Goeie nuus! Die nuwe Afrikaanses atiriese duo, Van Pletzen, het in Junie 2017 nuwe lewe in die musieklandskap geblaas met die vrystelling van hulle lekkker musiek video,Eiland Styl.
Van Pletzen bestaan uit Peach van Pletzen (Bittereinder / Yesterday’s Pupil) en Matthieu (Makkie) Auriacombe (Hello Beautiful / Beach Party). Van Pletzen maak gebruik van humor en satire in hul musiek, maar dit beteken nie dat dit ‘n grap is nie. Hulle bied wêreldklas produksiewaarde wat luisteraars laat lag en dink en dit terwyl hulle lekke rsaam dans op die musiek.
Van Pletzen het op ‘n hoë noot afgeskop toe Oppikoppi hulle bespreek het vir hierdie jaar se fees nog voordat hulle hul eerste musiek video vrygestel het. Die manne laat die lekker tye verder loop met die vrystelling van hulle tweede musiek video,Goud.
Goud is Van Pletzen se sosiale kommentaar op ‘n aand uit in die Stad van Goud met dié twee wat jol en van klub to klub rol in die agterkant van ‘n Uber. Dit is sonder twyfel die meeste pret wat op die agtersit plek van ‘n Uber te kry is.
“Dis die reis wat tel, nie die eind bestemming nie. Ons het uitgegaan om te party in Johannesburg en het opgeëindig om net van plek tot plek te ry en die beste tye in die agterkant van ‘n Uber te hê. Dis amper soos ‘n reis na nêrens, want al wat tel is nou,” sê Peach.
Kyk die awesome video hier onder, ek is amper nou lus om in ‘n Uber kilm en ek dink julle sal ook dit wil doen…
Ek weet nie van julle nie, maar ek wil baie graag hulle hierdie jaar by Oppikoppi check, ek’s moer nuuskierig om te sien wat hulle gaan maak…
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.