop te hou.

    Jy kan Julanie J se album HIER stroom.

    Kyk die lyric video vir “Liefde Wat Ons Heelmaak” hier onder

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    NetfloristOfferforge

    Related Content:

    • Francois van Coke “En Vriende” EP nou beskikbaar
    • Jack Stone reik Eerste Afrikaanse EP uit
    • Van Der Aven Reik Eerste Afrikaanse snit “Heimwee” Uit
    • Lucinda Stel Eerste Solo Album Vry: “Uitgeskryf”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Julanie J Pop South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleJack Atlantic Announces New Single and Album
    Next Article Parable Fifteen Announce Release of New Single and Album
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read11 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Kunstenaar Profiele
    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Sheron

    Sheron

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read92 Views
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read44 Views
    SAMA 30
    November 4, 2024

    SAMA 30 Winners: The Complete List

    3 Mins Read210 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.