Goeie Nuus! Fokofpolisiekar het gister wakker geword en soos ‘n miljoen Rand gevoel! Op die aand van die 16de Mei 2016 het hierdie rock band ‘n rekord bedrag van R1 miljoen bereik met hulle Thundafund crowdfunding veldtog.
Hierdie bedrag is onbeskryflik hoog vir ‘n veldtog soos die in Suid-Afrika. Dis die meeste geld wat al ingesamel is vir ‘n crowdfunding veldtog in die land. Patrick Schofield van Thundafund het vir Fokofpolisiekar en hulle fans geluk gewens met hierdie mylpaal. “Die skare het gepraat”.
Daar is net 3 dae oor in die veldtog en Fokofpolisiekar het hulle oorspronklik teikenbedrag vir fonds insameling vir hulle nuwe album verdubbel! Sover het 1300 passievolle fans die veldtog ondersteun en Lush Festival en Converse het R100,000 elk bygedra.
Die sukses van hierdie veldtog is amazing. Dit is ‘n bewysstuk van watse potensiaal bereik kan word in die SA Musiek industrie en WAT Fokof fans bereid is om te doen om nuwe musiek te hoor van hulle kant af.
Om hulle dankbaarheid te bewys, het die Die Bende vir Kaapstad ‘n gratis show gegee (nadat hulle die R700K mylpaal bereik het). Die gratis vertoning gebeur by Mercury Live in Kaapstad op die 25ste Mei. Gauteng kry ook ‘n gratis show want hulle het die R800k mylpaal bereik. Details hieroor sal nog beskikbaar gemaak word in die nabye toekoms.
Die band fokus nou om die songs vir die album (wat in Oktober vrygestel gaan word) klaar te skryf voordat hulle in die recording studio ingaan in Junie. Die ouens hang gereeld uit en werk hard om hulle eerste vol lengte album in 11 jaar uit te bring.
“Ons skryf genoeg musiek waarvan ons hou en waarvan ons sal hou om te luister. Dis hoe ons dit nog altyd gedoen het. As al 5 van ons van dit hou, dan is dit goed genoeg om verder te vat. Dit is hoe ons filter en songs kies wat op die album gaan verskyn.” sê Wynand Myburgh (bass speler en bestuurder van Fokofpolisiekar)
Fokof se songs was nog altyd baie persoonlik gewees. Die onderwerpe van liedjies is afgelei van gesprekke tussen die 5 lede van die band oor wat met hulle en rondom hulle gebeur en hoe hulle be-invloed word deur die wêreld rondom hulle. Hunter Kennedy is die hoof liedjie skrywer want hy het ‘n unieke talent om hulle vibe te capture.
Die nuwe album het nog nie ‘n titel nie, maar Fokofpolisiekar het werkende titels vir liedjies op hulle sosiale media platforms gedeel.
Die album word op die 3de Oktober vrygestel saam met die eerste singles en ‘n musiek video. In egte Fokofpolisiekar tradisie, gaan die manne die rook uit die land uit toer om die album te loods. Merk solank die datums in jou dagboek:
- 7 Oktober 2017 – Rocking The Daisies
- 12 Oktober 2017 – Mystic Boer, Potchefstroom
- 13 Oktober 2017 – Mystic Boer, Bloemfontein
- 14 Oktober 2017 – Good Luck Bar, JHB
- 15 Oktober 2017 – Atterbury Teater, Pretoria (All ages)
- 27 Oktober 2017 – The Jock Pub & Grill, Nelspruit
- 28 Oktober 2017 – Voortrekker Monument, Pretoria
- 29 Oktober 2017 – Dozi’s Back to the Roots, Hartbeespoort Dam
As jy nie so lank wil wag nie, maak seker jy kry jou musiek liefhebbende boudjies by een van die shows:
- 21 Mei 2017 – Park Acoustics, Pretoria
- 25 Mei 2017 – Mercury Live, Kaapstad (Gratis show)
- 30 Junie 2017 – Grizzlies, Daspoort, Pretoria
- 8 Julie 2017 – Injustice 2 Championship Series Grand Final, Weiveld, Pretoria Oos
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.