Augustus 2024 sien die vrystelling van ’n nuwe enkelsnit vanaf Jako Meyer, genaamd “Ballito”. “Ballito” kom na die vrystelling van sy vorige enkelsnit, “Oor My Voete Val” in April vanjaar.
Jako Meyer beskryf “Ballito” as een van sy gunsteling plekke
Hy het die liedjie in Junie 2024 neergepen met die liefde tussen mense en ’n goeie tyd in “Ballito” as inspirasie.
“Ek is baie lief vir “Ballito”. Die idee van die see, naglewe en die liefde en herinneringe tussen mense is vir my magies.” sê Jako.
’n Lekker luisterliedjie met ’n opsetlik rustiger aanslag as wat aanhangers gewoond is van Jako Meyer, is juis geskryf vir almal met ’n liefde vir “Ballito” – ’n plek war jy vir ’n oomblik kan vergeet en jou beste lewe leef met net goeie tye.
Opgeneem in Potchefstoom saam met Johan Viljoen wat ook help skryf het aan die liedjie – wou die duo juis die nostalgie van “Ballito” vasvang met die rustiger effek van die nuwe enkelsnit:
“”Ballito” is vir almal wat herinneringe het van die dorp, of nog gaan maak, hetsy saam met vriende, familie, of die liefde van jou lewe.” sê Jako.
Jy kan “Ballito” HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.