Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Deon Meiring Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weer Wild”

    Deon Meiring Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weer Wild”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 22 ViewsDecember 10, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Deon Meiring is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Weer Wild” – sy eerste solo-vrystelling sedert 2024.

    NetfloristOfferforge

    Hoewel hy vanjaar stil was op die solo-front, was 2025 allesbehalwe rustig vir Deon. Sy aandag het grootliks by Glaskas gelê, waar hy saam met die groep nuwe musiek uitgereik het en ’n vol program van optredes geniet het.

    Deon Meiring

    Boonop het hy ook aan ’n produksie vir die Toyota Stellenbosch Woordfees gewerk en sy kreatiewe energie in ander projekte belê. Sy eenmanstuk, “’n Hemel wat kan opvou,” is ook benoem vir ’n Stellenbosch Woordfees Woordtrofee in die kategorie ‘Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: Klein groepe’.

    Die inspirasie agter Deon Meiring se “Weer Wild”

    Die liedjie het onverwags maar betekenisvol ontstaan toe die ATKV hom uitgenooi het om ’n lied te skryf ter viering van Internasionale Vrywilligersdag.

    Deon vertel hoe hy deur die jare die ATKV se vrywilligers – mense wat opreg en vrygewig gee – leer ken het. Hy wou ’n lied skryf wat die vryheid en vrygewigheid vier wat ontstaan wanneer iemand hul tyd, hart en hulp met ander deel.

    Deon het die tema egter deur sy eie lens benader: die huiwering om groot te droom, die idee dat mens met min ook ver kan kom, en die simboliek van akrobate teenoor swaeltjies – twee beelde wat vir hom die vryheid verteenwoordig om weer wild te droom.

    Die betekenis van die titel

    Die titel “Weer Wild” sluit direk aan by die konsep van ‘wilde drome’ wat mak raak met die jare. Deon sing oor hoe drome weer wild kan word wanneer ons hulle bevry – ’n tema wat hy ook in vrywilligerswerk raakgesien het, waar iets eenvoudig met tyd iets uitsonderliks kan word.

    Die lied verken emosies soos huiwering, onsekerheid en die behoefte aan vryheid, maar ook die doelbewuste stilhou en rondkyk om die beste dele van jouself raak te sien.

    ’n Nuwe klank vir ’n bekende styl

    Musikaal bring “Weer Wild” meer elektroniese elemente as waaraan Deon se luisteraars gewoond is. Aanvanklik het hy ’n akoestiese weergawe opgeneem, maar vervaardiger Johan Viljoen het gevoel die atmosfeer van die liedjie skep ruimte vir ’n elektroniese benadering.

    Express VPN

    Hoewel dit buite Deon Meiring se gemaksone was, het hy besluit om die nuwe klank ’n kans te gee. Die lied het organies oor tyd gegroei, en al is die styl aangepas, bly die essensie en melodie van die oorspronklike komposisie volledig herkenbaar.

    ’n Oproep om te droom

    Met “Weer Wild” hoop Deon Meiring dat luisteraars aangespoor sal voel om daardie eerste tree na hul eie groot, miskende of halfvergete drome te waag. Hy geniet dit om klein raaisels en lae in sy lirieke te verwerk – iets wat aanhangers die geleentheid gee om by elke luister nuwe betekenisse op te spoor.

    As die liedjie die klankbaan van ’n oomblik in die lewe moes wees, sê Deon, is dit ’n vrye, gelukkige oomblik; een waarin mens weer onthou hoe dit voel om onbeperk te wees.

    Jy kan “Weer Wild” HIER stroom/aflaai.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Lyntjies T-Hemp”
    • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Soos ‘n Spinnerak”
    • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Gebede en Briewe”
    • Deon Meiring Stel Nuwe EP Bekend: “Gebede En Briewe”

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Deon Meiring South Africa Weer Wild
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticlePhil Gregory Releases New Single: “Can’t Resist”
    Next Article Booshle G Releases New Single: “Heavy”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Nicholis Louw
    April 1, 2026

    Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

    4 Mins Read15 Views
    Brandon Miles
    March 31, 2026

    Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

    3 Mins Read6 Views
    Van Pletzen en Sossi
    March 26, 2026

    Van Pletzen & Sossi Reik “Maia-hee” Uit

    3 Mins Read17 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Majozi
    April 8, 2026

    Majozi Releases New EP: “Flannel Music”

    3 Mins Read13 Views
    Pops Mohamed
    April 8, 2026

    Posthumous Pops Mohamed Album Released

    4 Mins Read16 Views
    Webtickets
    April 6, 2026

    Webtickets Plugs South African Live Shows Into Spotify Discovery

    4 Mins Read22 Views
    Goeters Om Te Doen
    UB40 Feat Ali Campbell SA Tour

    UB40 Featuring Ali Campbell – June 2026 SA Tour

    ULTRA South Africa 2025 Crowd

    ULTRA South Africa 2026

    Galpalooza 2026

    Galpalooza 2026: Coming to 9 Venues Across SA

    Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour

    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour

    J. Cole South African Tour 2026

    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026

    Liefde By Die Dam

    Liefde by die Dam: Maak gereed vir`n ENORME partytjie!

    Kunstenaar Profiele
    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read63 Views
    ABFAB
    November 26, 2025

    An Interview with ABFAB

    5 Mins Read69 Views
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read37 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.