Margaret’s Daughter het hulle nuuste snit “Worsteling” vrygestel. Indien julle nie geweet het nie, die groep bestaan uit Ami (‘n liedjieskrywer en sangeres) en Etienne Ghyoot (‘n multi-instrumentalis en produksie-leier).
Hierdie kitaar duo is geen nuweling tot die musiekbedryf nie. Hul maak al vir etlike jare lank saam musiek en pronk met verskeie albums en liedjies op die speellyste van Suid-Afrikaanse radio stasies.
Meer inligting oor Margaret’s Daughter
Margaret’s Daughter is hoofsaaklik as ‘n Engelse groep bekend, maar het ook al musiek in hul moedertaal vrygestel. Hul “show” is geslyp en verfyn deur honderde optredes regoor Suid-Afrika asook internasionale optredes in Spanje, Engeland, Mexiko en Mosambiek.
Die gekoordineerde kitaarspel en indrukwekkende harmonieë wat oor die jare sinoniem geword het met Margaret’s Daughter, is ook duidelik herkenbaar in hul Afrikaanse musiek.
Hul Afrikaanse snitte is oorwegend luister-liedjies, en vind aanklank by ‘n “Adult Contemporary” mark. Die lirieke is sinvol en handel dikwels oor die dieper dinge in die lewe, sonder om swaar te wees. Dus, ligte musiek met ‘n klein bietjie meer om die lyf.
Meer inligting oor “Worsteling”
Die duo se nuutste enkelsnit “Worsteling“ is geen uitsondering nie. Soos gewoonlik, het die groep self al die opnames en verwerkings behartig, en al die instrumente bespeel.
Die liedjie handel oor ‘n tweestryd; een wat ons almal so goed ken: volg jy jou hart of jou verstand? Die groep se passievolle vertolking van die sensitiewe onderwerp maak dat die lied jou met eerste oogopslag aangryp. Dit het ’n universele boodskap, wat die luisteraar kan troos en/of aanmoedig – afhangende natuurlik van die posisie waarin hul hulself bevind.
Sit terug, en word meegesleur deur “Worsteling”. Dis beskikbaar op alle digitale platforms, so stroom / koop dit NOU!
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.