“Levi Jeans”, die nuwe Jan Blohm enkelsnit is HIER. In Julie vanjaar het die bekroonde musiekdigter, Jan Blohm, sy nuwe album Jenny vrygestel. Tot dusver lewer hierdie album nog nét treffers op. Die eerste enkelsnit Jenny, asook die tweede enkelsnit, Ou Karoo, pronk beide al sedert uitreiking op verskeie radiotrefferparades landswyd. “Levi Jeans”, die derde enkelsnit vanaf hierdie ongelooflike mooi album.
Die eerste enkelsnit, Jenny, wat net voor die inperking in Maart 2020 uitgereik was, se doel was om die album en sy hoofkarakters aan die luisteraar bekend te stel. Ou Karoo, die tweede enkelsnit, skep die omgewing en lê klem op die landskap wat deur hierdie mense se are vloei en dit vir hulle moeilik maak om elders aan te pas. Dis ’n lied oor Jenny se eie hunkering om terug by die huis te wees. En nou volg die volgende deel van sy storie, “Levi Jeans”.

Jan Blohm vertel ons meer van “Levi Jeans”
“Levi Jeans was oorspronklik as oorpakke gedra deur werkers. Dit het later ‘n modegier geword. Dit is ook waar die term “Blue Collar” vandaan kom – die Levi Jean baadjie – met die gevold dat mense dan as werkersklas geïdentifiseer was. In ons land se Geskiedenis was daar ‘n tyd en dele van ons samelewing, waar dit verbied was vir ‘n vrou om jeans te dra – die liedjie gaan oor bemagtiging.”
Luister die liedjie hier onder:
Blohm beskryf Jenny as ’n konsep-album. Dit bestaan uit veertien snitte wat die storie vertel van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon.
Jan Blohm verduidelik die Jenny album
Die album is nie net nog ’n versameling liedjies nie. Ek het baie moeite gedoen om oor die afgelope vyftien jaar liedjies en gedigte saam te sit om ’n storie te vertel. Dis soos ’n fliek van Jenny se lewe.”
Julle kan “Levi Jeans” HIER stroom / download.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.