Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Featured
    • Categories
      • Interviews
      • Music News
      • Music Videos
      • Photo Of The Week
    • The SA Gig Guide
    • Buy us a Coffee!
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home » Music News » Jack Stone reik Eerste Afrikaanse EP uit

    Jack Stone reik Eerste Afrikaanse EP uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music News 5 ViewsNovember 19, 2020
    Share This With Your Friends Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Met die onlangse inperkperiode en maande aaneen se man-alleen worsteling in sy tuisstudio, keer die Kaapse rock talent, Jack Stone, terug na sy erfenis met sy eerste Afrikaanse EP Refleksie.

    NetfloristOfferforge

    Jack Stone vertel ons meer oor dit

    “Afrikaans is immers my moedertaal, en ek het onlangs ‘n nuwe verbintenis daarmee gevorm, een wat ek nou trots dra. Ek voel die tyd is nou ryp vir sielvolle Afrikaanse musiek en dat ek nou reg is om hierdeur myself waarlik met my luisteraars te deel.”

    Jack het die afgelope 14 jaar met sy vars klank, unieke stem en energieke styl sy merk tydsaam in die plaaslike musiekbedryf gemaak. Na sy vollengte Engelstalige album Walk On in 2012 het daar talle Engelse solo-snitte soos Blood Sweat & Years, Common Rejection (2014), The Rapture (2015) en Summer Love (2018) uit sy kreatiwiteit verskyn. So ook die mini-album Grace in 2011, met sy heel eerste EP onder die solo handel Jack Stone.

    Jack Stone en Die Bende

    Jack verkies dat sy musiek nie in ‘n boksie geplaas word nie

    “Wie weet, dalk skep Refleksie ’n splinternuwe vibe.” meen hy. Hy het wel ‘n ingebore passie vir verskeie genres en vind keer op keer sy inspirasie deur ‘n wye klank. Op eie bodem inspireer kunstenaars soos Francois van Coke, Ard Matthews en Arno Carstens (saam met wie hy ook al in die verlede opgetree het) hom, maar sy unieke styl bly onmiskenbaar. Met sy absolute aanleg vir ‘n verskeidenheid van instrumente (namens die kitaar, baskitaar en klavier) en liefde vir rou lirieke, is hierdie EP geen verbasing nie en merk beslis weer ’n klas van sy eie.

    Jack Stone se skryf proses is baie organies en daar is nooit ’n spesifieke formule of mark in gedagte nie

    “Dit sal dan kunsmatig wees; en oneerlik. Aan die einde van die dag is die musiek my eerste doelwit, en om my waarheid met my musiek aan my luisteraars oor te dra. Partykeer kan net ’n woord of sin my inspireer en ander kere ‘n gedagte of melodie. Die liedjies Vraagstuk, Dagbreek, Revolusie en Onthou Jy Nog, het byvoorbeeld hulself gekies in die tyd wat ek my wortels verken het, ek het bloot bloed en sweet bygevoeg.”

    Refleksie is die eerste deel van n volledige Afrikaanse album wat in gedeeltes vrygestel gaan word oor die volgende ses maande, en fokus op introspeksie, groei, en aanvaarding. Die album lê duidelik klem op Jack se klank as musikant en skrywer, maar daar is nog ‘n paar verrassings wat voorlê op die album en vorentoe, onder andere samewerking met kunstenaars soos Hunter Kennedy (Die Heuwels Fantasties, Fokofpolisiekar) op een van die liede op Refleksie.

    Saam met die vrystelking van Refleksie kan ondersteuners uitsien na vele musiek videos, onderhoude en optredes, asook (wanneer die inperk periode dit toelaat) landwye toere met ‘n volle band en produksie.

    Apart van Refleksie, werk Jack ook hard aan sy nuwe engelse vollengte album Forever These Years. Jack het reeds meeste van die liedjies hiervoor geskryf en die album is nou in sy pre-produksie fase. Sy voornemens is om hierdie album later vanjaar uit te reik gevolg deur ’n landswye konserttoer om die kollig met Refleksie te deel.

    Kyk die musiekvideo vir “Dagbreek” (een van die liedjies op die EP) hier onder:

    NetfloristOfferforge

    Kyk die liriekvideo vir “Vraagstuk” (nog ‘n liedjie van die EP af) hier onder:

    Jack Stone (en Die Bende) is tans op toer, maak seker jy kyk een van sy shows in ‘n bar / restaurant naby jou:

    Jack Stone & Die Bende

    Refleksie is beskikbaar op al jou gunsteling stroom dienste. Jy kan die EP HIER luister op Spotify.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.

    If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    RAMFest 2025 Desktop 728 Jack Stone reik Eerste Afrikaanse EP uit
    Afrikaans Cape Town Jack Stone South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleRuff Majik share lyric video for “Gregory”
    Next Article TiMO ODV Releases Highly Anticpated EP: “Midnight Children”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Jack Stone Featured
    By Henno KrugerJuly 28, 2023

    Jack Stone Releases New Single: “My Obsession”

    2 Mins Read39 Views
    Van Der Aven - Heimwee
    By Henno KrugerJune 12, 2022

    Van Der Aven Reik Eerste Afrikaanse snit “Heimwee” Uit

    3 Mins Read32 Views
    Lucinda Uitgeskryf
    By Henno KrugerJuly 6, 2021

    Lucinda Stel Eerste Solo Album Vry: “Uitgeskryf”

    2 Mins Read9 Views
    Julanie J Photo by Willem Botha
    By Henno KrugerSeptember 11, 2020

    Julanie J se eerste Afrikaanse (“Mooi”) is nou beskikbaar

    3 Mins Read13 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    Volg ons
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • WhatsApp
    • TikTok
    • Spotify
    Nog Afrikaanse Artikels
    Tino
    May 17, 2025

    Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Rosie Rosie”

    3 Mins Read11 Views
    Jacobus
    May 16, 2025

    Jacobus Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Gat in jou sak”

    4 Mins Read10 Views
    Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees
    May 15, 2025

    Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees Vier 20 Jaar

    4 Mins Read12 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Alice Phoebe Lou
    May 19, 2025

    Alice Phoebe Lou Releases New Single: “The Surface”

    3 Mins Read17 Views
    Koki The Mic
    May 17, 2025

    Koki The Mic releases new single: “Ra Tsena”

    2 Mins Read11 Views
    Jann Klose
    May 17, 2025

    Jann Klose releases new single: “When I’m With You”

    2 Mins Read12 Views
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    RAMFest Halloween Edition Featured
    April 25, 2025

    RAMFest Halloween Edition: Everything you should know

    2 Mins Read220 Views
    The Color Blew
    February 5, 2024

    An Interview With The Color Blew

    8 Mins Read65 Views
    Travis Scott
    March 25, 2025

    Travis Scott is heading to South Africa in October 2025!

    3 Mins Read134 Views
    Teken in op Ons Nuusbrief

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Nuutste Kommentaar
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Unveil New Single: “Leave”
    • Virgin Music Group South Africa on BabyMomo Drops Amapiano Anthem: “Ngizo Phumelela”
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Unveils New Album: “Goodbye My Love”
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.