Die legendariese, immergewilde en baie geliefde Suid-Afrikaanse sanger, musiekregisseur en liedjieskrywer, Anton Goosen, is terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit wat diep tref.
“Bly By My, (My Lief) “– ’n gedig van Antjie Krog wat hy op sy besonderse manier vir die Woordfees getoonset het – is ’n liefdesliedjie in ’n “Afrikaanse sagte blues genre”.
Anton Goosen verduidelik hoe hierdie liedjie gebeur het
““Ons moes vir die Woordfees se huldigingsprogram, Al om Antjie, twee van Antjie Krog se gedigte kies. ‘Bly by my’ is een van haar bekendstes. Daar is ander deuntjies met dieselfde titel en dus het ek dit verander na Bly By My, (My Lief), maar omdat dit egter nie ’n liriek is nie, het ek die koorgedeelte bygeskryf,””
Die enkelsnit is deur Anton en Peter Pearlson vervaardig, met Illimar Neitz, Anton se ghitaarspeler, wat ook insette gelewer het. Dit bevat uitstekende Hammond-orrel- en ghitaarsolo’s deur onderskeidelik Simon Orange en Illimar, met betowerende agtergrondsang deur Lise Swart.
“Bly By My, (My Lief)” vorm deel van Anton se nuwe album, Sirkels, wat eersdaags uitgereik word. Die album, wat nege nuwe liedjies bevat – insluitend drie toonsettings en twee duette – is ’n luister-album wat ballades, stories, dans-, protes-, en rock-musiek insluit.
Anton Goosen, wat algemeen as die vader van Afrikaanse rock beskou word, is in 1946 in die Karoo gebore en het in Kroonstad grootgeword. “Kruidjie-roer-my-nie” was sy eerste enkelsnit wat kommersiële sukses behaal het. Sy eerste album, “Boy van die suburbs”, was ook in 1979 ’n kitssukses.
Oor die jare, het hy meer treffers op sy kerfstok versamel as enige ander Suid-Afrikaner, waaronder “Silver de Lange”, “Boy van die Suburbs”, “Byeboerwa”, “’n Brief vir Simone”, “Kruidjie-roer-my-nie”, “Jantjie”, “Waterblommetjies”, “Harlekyn”, “Hanoverstraat”, “Trein na Matjiesfontein”, “Ta’ Mossie se sakkie-sakkie boeredans”, “Geelperskereën”, “Pampoene oppie dak”, “Dancer” (met Lucky Dube) en vele meer.
Dié lewende legende het al meer as 20 albums uitgereik, die musiek vir verskeie films geskryf – waaronder “Die Laaste Tango” (2013), ‘n Pawpaw vir my Darling (2015) en “Siembamba” (2017), asook liedjies vir beroemde kunstenaars, insluitend Laurika Rauch, Carike Keuzenkamp, Richard Clayderman en Koos Kombuis, neergepen.
Hy is ook tydens sy dekades-lange loopbaan as liedjieskrywer en sanger met verskeie toekennings vereer, o.a. Sari’s, Ghoemas, Geraas, Vonk, en dan SAMA-, Innibos-, die FAK-en Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Kuns en Kultuur toekennings vir sy lewenslange bydrae tot musiek. In 2023 is hy een van 5 kunstenaars wat in die South African Gallery of Legends ingehuldig is.
In 2022 het hy sy eie twee reekse vellies, Jantjie en Pasgetroud velskoene, in samewerking met Vellies Boutique bekendgestel. Jantjie was geïnspireer deur sy treffer wat in 1976 deur Sonja Herholdt opgeneem en bekendgemaak is en “Pasgetroud” vanaf sy album Lappiesland (1985).
“Anton Goosen: Liedjieboer”, sy lewensverhaal wat deur die bekende joernalis Hanlie Retief neergepen is, is in 2020 deur NB-uitgewers uitgereik.
Buiten die uitreiking van sy nuwe album werk Anton Goosen vanjaar aan verskeie konsertvertonings. Die filmvervaardiger Niel van Deventer werk tans aan ’n vier-episode dokumentêr oor Anton se loopbaan.
Wanneer hy nie besig is met sy musiek nie, geniet hy tyd – en ’n glasie Kaapse rooiwyn – saam met sy beminde, Estie, en hul vier honde, stappies op die strand, gesprekke met vriende, lees en om reekse op Netflix of Britbox te kyk.
“Bly By My, (My Lief)” is ’n meesterlike toonsetting van die werk van ’n besonderse digter deur ’n ikoniese Afrikaanse kunstenaar. Dit is beslis ’n lied wat diep spore gaan laat in die Afrikaanse musiekbedryf, net soos wat Anton Goosen al jare lank doen.
Die enkelsnit is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar. Laai dit HIER af.
Kyk die video vir Anton Goosen se nuwe enkelsnit hier onder:
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op “SA Music Zone”.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.