Twintig jaar terug het Fokofpolisiekar hul eerste album, As jy met vuur speel sal jy brand, uitgereik en die landskap van die Afrikaanse kultuur onherroeplik ontwrig.
En nou’s dit ses jaar later vandat hulle hul vorige vollengte album, Selfmedikasie, uitgereik het. Vandag (7 Desember 2023) stel Die Bende hul vyfde vollengte album, Dans deur die donker vry, en dit is die een Fokofpolisiekar album waarvoor hul ondersteuners gewag het.
“Die album klink soos my mid-90’s CD wallet wat in 2023 internet access gekry het.” vertel Hunter Kennedy
Volgens Wynand Myburgh (baskitaarspeler en bestuurder van die groep) het hierdie album “die perfekte balans van wat al vyf lede van die groep wou hoor op ‘n nuwe Fokofpolisiekar album.’’
En oudergewoonte skroom Fokofpolisiekar nie om ongemaklike onderwerpe in die gesig te vat met hierdie album nie. Soos byvoorbeeld met die snit, “Die goeie ou dae”: “Ek wou die kognitiewe vooroordeel uitlig van mense wat verlang na die ‘ou’ Suid-Afrika.” vertel die liriekskrywer Hunter Kennedy.
Hunter Kennedy deel sy beskrywings van die snitte op Fokofpolisiekar se Dans deur die donker:
1. Ctrl+Alt+Delete: “Ek wonder soms hoekom die programmeerder van hierdie simulasie nie net Ctrl + Alt + Delete druk nie.”
2. Ek voel so klein: “Ons mense dink ons is darem baie slim. Maar hoe slim is ons nie?”
3. Die goeie ou dae: “Jy is hier as gevolg van almal wat voor jou was.”
4. Word wakker word groot: “Partykeer voel dit vir my of ons die robotte is.”
5. Breindrein: “Oud word is nie vir sissies nie.”
6. Dans deur die donker: “Jou keuses is: ineenkrimp van vrees of dans deur die donker.”
7. Dis nie nodig om my polse te sny nie: “‘n Positiewe uitkyk is kardinaal in die eindtye.”
8. Fok rond: “Basies die kreet van die mensdom as geheel.”
9. Goue drol: “Wanneer jy besef materiale belonings is nie jou siel werd nie.”
10. Die gees van Fokof: “Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.”
11. Oorgestimuleer: “Voorkoming is beter as genesing.”
12. Die einde: “Niemand kon al die einde van die wêreld akkuraat voorspel nie… Nog nie.”
Fokofpolisiekar se skarefinansieringsveldtog
Soos met Selfmedikasie, is die Dans Deur Die Donker album moontlik gemaak deur Die Bende se aanhangers wat items gekoop het vanaf fokof.store of donasies gemaak het. Met Selfmedikasie se skarefinansieringsveldtog was die doel van R500 000 in 2017 verdubbel. En in 2023 is Fokofpolisiekar se verwagtinge weereens oorskry.
Wynand vertel: “Ons wou graag weer die Fokof community betrek by die album creation en daar is geen beter manier as ‘n crowdfunding campaign nie. Die doel was om R250 000 se net profeit in te samel (+/- R650000 gross) en ons het geëindig by R262 350. Dankie aan almal wat betrokke geraak het. Julle weet wie julle is.”
Fokofpolisiekar {Woorde 2003 – 2023}
Fokofpolisiekar {Woorde 2003 – 2023} is die opgedateerde en voltooide weergawe van al Die Bende se woorde in ‘n digbundel formaat. Dis basies 20 jaar en 80 liedjies in ‘n 128-bladsy bundel vasgevang. Die bundel sluit ook die lirieke in vanaf die nuwe album getiteld Dans deur die donker en kan vooraf bestel word by fokof.store.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Living in South Africa? Need to save up some moolah? Start investing today with Easy Equities, the simple and affordable platform for everyone. Access local and international stocks, ETFs, and more with no minimum investment required. Sign up now and take control of your financial future!