Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Nuwe Fokofpolisiekar musiek video uitgereik

    Nuwe Fokofpolisiekar musiek video uitgereik

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 10 ViewsOctober 10, 2017
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Goeie nuus! Fokofpolisiekar se lang verwagte album, Selfmedikasie, is nou amptelik beskikbaar in winkels landswyd, sowel as eksklusief op iTunes en Apple Music.

    NetfloristOfferforge

    Die Bende het weer ‘n tydlose album gemaak met ‘n vernuwende Fokofpolisiekar-klank wat vas steek en syl uisteraars laat vóél. Die lirieke is diepsinning, introspektief en bevraagtekenend van sy persoonlike en sosio-politiese landskap.

    Met hierdie projek het Fokofpolisiekar die gees probeer vasvang van die musiek wat ‘n indruk op die groep gelaat het in hul tienerjare. Met behulp van hul getrouste aanhangers het Fokofpolisiekar vroeër vanjaar oor ‘n R1 miljoen ingesamel via Thundafund om die album se produksie-onkostes te dek.

    FPK 2017 groen gang by Andre Badenhorst MR Nuwe Fokofpolisiekar musiek video uitgereik

    Die groep se slagspreuk was nog altyd“ Passie. Liberasie. Onafhanklikheid.” Daarom was dit van meet af Fokofpolisiekar se doel om Selfmedikasie 100% onafhanklik, en vry van beleggers of platemaatskappye se inmenging, vry te stel.

    Die album is onafhanklik vervaardig en opgeneem by Fokofpolisiekar se kitaarspeler, Johnny de Ridder, se ateljee in Kaapstad se Noordelikevoorstede.  Die album se ontwerp is gedoendeur die groep se vriend, die kunstenaar Marchand. Selfmedikasie is ‘n album wat aanhangers nog vir jare sal laat saamsing en die perfekte tydkapsule van waar Fokofpolisiekar nou in hul bestaan is.

    Kyk die befokte liriek-video vir “Dis in my bloed baby” (die eerste liedjie op die album) hier onder. Dit is op die 4de Oktober uitgereik.

    Selfmedikasie se album-omslag is ‘n Ouroboros. Hunter Kennedy, die groep se liriekskrywer, kitaarspeler en agtergrond sanger, verduidelik dat dit “die ewigesiklus van selfvernietiging en hergeboorte” verteenwoordig.

    Oor die keuse van die album se naam, verduidelik Francois van Coke: “Selfmedikasie is ’n titel van een van die tunes op die album, maar ons almal glo dat Fokofpolisiekar ’n terapeutiese invloed op ons lewens gehad het. Dit het my baie gehelp om vir klomp jare, aand na aand, op mense te skree tydens ons shows. Dit het my baie rustiger gemaak. Fokofpolisiekar was ons kerk, familie en medikasie.”

    Die beste manier om na Selfmedikasie te luister is met oorfone aan of kliphard deur jou klanktoestel met die skouspelagtige CD-boekie van 32 bladsye. Die boekiebevat al die liriekeen die kunstenaar, Marchand, het unieke kunswerke vir elkeliedjie geskep.  Hierdie boekie maak deel uit van die CD-omslag wat op die winkelrakke te kry sal wees.

    featured event

    Fokof Lager is ‘n groot gunsteling onder mense wat hou van ‘n lekker koue bier uit die kraan. Binnekort sal Fokof Lager ook in 340ml bottelsbeskikbaar wees in ‘n beperkteuitgawe 12-pak geskenk boks, met Fokofpolisiekar se nuwe album daarby ingesluit. Hou ‘n ogie op Fokof Lager se Facebook en Instagram–blaaie om te sien presies waar en wanneer dit beskikbaar sal wees.

    Die Selfmedikasie Bekendstellings-toer is in volle swang. Maak seker dat jy musiek-liefhebbende voetjies deur die deur kry by een van hierdie venues in Oktober:

    • 12 Oktober 2017 – Mystic Boer, Potchefstroom
    • 13 Oktober 2017 – Mystic Boer, Bloemfontein
    • 14 Oktober 2017 – Good Luck Bar, Johannesburg
    • 15 Oktober 2017 – Atterbury Theater, Pretoria
    • 27 Oktober 2017 – The Jock Pub & Grill, Nelspruit
    • 28 Oktober 2017 – Voortrekker Monument, Pretoria
    • 29 Oktober 2017 – Dozi’s Back to the Roots. Hartbeespoort

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Nuwe Van Pletzen Musiek Video uitgereik
    • Fokofpolisiekar Maak SA Musiek Geskiedenis
    • Jack Parow – Boepens Vark musiekvideo uitgereik (NSFW)
    • Laurika Rauch na agt jaar terug met Nuwe Musiek

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Fokof Lager Fokofpolisiekar Selfmedikasie South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleNuwe Van Pletzen Musiek Video uitgereik
    Next Article Introducing My Castle In Spain
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Kunstenaar Profiele
    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Sheron

    Sheron

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read66 Views
    Celeste Swift Interview
    August 7, 2025

    An Interview With Celeste Swift

    11 Mins Read29 Views
    Gareth Haze
    May 13, 2025

    An Interview With Gareth Haze

    8 Mins Read21 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.