Die talentvolle sangeres en liedjieskrywer Julanie J se eerste Afrikaanse album Mooi het pas die lig gesien. Dit volg op die sukses van drie Afrikaanse enkelsnitte wat sy oor die afgelope jaar uitgereik het. Julanie vertel dat die liedjies op die vollengte album elk `n kort liefdesverhaal is. Sy sê: “Mooi se tema is selfondekking en elke liedjie vertel `n storie oor iets wat in my lewe gebeur het wat ek graag met ander wil deel.”
Meer inligting oor Julanie J se eerste Afrikaanse album
Die enkelsnit “Liefde wat ons heelmaak” is `n duet wat Julanie saam met die talentvolle sanger Ivan Roux opgeneem het. Julanie sê: “Ek is baie opgewonde oor hierdie liedjie. Ek mik altyd na internasionale produksie-gehalte en ek voel trots op wat ons met hierdie enkelsnit reggekry het. Die liedjie gaan oor n “break-up.” Een of ander tyd gaan meeste mense maar deur die ervaring van `n gebreekte hart. Dit was vir my `n voorreg om saam met Ivan Roux te kon sing. Met sy donker, warm stem het hy het hy die gevoel van hierdie lied perfek help oordra.”
Een van die snitte wat vir Julanie die naaste aan haar eie hart le is die lied “Arm.” Sy het dit vir haar man JP Chetty geskryf, nog iewers voor hulle troue verlede jaar.
Julanie J verduidelik: “Die liedjie vertel bietjie van wie ons is en hoe ek oor hom voel. “Jy’s die stil van stilheid wat praat” – JP is vreeslik stil; praat nie `n woord nie maar as hy iets sê is dit gewoonlik baie toepaslik en in die kol. Ek kan myself soms heeltemal te ernstig opvat en hy het `n manier om my altyd te laat lag. Dis waar die lirieke “Jy`s die suiker in my koffie sodat ek nie bitter smaak” vandaan kom.
Daar is 10 oorspronklike liedjies op hierdie lieflike album insluitende die treffers van die afgelope jaar: Dalk is Ek, Sandkastele en Gegrond. Julanie sien uit om die album met almal te deel: “Ek was nog nooit so trots op enigeiets nie. Ek is baie dankbaar teenoor Warner Music South Africa en die musikante en technici wat my in hierdie afgelope twee jaar vanaf Dalk is Ek se vrystelling tot nou toe help skep het. My beker loop ordentelik oor!”
Meer inligting oor Julanie J
Julanie J (wat onlangs haar 22ste verjaardag gevier het), het haar eerste liedjie op die ouderdom van 4 jaar geskryf en haar debuutalbum “Spirit Breakout” (2015) het binne 24 uur die Top 30 van die internasionale iTunes trefferlys gehaal. Sy is in 2016 vir n Mzanzi Christian Toekenning genomineer.
Julanie J skryf ook vir verskeie ander kunstenaars en het al onder meer liedjies geskryf vir Lokua Kanza, sowel as vir Helmut Meijer AKA Calev, Sanet Lambrechtsen die sangeres Nadia Vorster. Haar Afrikaanse enkelsnitte wat in 2019 en 2020 uitgereik is het verskeie nommer 1 posisies gehaal. Huisgenoot het in `n resensie genoem dat sy beslis `n kunstenaar is om dop te hou.
Jy kan Julanie J se album HIER stroom.
Kyk die lyric video vir “Liefde Wat Ons Heelmaak” hier onder
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Living in South Africa? Need to save up some moolah? Start investing today with Easy Equities, the simple and affordable platform for everyone. Access local and international stocks, ETFs, and more with no minimum investment required. Sign up now and take control of your financial future!