“Ons Moet Leef”, die splinternuwe Die Heuwels Fantasties enkelsnit is hier! ‘n Musiekvideo is ook vir die enkelsnit uitgereik.
Die Heuwels Fantasties se liedjies is al vir jare deel van die SA musiek-kultuur en die sukses van die onlangse enkelsnit uitreikings “Jy Stel My Teleur” en die “Mejuffrou Sonneblom” het weereens bewys dat DHF ongetwyfeld een van ons mees talentvolle en geliefde Afrikaanse groepe is.
Dit is dan ook die merkwaardige ding van Die Heuwels. Net sodra mens dink dit kan nie beter nie, kom hulle met net nog iets ongewoon-treffend vorendag. “Ons moet Leef” is een van daardie buitengewone liedjies wat alreeds vlamvat onder aanhangers.
Fred den Hartog veduidelik hoe “Ons Moet Leef” ontstaan het
“Hierdie song is op `n warm dag by ‘n hotel-swembad in Pretoria gebore. Ampie Du Preez en Hunter Kennedy is ou vriende- so dit was net ‘n kwessie van tyd voor die Heuwels iets saam met Ampie sou doen.”
“Na ‘n paar biere en ‘n paar flou grappies het ek my kitaar opgetel en saam met Pierre, Hunter en Ampie begin sing en skryf. Ons Moet Leef – sê Hunter. Ons moet leef, ons moet lewe, ons moet leer om mekaar te vergewe. Dit is ‘n liedjie oor versoening, samesyn, vriendskap en om in die hier en nou te kan wees.”
Vir die maak van “Ons moet Leef” se video het DHF via sosiale media gevra dat mense tuisvideos instuur vir moontlike oorweging vir gebruik in die storielyn.
Hunter Kennedy verduidelik hoe dit gebeur het
“Ons het aanvanklik gedink ons moet nou maar net onsself afneem tydens lockdown terwyl ons lawwe goed doen en toe besef ons, maar almal anders is ook verveeld.”
“So hoekom speel ons dan maar nie almal saam nie? Ons is nuuskierig om te weet wat ander mense doen, want julle weet mos, lockdown is nie so moeilik nie, maar dis ook nie so maklik nie. Daar was `n hele paar inskrywings. Dankie aan almal en geluk aan dié wie se videos dit gemaak het. Ons love die finale video!”
Die musiekvideo is propvol mense wat betrokke is in die SA musiek en vermaaklikheids bedryf. Op ‘n vinnige glance het vir Francois Van Coke, Jaco Van Der Merwe (Bittereinder), Peach Van Pletzen (Bittereinder & Van Pletzen), Schalk Bezuidenhout en Radio Raps gewaar. Eks dood seker ek het ‘n paar mensies gemis 😀
Kyk die video vir “Ons Moet Leef” hier onder:
“Ons moet Leef”, sowel as “Jy Stel My Teleur” en “Mejuffrou Sonneblom” is van die snitte op Die Heuwels Fantasties se vollengte album “2021” wat op 22 Mei uitgereik word. Die album bestaan uit 15 nuwe liedjies en is opgeneem by Sunset Recording Studios in Stellenbosch.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.