“Die Toekoms” is hier! Francois Van Coke het hierdie liedjie (wat ‘n colab met die legendariese Jan Blohm is) vanoggend op die interwebs losgelaat. Ek moet sê dat dit nogals legit is.
Francois Van Coke praat oor die verlede
“Jan sê ons het ontmoet in Oppikoppi se boonste bar. Ek was dronk en het hom blykbaar ge-headbutt op sy rug. Gelukkig was hy bly om my te ontmoet en daar was geen vuisgeveg nie. My eerste memory van Jan was by die Geraas Toekennings in 2005. Hy het ‘n klomp awards gewen vir sy debut album.
Fokofpolisiekar het beste rock album gewen en ons albei het perform op die awards show. Van daar af het ons mekaar oor die jare gegroet by shows, maar het nooit vriende geraak nie. Ek het Jan Blohm uit die bloute op 19 Februarie gekontak om te chat oor iets saam skryf en record. #dietoekoms is gebore. Ons is nou chommies.”
Francois vertel ons meer van “Die Toekoms”
“Dit gaan oor hoe die wêreld lyk op die oomblik en oor hoe die wêreld kan lyk in die toekoms. En dat dit nie altyd belowend lyk nie, maar mens moet aanhou probeer om die beste mens te wees vir die mense rondom jou.”
Francois doen elke jaar ‘n paar nuwe collabs vir Francois van Coke & Vriende. “Die Toekoms” sal vir die eerste keer live gespeel word op die livestream show wat vir 18 September beplan word. (Hou Francois se socials dop vir meer aankondigings oor Francois van Coke & Vriende 2020.)
Kyk die musiekvideo vir “Die Toekoms” hier onder:
Ek moet erken dat ek al jare vir hierdie colab tussen Francois Van Coke en Jan Blohm wag. Ek’s bly dit het finally gebeur want dit was “definitely worth the wait” gewees. Ek sal dit love om hierdie song live te sien eendag (as ons weer ordentlike live shows toe mag gaan).
Heads up mense! Francois gaan in nabye toekoms colabs saam met Matthew Mole en Van Pletzen doen. Daar gaan ook ‘n livestream vertoning saam met Tasché Burger op Nasionale Vrouedag (9 Augustus) wees. Hulle gaan van hul eie liedjies speel, ‘n klompie samewerkings doen en dan ook ‘n paar van hul gunsteling cover songs saam opvoer. Hou Francois en Tasché se socials dop vir aankondigings oor hierdie konsert.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategories op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.