Jako Meyer het die finale enkelsnit vanaf sy debuutalbum, Middernag Kantoor vrygestel. Die nuwe enkesnit is getiteld “Daar Wil Ek Wees” en dis ’n samewerking met Deon Meiring.
“Daar Wil Ek Wees” is in 2020 geskryf. Jako en Deon is al jarelange vriende as gevolg van Moses Metro Man en Glaskas se dae, en doen ook die teater vertoning, Die Wyndigters, saam. Die twee het al lank ’n behoefte gehad om saam te skryf, en het ’n gesprek gehad oor plekke waarheen hul gaan vir vrede.
Deon Meiring vertel ons meer
“Ek was vroeg 2020 saam met Jako in studio met “Daar Wil Ek Wees”. Jako wou graag hê dit moet ‘n liedjie wees oor plekke – beide fisies en andersins – waar mens veilig voel en weer in voeling kan kom met jou waarheid. Ons het nie toe geweet dat ons binnekort gestroop sou word van die vermoë om te reis na sulke plekke toe met die inperking nie. Toe dít gebeur het, het die song my eintlik gehelp om nog steeds daai plekke in my gedagtes te laat leef.”
Die duo fokus op sterk melodieë en lirieke om vrede te vind in hul gunsteling plekke. “Daar Wil Ek Wees” begin as ’n rustige ballade, maar kring uit na wat hul albei goed ken – ’n lekker, harde koor.
Jako Meyer vertel ons meer oor “Daar Wil Ek Wees”
“Die lewe raak vir ons almal net te veel op tye. Hoeveel te meer in hierdie tyd. Ons almal moet wegbreek – fisies, of in jou kop – om introspeksie te doen, te herlaai, en sodoende te oorleef. Daar wil ek wees.”
Jy kan “Daar Wil Ek Wees” HIER stroom / koop (as deel van die Middernag Kantoor album).
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.