Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Anton Goosen Reik “Bly By My, (My Lief)” Uit

    Anton Goosen Reik “Bly By My, (My Lief)” Uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music Videos 71 ViewsMay 24, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die legendariese, immergewilde en baie geliefde Suid-Afrikaanse sanger, musiekregisseur en liedjieskrywer,  Anton Goosen, is terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit wat diep tref.

    NetfloristOfferforge

    “Bly By My, (My Lief) “– ’n gedig van Antjie Krog wat hy op sy besonderse manier vir die Woordfees getoonset het – is ’n liefdesliedjie in ’n “Afrikaanse sagte blues genre”.

    Anton Goosen verduidelik hoe hierdie liedjie gebeur het

    ““Ons moes vir die Woordfees se huldigingsprogram, Al om Antjie, twee van Antjie Krog se gedigte kies. ‘Bly by my’ is een van haar bekendstes. Daar is  ander deuntjies met dieselfde titel en dus het ek dit verander na Bly By My, (My Lief), maar omdat  dit egter nie ’n liriek is nie, het ek die koorgedeelte bygeskryf,””

    Die enkelsnit is deur Anton en Peter Pearlson vervaardig, met Illimar Neitz, Anton se ghitaarspeler, wat ook insette gelewer het. Dit bevat uitstekende Hammond-orrel- en ghitaarsolo’s deur onderskeidelik Simon Orange en Illimar, met betowerende agtergrondsang deur Lise Swart.

    “Bly By My, (My Lief)” vorm deel van Anton se nuwe album, Sirkels, wat eersdaags uitgereik word. Die album, wat nege nuwe liedjies bevat – insluitend drie toonsettings en twee duette – is ’n luister-album wat ballades, stories, dans-, protes-, en rock-musiek insluit.

    Anton Goosen

    Anton Goosen, wat algemeen as die vader van Afrikaanse rock beskou word, is in 1946 in die Karoo gebore en het in Kroonstad grootgeword. “Kruidjie-roer-my-nie” was sy eerste enkelsnit wat kommersiële sukses behaal het. Sy eerste album, “Boy van die suburbs”, was ook in 1979 ’n kitssukses.

    Oor die jare, het hy meer treffers op sy kerfstok versamel as enige ander Suid-Afrikaner, waaronder “Silver de Lange”, “Boy van die Suburbs”, “Byeboerwa”, “’n Brief vir Simone”, “Kruidjie-roer-my-nie”, “Jantjie”,  “Waterblommetjies”,  “Harlekyn”, “Hanoverstraat”, “Trein na Matjiesfontein”, “Ta’ Mossie se sakkie-sakkie boeredans”, “Geelperskereën”, “Pampoene oppie dak”, “Dancer” (met Lucky Dube) en vele meer.

    Dié lewende legende het al meer as 20 albums uitgereik, die musiek vir verskeie films geskryf – waaronder “Die Laaste Tango” (2013), ‘n Pawpaw vir my Darling (2015) en “Siembamba” (2017), asook liedjies vir beroemde kunstenaars, insluitend Laurika Rauch, Carike Keuzenkamp, Richard Clayderman en Koos Kombuis, neergepen.

    Hy is ook tydens sy dekades-lange loopbaan as liedjieskrywer en sanger met verskeie toekennings vereer, o.a. Sari’s, Ghoemas, Geraas, Vonk, en dan SAMA-, Innibos-, die FAK-en Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Kuns en Kultuur toekennings vir sy lewenslange bydrae tot musiek. In 2023 is hy een van 5 kunstenaars wat in die South African Gallery of Legends ingehuldig is.

    NetfloristOfferforge

    In 2022 het hy sy eie twee reekse vellies, Jantjie  en Pasgetroud velskoene, in samewerking met Vellies Boutique bekendgestel. Jantjie was geïnspireer deur sy treffer wat in 1976 deur Sonja Herholdt opgeneem en bekendgemaak is en “Pasgetroud” vanaf sy album Lappiesland (1985).

    “Anton Goosen: Liedjieboer”, sy lewensverhaal wat deur die bekende joernalis Hanlie Retief neergepen is, is in 2020 deur NB-uitgewers uitgereik.

    Buiten die uitreiking van sy nuwe album werk Anton Goosen vanjaar aan verskeie konsertvertonings. Die filmvervaardiger Niel van Deventer werk tans aan ’n vier-episode dokumentêr oor Anton se loopbaan.

    Wanneer hy nie besig is met sy musiek nie, geniet hy tyd – en ’n glasie Kaapse rooiwyn – saam met sy beminde, Estie, en hul vier honde, stappies op die strand, gesprekke met vriende, lees en om reekse op Netflix of Britbox te kyk.

    Anton Goosen

    “Bly By My, (My Lief)” is ’n meesterlike toonsetting van die werk van ’n besonderse digter deur ’n ikoniese Afrikaanse kunstenaar. Dit is beslis ’n lied wat diep spore gaan laat in die Afrikaanse musiekbedryf, net soos wat Anton Goosen al jare lank doen.

    Die enkelsnit is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar. Laai dit HIER af.

    Kyk die video vir Anton Goosen se nuwe enkelsnit hier onder:

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op “SA Music Zone”.

    Related Content:

    • Anton Goosen Reik “Gigi” Musiekvideo Uit
    • Anton Goosen Reik Video Uit Vir “Luka”
    • Anton Goosen Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Tik Tok”
    • Anton Goosen stel eie eksklusiewe reeks veldskoen vry

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Anton Goosen South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleKobus Kotze Unveils Debut EP: “Sounds Like Words”
    Next Article The Joy Release New Single: “Bayang’khethela”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Kunstenaar Profiele
    Sheron

    Sheron

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read66 Views
    SAMA 30
    November 4, 2024

    SAMA 30 Winners: The Complete List

    3 Mins Read210 Views
    Celeste Swift Interview
    August 7, 2025

    An Interview With Celeste Swift

    11 Mins Read29 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.