Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Janie Bay reik “Jammer” enkelsnit uit

    Janie Bay reik “Jammer” enkelsnit uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 4 ViewsApril 24, 2020
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die gewilde sangeres Janie Bay se musiek het sedert 2019 reeds meer as `n miljoen keer op digitale platforms gestroom. Janie Bay se nuutste enkelsnit “Jammer” is pas deur Warner Music South Africa uitgereik.

    NetfloristOfferforge

    Janie Bay vertel dat “Jammer” letterlik binne 10 minute op papier beland het

    “Ek het vir `n paar weke rondgeloop met `n baie sterk emosie en toe ek uitendelik gaan sit om dit neer te skryf, het dit baie vinnig gebeur. Sommer so met my oggend koffie. “Jammer” is `n woord wat elkeen van ons al wou sê of gesê het, maar hoekom is dit altyd so moeilik? Ek het “Jammer” geskryf vir iemand wie ek seer gemaak het. Met hierdie liedjie en ook die video, deel ek my gevoelens oop en bloot. Dit is nooit te laat om jammer te sê nie. Ek het ook met die skrywe daarvan al geweet dat hierdie my volgende enkelsnit moet wees.”

    Janie Bay - Jammer

    Die produksie van “Jammer” is deur Ewald Janse van Rensburg en Dolf Willemse by Popkult behartig.

    Janie Bay vertel dat dit fynwerk gekos het om die liedjie klaar op te neem voordat die staat van inperking begin het

    “Ek het ‘n paar dae voor ons president ons lockdown aangekondig het deurgery Potchefstroom toe om binne 2ure die vocals vir “Jammer” op te neem. Terselfdetyd moes ek ook aan `n musiekvideo dink.”

    “Daar was eers sprake van `n selfoon video, maar dit sou moeilik wees om dit self mooi te doen. Ek het met die talentvolle fotograaf Henry Marsh gereël om nog betyds `n musiekvideo te kan maak. Hy het ingstem om dit saam met my op kort kennisgewing te doen.”

    Janie Bay

    “Die opneem vd liedjie en die maak van die video het alles so blitsvinnig gebeur. Ek is baie gelukkig met hoe dit klink en lyk. Die liedjie het so lekker gevloei en met die maklike skryf daarvan maak dit eindelik vir my sin dat die res van die proses ook ten einde so maklik was – al was daar `n ander rede vir die kort tydlyn.”

    “Vir die video het ons met so min as moontlik gewerk om die emosie te kon wys, baie “stripped down.” Ek dink dit is ongelooflik wat mens kan uitrig wanneer jy jou hart volg; wanneer jy weet iets is bedoel om te wees en om dit dan te deel met die wêreld.”

    Janie Bay het in 2019 talle nuwe aanhangers met haar Afrikaanse musiek gewerf. Haar twee Afrikaanse enkelsnitte “Amper Daar” en “Die Heelal” wat verlede jaar uitgereik is, het volgens RadioMonitor.com reeds gesamentlik meer as 2 000 keer op Suid-Afrikaanse radio stasies gespeel.

    Beide liedjies het op verskeie trefferlyste verskyn: “Amper Daar” was no 1 op Maroela Media en Grootfm en “Die Heelal” het die nommer 1 posisie op Bok Radio se Top 20 gehaal. Die video van “Die Heelal” wat Janie Bay saam met die gewilde rapper Early B opgeneem het,  is alreeds meer as 190 000 keer op Youtube gekyk.

    featured event

    “Jammer” is beskikbaar op alle gewilde digitale musiekplatforms.  Kyk die musiekvideo hier onder…

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Janie Bay en Danie Reënwolf reik “Ek Glo Nog In Jou” uit
    • Janie Bay reik “Amper Daar” uit
    • Janie Bay reik nuwe akoestiese album uit: “In die Sitkamer.”
    • Janie Bay reik nuwe album uit: “Prisma”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Jammer Janie Bay New Music Pretoria South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleDie Heuwels Fantasties reik “Ons moet Leef” enkelsnit en video uit
    Next Article Go The Rodeo stel “Dowe Ore” vry
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read6 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read9 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read15 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Spoegwolf en Kurt Darren Featured

    Spoegwolf & Kurt Darren in JHB – 26 Oktober 2025

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Kunstenaar Profiele
    Sheron

    Sheron

    Majozi

    Majozi

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    The Color Blew
    February 5, 2024

    An Interview With The Color Blew

    8 Mins Read72 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read12 Views
    Gareth Haze
    May 13, 2025

    An Interview With Gareth Haze

    8 Mins Read21 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.