Goeie nuus! Fokofpolisiekar se lang verwagte album, Selfmedikasie, is nou amptelik beskikbaar in winkels landswyd, sowel as eksklusief op iTunes en Apple Music.
Die Bende het weer ‘n tydlose album gemaak met ‘n vernuwende Fokofpolisiekar-klank wat vas steek en syl uisteraars laat vóél. Die lirieke is diepsinning, introspektief en bevraagtekenend van sy persoonlike en sosio-politiese landskap.
Met hierdie projek het Fokofpolisiekar die gees probeer vasvang van die musiek wat ‘n indruk op die groep gelaat het in hul tienerjare. Met behulp van hul getrouste aanhangers het Fokofpolisiekar vroeër vanjaar oor ‘n R1 miljoen ingesamel via Thundafund om die album se produksie-onkostes te dek.
Die groep se slagspreuk was nog altyd“ Passie. Liberasie. Onafhanklikheid.” Daarom was dit van meet af Fokofpolisiekar se doel om Selfmedikasie 100% onafhanklik, en vry van beleggers of platemaatskappye se inmenging, vry te stel.
Die album is onafhanklik vervaardig en opgeneem by Fokofpolisiekar se kitaarspeler, Johnny de Ridder, se ateljee in Kaapstad se Noordelikevoorstede. Die album se ontwerp is gedoendeur die groep se vriend, die kunstenaar Marchand. Selfmedikasie is ‘n album wat aanhangers nog vir jare sal laat saamsing en die perfekte tydkapsule van waar Fokofpolisiekar nou in hul bestaan is.
Kyk die befokte liriek-video vir “Dis in my bloed baby” (die eerste liedjie op die album) hier onder. Dit is op die 4de Oktober uitgereik.
Selfmedikasie se album-omslag is ‘n Ouroboros. Hunter Kennedy, die groep se liriekskrywer, kitaarspeler en agtergrond sanger, verduidelik dat dit “die ewigesiklus van selfvernietiging en hergeboorte” verteenwoordig.
Oor die keuse van die album se naam, verduidelik Francois van Coke: “Selfmedikasie is ’n titel van een van die tunes op die album, maar ons almal glo dat Fokofpolisiekar ’n terapeutiese invloed op ons lewens gehad het. Dit het my baie gehelp om vir klomp jare, aand na aand, op mense te skree tydens ons shows. Dit het my baie rustiger gemaak. Fokofpolisiekar was ons kerk, familie en medikasie.”
Die beste manier om na Selfmedikasie te luister is met oorfone aan of kliphard deur jou klanktoestel met die skouspelagtige CD-boekie van 32 bladsye. Die boekiebevat al die liriekeen die kunstenaar, Marchand, het unieke kunswerke vir elkeliedjie geskep. Hierdie boekie maak deel uit van die CD-omslag wat op die winkelrakke te kry sal wees.
Fokof Lager is ‘n groot gunsteling onder mense wat hou van ‘n lekker koue bier uit die kraan. Binnekort sal Fokof Lager ook in 340ml bottelsbeskikbaar wees in ‘n beperkteuitgawe 12-pak geskenk boks, met Fokofpolisiekar se nuwe album daarby ingesluit. Hou ‘n ogie op Fokof Lager se Facebook en Instagram–blaaie om te sien presies waar en wanneer dit beskikbaar sal wees.
Die Selfmedikasie Bekendstellings-toer is in volle swang. Maak seker dat jy musiek-liefhebbende voetjies deur die deur kry by een van hierdie venues in Oktober:
- 12 Oktober 2017 – Mystic Boer, Potchefstroom
- 13 Oktober 2017 – Mystic Boer, Bloemfontein
- 14 Oktober 2017 – Good Luck Bar, Johannesburg
- 15 Oktober 2017 – Atterbury Theater, Pretoria
- 27 Oktober 2017 – The Jock Pub & Grill, Nelspruit
- 28 Oktober 2017 – Voortrekker Monument, Pretoria
- 29 Oktober 2017 – Dozi’s Back to the Roots. Hartbeespoort
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.