Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Fokofpolisiekar maak Geskiedenis in 9 dae

    Fokofpolisiekar maak Geskiedenis in 9 dae

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music News 5 ViewsApril 4, 2017
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Indien jy dalk onder ‘n rots gelewe het vir die laaste week of so, Fokofpolisiekar het op 22 Maart 2017 ‘n skarebevondsingsveldtog geloods via Thundafund om geld in te samel vir hul eerste vollengte album in 11 jaar. Hul droomteiken was om R500 000 in te samel. Hierdie bedrag is gestel om produksie onkostes te dek, die album te laat druk, musiekvideos te maak, en om bemarkings-, skarebevondsing- en ander uitgawes te dek.

    NetfloristOfferforge

    Die groep se aanhangers het met vuur gereageer en twee rekords het vinnig gewaai. Volgens Thundafund het die groep die meeste geld binne 48 uur by hulle ingesamel en het hulle ook die meeste fondse vir ‘n album ingesamel in Suid-Afrika. Binne slegs 9 dae het Fokofpolisiekar hul droomteiken van R500 000 oorskry en hierdie bedrag groei by die uur soos aanhangers aanhou om geld te belowe vir ‘n album wat hulle klaarblyklik enige iets sal voor doen om dit gemaak te kry.

    “Ons was Vrydagmiddag in ekstase toe ons R500 000 geslaan het. Die veldtog het met ‘n ‘bang’ afgeskop en die fondse het net bly instroom. Dit het by tye skoon onwerklik gevoel. Ons is ongelooflik dankbaar vir ons fans se ondersteuning. Ons is nou baie opgewonde om ‘n ‘killer’ album te maak,” sê Francois van Coke.

    Fokofpolisiekar Band

    Ek moet erken dat die Fokof fan binne my GEWEET het dat hulle hierdie mylpaal sou behaal. Fokofpolisiekar se fanbase is passievol en is die main rede hoekom hierdie Belville orkes so gewild geraak het oor die laaste 14 jaar. As mense hoor Fokofpolisiekar speel by ‘n venue in hulle dorp of stad, polish hulle hulle partytjie skoentjies, lees op hoe mens effektief kan mosh en breek hulle spaarvarkies sodat hulle nie daai vertoning misloop nie.

    Teen Dinsdagoggend, 4 April, het Fokofpolisiekar reeds oor die R570 000 ingesamel en daar is nogsteeds 47 dae van hierdie veldtog oor. Die lede het geweet dat dit deesdae baie moeilik is om mense te kry om musiek te koop en juis daarom het hulle so baie ander belonings by hulle skarebevondsing ingesluit. Die stand van sake “Ons besef dat album verkope op ‘n ‘all-time low’ is en dis een van die redes hoekom ons besluit het om die ‘crowdfunding’ roete te loop. Om jou uitgawes op ‘n album terug te maak is amper onmoontlik, veral vir ‘n band wat nie hoofstroom musiek maak nie,” sê Jaco S. Venter.

    Dit is interessant om te sien dat van die R570 000 wat ingesamel is, maar slegs 446 eenhede van die opkomende album verkoop is. Dit is slegs ‘n totaal van R61 580 wat deur album verkope ingesamel is. “Dis mal dat album verkope so ‘n klein deel uitmaak van die geld wat ons ingesamel het. Maar ons het dit verwag. Dit bevestig die toestand van die musiekindustrie en dat ons die regte roete gegaan het. As ons R500 000 op hierdie projek spandeer het en ons die geld moes terugmaak deur album verkope, sou ons geskoef gewees het,” sê Wynand Myburgh, die groep se bestuurder en baskitaarspeler.

    Johnny de Ridder sê dat hulle uiters dankbaar is aan hulle lojale ondersteuners en “die intense liefde wat hulle aan ons wys. Ons het glad nie verwag om so baie geld in so min tyd in te samel nie. Of dit nou T-hempde or getekende plakkate is wat verkoop is, dis gedoen en ons is dankbaar. Nou wil ons vir goud gaan!”

    Fokofpolisiekar mik vir ‘n nuwe teiken Juis om die rede het die groep 'n nuwe doel rondom die skarebevondsing. Hulle wil probeer om meer eenhede van die album te verkoop in die volgende 47 dae. Hulle sal graag Goud status wil bereik met voorverkope van 15 000 eenhede vanaf hul Thundafund-blad. In die 14 jaar van hul bestaan het hulle nog nooit ‘n Goue album gehad nie.

    Fokofpolisiekar moedig almal aan om die stap te neem en hulle verder te ondersteun deur die album vooraf te bestel. Die digitale mp3 album is te kry vir R80, die fisiese CD kos slegs R100 en plaat kan vooraf bestel word teen R350 (slegs ‘n beperkte aantal is beskikbaar).

    NetfloristOfferforge

    Fokofpolisiekar maak ‘n belofte aan hul fans Die groep wil ook ‘n belofte maak aan hul aanhangers. As hulle R700 000 insamel, sal hulle ‘n gratis vertoning in Kaapstad lewer (op ‘n ‘first come first serve’ basis) en as hulle R800 000 insamel sal hulle ‘n gratis vertoning in Gauteng lewer (ook op ‘n ‘first come first serve’ basis).

    As julle nog geld wil donate vir hierdie veldtog, besoek http://www.fokofpolisiekar.co.za/fund

    As jy die Bende wil live sien in April, check hulle uit by een van hierdie shows:

    • 15 April 2017 -Afrikaans Rock VOL 2 – Shimmy Beach Club, Kaapstad
    • 21 April 2017 – Wilgenhof Residence, Stellenbosch
    • 26 April 2017 – Madisons Avenue & Presleys Pretoria Tent Party.
    • 27April 2017 – Margate Main Beach

    Volg Fokofpolisiekar by hierdie skakels aanlyn: 

    • Website: fokofpolisiekar.co.za
    • Facebook: facebook.com/fokofpolisiekarband
    • Twitter: @fokofband
    • Instagram: fokofpolisiekar

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Content:

    • Fokofpolisiekar Maak SA Musiek Geskiedenis
    • Fokofpolisiekar reik “Die goeie ou dae” Musiekvideo uit
    • Van Pletzen reik nuwe album uit: “Om lig te maak”
    • Fokofpolisiekar reik “Dans deur die donker” album uit

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Crowd Funding Fokofpolisiekar Nuwe Album Punk Rock Rock South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleNew State Society Single Released
    Next Article Jack Parow kry sy eie fees in Nederland
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read6 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read9 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read9 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    Kunstenaar Profiele
    Craig Lucas

    Craig Lucas

    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read106 Views
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read110 Views
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read65 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.