Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    SA Gig Guide
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Glimlag Fees sprei sy vlerke na die Jakarandastad

    Glimlag Fees sprei sy vlerke na die Jakarandastad

    Henno KrugerBy Henno Kruger2 Mins Read Music News 58 ViewsMarch 28, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Na die reuse sukses wat die immergewilde Glimlag Fees – wat in Benoni plaasvind – die afgelope twee jaar gewys het, was dit ’n groot droom om dié fees – en die kwaliteit waarmee feesgangers én kunstenaars bederf word – vlerke te gee.

    NetfloristOfferforge

    Dié droom is bewaarheid en vanjaar is dan dus die eerste keer wat dié fees ook in Pretoria aangebied gaan word – op Saterdag, 1 Junie by die Voortrekkermonument.

    Glimlag Fees - Pretoria

    Die hardeware-kleinhandelaar groep, Power Build, is hoofborg van die Glimlag Fees in Pretoria en glo dat hulle só ook hul bydrae tot die Afrikaanse industrie kan lewer.

    “Ons is baie opgewonde om hande te kon neem met die Glimlag Fees-span en dit na Pretoria te bring,” het Armand Feldtmann, besturende direkteur van Power Build, gesê.

    Volgens hom is dit ook hoe Power Build hul dank aan die Pretoria-gemeenskap bewys vir hul ondersteuning.

    Vir Danie van Deventer, eienaar van die Glimlag Fees en Elite Tents, is dit ’n droom wat waar word om ’n tweede Glimlag Fees aan te bied. “Ons het ’n standaard vir feesgangers in Benoni geskep en wil nou Pretorianers bederf met dieselfde ondervinding as wat in Benoni ervaar word,” het hy gesê.

    “Daar is baie musiek-aanbiedinge in die Pretoria-omgewing, maar wat die Glimlag Fees laat uitstaan is die ervaring wat gegee word en dat daar aan elke klein detail gedink word,” het Wian Smith-Venter, stigter en uitvoerende hoof van The Marketing Zoo, gesê.

    Meer inligting oor Glimlag Fees

    Kunstenaars soos Karen Zoid, Francois van Coke, Martin Bester, Eloff, West, Kurt Darren, Chris Steyn, Tasché en Pieter Koen is reg om feesgangers te bederf.

    Met Familiedag om die draai is daar boonop ’n groot verassing: Juis omdat die Glimlag Fees die hele familie wil laat saamkuier, kan jy vanaf Vrydag, 29 Maart 2024 om 00:00 tot en met Maandag, 1 April 2024 23:55 tot R500 spaar!

    Koop vier algemene toegangskaartjies en kry twee algemene toegangskaartjies ABSOLUUT GRATIS. Maak gebruik van dié aanbod en spaar bykans R500! Dis reg, 6 kaartjies in totaal en betaal vir slegs 4. Moenie uitmis nie! Bespreek HIER!

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Like what we do? Support us! Buy us Coffee and help us to bring more content to you.

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    featured event

    011 Festival Glimlag Fees sprei sy vlerke na die Jakarandastad

    Afrikaans Festivals Glimlag Fees Pretoria South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleSum 41 at Oppikoppi 2011 (Photo Of The Week)
    Next Article Rowan Zerf vang die vakansiegees met “Net Hier Om Te Tan”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Die Skynmaagde
    By Henno KrugerFebruary 16, 2023

    Die Skynmaagde vier die aakligheid van grootmens-wees

    1 Min Read70 Views
    Pierre Greeff - Plekkie in die Son Video
    By Henno KrugerApril 11, 2021

    Die Heuwels Fantasties reik “Plekkie in die Son” video uit

    3 Mins Read15 Views
    Jack Parow BnW by Allister Christie Jack Parow kry sy eie fees in Nederland
    By Henno KrugerApril 7, 2017

    Jack Parow kry sy eie fees in Nederland

    3 Mins Read3 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Ruderick Heuer
    September 6, 2025

    Ruderick Heuer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Skree Vir Altyd”

    3 Mins Read35 Views
    Gian Groen Artist
    September 5, 2025

    Gian Groen Reik “Gita-Blom” Uit

    3 Mins Read8 Views
    Leo Sonskyn
    September 5, 2025

    Leo Sonskyn Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Tyd Vir Alles”

    4 Mins Read21 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Prime Circle Band
    September 6, 2025

    Prime Circle Releases New Single: “Calling All Angels”

    3 Mins Read21 Views
    Phil Gregory
    September 6, 2025

    Phil Gregory Releases New Single: “Footprint”

    2 Mins Read16 Views
    Veranda Panda
    September 5, 2025

    Veranda Panda Ascends with brand-new EP: “Ascension”

    3 Mins Read10 Views
    Goeters Om Te Doen
    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Jamie Fine

    Jamie Fine September/October 2025 South African Tour

    Francois Van Coke en Vriende

    Francois Van Coke & Vriende 2025

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Kunstenaar Profiele
    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Sheron

    Sheron

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    "Featured" Artikels
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read101 Views
    ULTRA South Africa 2025
    May 14, 2025

    ULTRA South Africa Celebrates 10 Years With Sold-Out Shows

    3 Mins Read22 Views
    Gareth Haze
    May 13, 2025

    An Interview With Gareth Haze

    8 Mins Read16 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    • David Devo Oosthuizen on Marene Drops Explosive EP: “Nevermine”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.