Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Fokofpolisiekar is terug met ‘n nuwe EP: “Kajuitkoors”

    Fokofpolisiekar is terug met ‘n nuwe EP: “Kajuitkoors”

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music News 1 ViewsOctober 1, 2020
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Kajuitkoors is Fokofpolisiekar se 4-snit antwoord op die algehele malheid wat 2020 is, en dis hier. Die bende het 2020 afgeskop met praatjies oor nuwe musiek skryf. Dis nou al drie jaar sedert die groep hul laaste vollengte album, Selfmedikasie, vrygestel het. Die idee was om te begin skryf, ‘n versameling liedjies op te bou en dan die vierde vollengte album op te neem en vry te stel in 2021 of 2022. Maar toe gebeur COVD-19.  Die Bende het geïnspireer gevoel en kreatief begin raak.

    NetfloristOfferforge

    Hunter Kennedy beskryf Kajuitkoors as ‘n “collage van koorsdrome”

    “Dis eksistensiële vrees gemeng met paniek en samesweringsteorieë. Ek het weer ‘n haat vir outoriteit aangekweek tydens die inperking. Gevoel asof ons vrylopende mense is op ‘n belasting-plaas. Dit het my herinder aan hoërskool, dus is ek bly dat die EP ook so ‘n 90’s punk/college rock klank het. Daar is ook die required klavier ballade. So, ek dink Kajuitkoors klink soos ‘n mengsel tussen NOFX en Coenie De Villiers.”

    Fokofpolisiekar

    Hier is Kajuitkoors se snitlys met beskrywings deur Hunter Kennedy

    1. “STFU” –“STFU was basically my go-to gevoel tydens lockdown. Snake hou nie van die “Engelse” chorus nie, maar ek kon aan niks beters dink nie. Die hoeveelheid informasie en opinies het my mal gemaak.”

    2. “Raak siek raak gesond” – “Raak siek raak gesond is geïnspireer deur Merwe Marchant le Roux. Ek glo dit is ‘n positiewe mantra. Wat is die ander opsies?”

    3. “Ons is die virus” – “Level 5 lockdown in Suid-Afrika het van die strengste regulasies in die wêreld gehad. Daar was ‘n klomp kak wat deur my kop gegaan het. Ek was lus vir ‘n flow of consciousness vibe. So, ek het die kitaar opgetel en gesing wat op gekom het.”

    4. “Teen Die Wet” – “Hierdie song is rof vir my. Dit gaan oor die sielkundige effek van die inperking. Ek het al ‘n paar keer trane gestort as ek dit luister en dink aan die horror stories van lockdown wat niks te doen het met die siekte nie.”

    As jy die lyrics vir Kajuitkoors wil uitcheck KLIK HIER en as jy die EP wil stream, KLIK HIER. Ek love nog steeds die kak uit Selfmedikasie, maar moet erken dat ek nie ‘n groot fan was van die Droom Hoog EP nie. Ek dink die Kajuitkoors EP is much much better. Ek het actually dit al 3 keer op repeat geluister vandag. Mens kan sommer hoor hoe die kreatiewe juices gevloei het in hierdie weird “klimaat”wat ons in 2020 tot dusver ervaar het.

    Goeie nuus is dat die vier Kajuitkoors liedjies is nie waar dinge gaan eindig nie. Fokofpolisiekar het besluit om hul huidige kreatiwe golf te bly ry sodat hulle middel van 2021 ‘n nuwe vollengte album kan vrystel.

    Wynand Myburgh lewer kommentaar hieroor

    “Ons is in ‘n goeie space creatively en ons het ‘n workflow wat werk. Elke album en benadering sal vir ons verskillend bly. En nou dat ons ‘n nuwe formule het, moet ons rol met dit. Volgende jaar word FOKOF 18 en ons kan nie aan ‘n beter manier dink om dit te vier as met nuwe musiek nie.”

    Vanweë die onsekerheid en beperkings rondom sosiale byeenkomste, het Fokofpolisiekar nie enige bevestigde vertonings vir die res van 2020 nie. Maar, hulle is wel aan die praat oor ‘n akoestiese livestream vertoning om 2020 af te sluit op ‘n hoë noot.

    Kajuitkoors EP

    Francois Van Coke lewer kommentaar hieroor

    “Ons het jare laas ‘n akoestiese vertoning gedoen en ons dink dit kan iets spesiaals wees wat mense regoor die wêreld kan geniet. Mense vra ons nou al lank oor so ‘n performance. Miskien is nou die regte tyd?”

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Willim Welsyn: Terug met ’n video & potgooi-episodes
    • Frans Karoo is terug met sy nuuste snit “Towerkop”
    • Laurika Rauch na agt jaar terug met Nuwe Musiek
    • Stefan Dixon Reik “Vanaand gaan ons terug” Uit

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Cape Town Fokofpolisiekar Kajuitkoors South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleZebraman Releases Debut Single: “Green & Lovin'”
    Next Article BLVD HVNNY release music video for “Nocturnes”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Christian John
    December 17, 2025

    Stiaan Reynierse vier `n belangrike mylpaal met “Sewe”

    3 Mins Read20 Views
    Vrede
    December 15, 2025

    Vrede Bring ‘n Nuwe Enkelsnit “Huistoe”

    3 Mins Read21 Views
    Deon Meiring
    December 10, 2025

    Deon Meiring Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weer Wild”

    3 Mins Read9 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    SAMA32
    December 19, 2025

    SAMA32 Entries Are Open!

    2 Mins Read0 Views
    Jack Atlantic
    December 19, 2025

    Jack Atlantic Releases Heartfelt New Single: “Take Me Back”

    2 Mins Read6 Views
    Jairic
    December 17, 2025

    Jairic Releases New EP: “n=40”

    2 Mins Read25 Views
    Goeters Om Te Doen
    Ferg 'n Son

    Ferg ’n Son December 2025 Tour

    UB40 Feat Ali Campbell SA Tour

    UB40 Featuring Ali Campbell – June 2026 SA Tour

    Tunde from Lighthouse Family Profile

    Tunde from Lighthouse Family: February 2026 SA Tour

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Majozi

    Majozi 2025/2026 Old School Tri-Nations Tour

    Calabash South Africa Featured

    Calabash South Africa 2026

    Kunstenaar Profiele
    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    The Color Blew
    February 5, 2024

    An Interview With The Color Blew

    8 Mins Read74 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read17 Views
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read113 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.