Deon Meiring het die tweede enkelsnit van sy nuutste EP vrygestel. Die enkelsnit, “Lyntjies T-Hemp”, is vanaf sy nuutste EP, Grensbewoner wat in Oktober 2020 vrygestel is en waarvan die musiek ook te hoor is in die kykNET reeks, ‘Kompleks’.
Meer inligting oor “Lyntjies T-Hemp”
Die liedjie is reeds in April 2018 geskryf as deel van Deon se ‘Maandeinde’ projek op YouTube. Die inspirasie was die feit dat Deon self meeste van die tyd T-hemde met strepe dra en hy het begin speel met die beeld dat mens tussen daardie lyntjies kan skryf en ook tussen daardie lyne kan lees.
Deon Meiring verduidelik
“Ek het op ‘n manier begin skryf oor wat ek dink ek tussen daardie lyne wil sê.”
Alhoewel sy fisieke T-hemde iets van sy uiterlike identiteit weerspieël, gaan die liedjie oor wie Deon is en wie hy hoop om te word. Hy wonder veral oor die idee dat mens getrou moet wees aan wie jy is; dit beteken nie net dat mens altyd dieselfde moet bly nie, alhoewel ‘getrouheid’ ooglopend so mag klink.
Deon Meiring brei uit hieroor
“Ware getrouheid vra juis dat mens bereid moet wees om tegelyk te verander, maar ook te onthou in watter rigting jy graag op pad wil wees.”
As ‘n folkliedjie met beeldryke lirieke, het “Lyntjies T-Hemp” reeds by heelwat aanhangers aanklank gevind weens die enkelsnit se betekenisvolle aard. Met organiese instrumente wat opgewek gespeel word, is dit ’n ligte aanbieding met dieper temas in die lirieke.
Deon Meiring verduidelik
“Baie van my liedjies loop eers wat op die oog af ‘n paar wye draaie is, maar dan kom dit elke keer tog terug na ‘n sentrale tema op maniere wat hopelik verrassend is. Hierdie is vir my een van daardie liedjies.”
Jy kan “Lyntjies T-Hemp” en die res van die Grensbewoner EP HIER stroom / download.
Wees op die uitkyk vir die gereelde opdaterings in Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.