Jako Meyer het ’n splinternuwe enkelsnit, “Ek Vier Jou, Ek Groet Jou” vrygestel. Die enkelsnit is die eerste aanbieding van sy nuwe album, Dagbreek Doolhof wat later vanjaar vrygestel word.
Meer inligting oor “Ek Vier Jou, Ek Groet Jou”
“Ek Vier Jou, Ek Groet Jou” is vroeg in 2021 geskryf na Jako Meyer die behoefte ervaar het om oor sy verlowing wat in 2020 verbrokkel het, te skryf as ’n manier om te groet en vrede te vind.
Jako Meyer vertel ons meer oor die liedjie
“Dit is soms die moeilkste ding om mense te groet. Dit is soortgelyk aan die dood. Of dit dalk ‘n vriendskap, verhouding, of werklike afstrewe is. En selfs al wil jy soms nie groet nie, moet jy. Ek moes haar groet.”
Al is daar ’n seer en egtheid aan die liedjie omdat dit liries moeilik is om die woorde te sê, sorg die musiek en melodie en Jako Meyer kenmerkende groot koor tog vir ’n glimlag en positiewe gevoel waarna aanhangers kan uitsien.
Jako Meyer verduidelik
“Soos aan die begin van ‘n nuwe hoofstuk, moet mens baie keer mense en dinge uit jou verlede agterlaat. Ons almal het soveel verloor die afgelope jaar. My tweede album, ‘Dagbreek Doolhof’ gaan juis oor die maak of breek, verkeerde afdraaie, om uiteindelik uit te kom waar jy moet wees. Soos vir baie ander mense was my doolhof deurmekaar die laaste ruk. “Ek Vier Jou, Ek Groet Jou” was vir my ‘n goeie begin vir die volgende deel van die reis.”
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.