Johannesburg gebaseerde alternatiewe electro-rock trio, Go The Rodeo, het hul debuut Afrikaanse enkelsnit, “Dowe Ore”, gepaard met ‘n aandag trekkende video vrygestel.
Dit beklemtoon die verwoesting wat renoster stroping en onwettige wildhandel in Suid Afrika saai, die kwellende uitbeeldings voorsien ‘n weldeurdagte agtergrond vir ‘n ware Suid Afrikaanse meesterstuk.
Go The Rodeo Sanger en kitaarspeler Corné van Niekerk lewer kommentaar oor die inspirasie vir “Dowe Ore”
“Die idee was om afstand te neem van my ego, en ‘n probleem te benader wat ons almal affekteer, veral as Suid Afrikaners. As ‘n groep het ons nog altyd ‘n sterk standpunt teen stroping gehad, en ons wou hierdie geleentheid aangryp om omgewingsbewustheid te versprei.”
“Ek dink dat mense al hoe meer ongevoelig is teenoor stroping en ander omgewings probleme, daarom het ek besluit om rolle om te ruil, in die hoop dat mense beter daarmee kan resoneer.”
“Die idee om in Afrikaans te skryf is baie persoonlik vir my, en ek het my tyd gevat om die lirieke te verfyn sodat dit nie generies of afgesaag voor kom nie. Baie mense sal nie Afrikaans verstaan nie, maar ek glo dat die musiek video a globale boodskap het.”
Go The Rodeo se “Dowe Ore” is nou beskikbaar op alle digitale platforms.
In my opinie is dat “Dowe Ore” defnitief een van die beste Afrikaanse liedjies wat in 2020 uitgereik is. Nie sleg vir ‘n band wat gewoonlik musiek in Engels uitreik nie. Ek is nuuskierig om te sien of die laaities vir ons nog Afrikaanse liedjies gaan vrystel. Dit mag dalk net ‘n goeie ding wees…
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Living in South Africa? Access your money quickly and earn high interest with Kastelo! Enjoy near-instant access to your funds while earning over 7% interest! Unlike long-term investments their fintech enables daily lucrative returns! Why wait? Sign up NOW!