Jan Blohm het sy nuwe enkelsnit uitgereik, “Nonnie”, Daar is min musikante wat dit regkry om met die hart te praat soos Jan Blohm. In 2020 het hy ’n konsep-album vrygestel, met die naam Jenny, waarmee hy graag die verhaal wou vertel van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon en sedertdien geniet bewonderaars om te hoor hoe dié storie ontvou.
Met “Nonnie” val ’n volgende deel van hierdie interessante legkaart in plek – Jan verduidelik
“Nonnie is wat Jenny se ouers haar genoem het en vertel nog ’n stukkie van haar storie. Dit is nog ’n liedjie wat die jongman oorkant die pad vir haar skryf wanneer hy na haar verlang.”
Die liedjie is deur Blohm en John Masser vervaardig is die produksie is deur Vonk Musiek behartig.
Volgens hom, is die boodskap agter die vierde vrystelling vanaf sy album dat ’n mens moet vashou aan daai gevoel van eerste liefde
“Ek voel dat ’n mens altyd kan teruggaan na daardie gevoelens toe en dat dit net vrees vir seerkry is wat jou daarvan weerhou om met die onskuld van ’n kind na liefde te kyk.”
“Nonnie” volg in die voetspore van “Jenny”, “Ou Karoo” en “Levi Jeans” wat almal bo-aan die treffersparades gekuier het en steeds oor die radio gehoor kan word.
Jan Blohm draai reeds die Afrikaanse rockwêreld op sy kop sedert hy in 2004 sy debuut gemaak het met sy album, Melkstraat Confessions, en hy het nog geensins opgehou om ’n omwenteling in die musiekbedryf te veroorsaak nie. Met “Nonnie” verstewig hy weereens sy plek in plaaslike musiekharte.
Die musiekvideo, waarvan die bekende beeldhouer, kunstenaar en videograaf – Lionel Smit – die regisseur is, is baie simplisties en gaan oor die verlange wat die storieverteller in die aand ervaar wanneer die lig van Jenny (Nonnie vir haar ouers) se gesin se huis helder deur sy kamervenster skyn en hy nie kan slaap nie.
“Die liedjie is ook eintlik die punt waar Jenny ’n skrywer raak en ons beeld dit uit in die video,” verklap Jan. “Dit is dus die volgende gedeelte van die storie wat ons in die album vertel.”
Kyk die musiekvideo hier onder:
Jy kan “Nonnie” HIER aflaai / stroom.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.