Indien jy dalk onder ‘n rots gelewe het vir die laaste week of so, Fokofpolisiekar het op 22 Maart 2017 ‘n skarebevondsingsveldtog geloods via Thundafund om geld in te samel vir hul eerste vollengte album in 11 jaar. Hul droomteiken was om R500 000 in te samel. Hierdie bedrag is gestel om produksie onkostes te dek, die album te laat druk, musiekvideos te maak, en om bemarkings-, skarebevondsing- en ander uitgawes te dek.
Die groep se aanhangers het met vuur gereageer en twee rekords het vinnig gewaai. Volgens Thundafund het die groep die meeste geld binne 48 uur by hulle ingesamel en het hulle ook die meeste fondse vir ‘n album ingesamel in Suid-Afrika. Binne slegs 9 dae het Fokofpolisiekar hul droomteiken van R500 000 oorskry en hierdie bedrag groei by die uur soos aanhangers aanhou om geld te belowe vir ‘n album wat hulle klaarblyklik enige iets sal voor doen om dit gemaak te kry.
“Ons was Vrydagmiddag in ekstase toe ons R500 000 geslaan het. Die veldtog het met ‘n ‘bang’ afgeskop en die fondse het net bly instroom. Dit het by tye skoon onwerklik gevoel. Ons is ongelooflik dankbaar vir ons fans se ondersteuning. Ons is nou baie opgewonde om ‘n ‘killer’ album te maak,” sê Francois van Coke.
Ek moet erken dat die Fokof fan binne my GEWEET het dat hulle hierdie mylpaal sou behaal. Fokofpolisiekar se fanbase is passievol en is die main rede hoekom hierdie Belville orkes so gewild geraak het oor die laaste 14 jaar. As mense hoor Fokofpolisiekar speel by ‘n venue in hulle dorp of stad, polish hulle hulle partytjie skoentjies, lees op hoe mens effektief kan mosh en breek hulle spaarvarkies sodat hulle nie daai vertoning misloop nie.
Teen Dinsdagoggend, 4 April, het Fokofpolisiekar reeds oor die R570 000 ingesamel en daar is nogsteeds 47 dae van hierdie veldtog oor. Die lede het geweet dat dit deesdae baie moeilik is om mense te kry om musiek te koop en juis daarom het hulle so baie ander belonings by hulle skarebevondsing ingesluit. Die stand van sake “Ons besef dat album verkope op ‘n ‘all-time low’ is en dis een van die redes hoekom ons besluit het om die ‘crowdfunding’ roete te loop. Om jou uitgawes op ‘n album terug te maak is amper onmoontlik, veral vir ‘n band wat nie hoofstroom musiek maak nie,” sê Jaco S. Venter.
Dit is interessant om te sien dat van die R570 000 wat ingesamel is, maar slegs 446 eenhede van die opkomende album verkoop is. Dit is slegs ‘n totaal van R61 580 wat deur album verkope ingesamel is. “Dis mal dat album verkope so ‘n klein deel uitmaak van die geld wat ons ingesamel het. Maar ons het dit verwag. Dit bevestig die toestand van die musiekindustrie en dat ons die regte roete gegaan het. As ons R500 000 op hierdie projek spandeer het en ons die geld moes terugmaak deur album verkope, sou ons geskoef gewees het,” sê Wynand Myburgh, die groep se bestuurder en baskitaarspeler.
Johnny de Ridder sê dat hulle uiters dankbaar is aan hulle lojale ondersteuners en “die intense liefde wat hulle aan ons wys. Ons het glad nie verwag om so baie geld in so min tyd in te samel nie. Of dit nou T-hempde or getekende plakkate is wat verkoop is, dis gedoen en ons is dankbaar. Nou wil ons vir goud gaan!”
Fokofpolisiekar mik vir ‘n nuwe teiken Juis om die rede het die groep 'n nuwe doel rondom die skarebevondsing. Hulle wil probeer om meer eenhede van die album te verkoop in die volgende 47 dae. Hulle sal graag Goud status wil bereik met voorverkope van 15 000 eenhede vanaf hul Thundafund-blad. In die 14 jaar van hul bestaan het hulle nog nooit ‘n Goue album gehad nie.
Fokofpolisiekar moedig almal aan om die stap te neem en hulle verder te ondersteun deur die album vooraf te bestel. Die digitale mp3 album is te kry vir R80, die fisiese CD kos slegs R100 en plaat kan vooraf bestel word teen R350 (slegs ‘n beperkte aantal is beskikbaar).
Fokofpolisiekar maak ‘n belofte aan hul fans Die groep wil ook ‘n belofte maak aan hul aanhangers. As hulle R700 000 insamel, sal hulle ‘n gratis vertoning in Kaapstad lewer (op ‘n ‘first come first serve’ basis) en as hulle R800 000 insamel sal hulle ‘n gratis vertoning in Gauteng lewer (ook op ‘n ‘first come first serve’ basis).
As julle nog geld wil donate vir hierdie veldtog, besoek http://www.fokofpolisiekar.co.za/fund
As jy die Bende wil live sien in April, check hulle uit by een van hierdie shows:
- 15 April 2017 -Afrikaans Rock VOL 2 – Shimmy Beach Club, Kaapstad
- 21 April 2017 – Wilgenhof Residence, Stellenbosch
- 26 April 2017 – Madisons Avenue & Presleys Pretoria Tent Party.
- 27April 2017 – Margate Main Beach
Volg Fokofpolisiekar by hierdie skakels aanlyn:
- Website: fokofpolisiekar.co.za
- Facebook: facebook.com/fokofpolisiekarband
- Twitter: @fokofband
- Instagram: fokofpolisiekar
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.