Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Fokofpolisiekar – Parkiebank, herfs 2017 Musiekvideo Vrygestel

    Fokofpolisiekar – Parkiebank, herfs 2017 Musiekvideo Vrygestel

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music Videos 10 ViewsJanuary 18, 2018
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Goeie nuus rock fans! Fokofpolisiekar het vroëer vandag ‘n splinternuwe musiekvideo vrygestel vir hulle song, Parkiebank, herfs 2017 (wat op die Selfmedikasie album is) en dis moerse cool.

    NetfloristOfferforge

    Fokofpolisiekar het op 3 Oktober 2017 amptelik hul derde vollengte album, Selfmedikasie, vrygestel. Geskiedenis sal terugkyk na Fokofpolisiekar as ’n betekenisvolle kulturele fenomeen. Van meet af aan trek hulle aan drade wat debatte ontketen en wat emosies ontrafel. Hulle krap al vir jare aan die ongemaklike om sodoende ’n vars asem in taal en kultuur te blaas. Die Bende doen so voort met die musiekvideo vir Parkiebank, herfs 2017.

    Fokofpolisiekar wou iets meer as net ’n musiekvideo maak en só ’n sosiale dialoog aanvuur. Hulle het die visuele kunstenaar, Sean Metelerkamp, genader wat in 2008 ’n musiekvideo van “Antibiotika” vir die groep gemaak het.

    Fokofpolisiekar
    Foto deur Andre Badenhorst

    Parkiebank, herfs 2017 bestaan uit drie dele:

    • ’n “Konvensionele” musiekvideo,
    • ’n reeks onderhoude wat jong Afrikaners se sienings oor hul plek in die wêreld en hoe hulle hul toekoms sien, dokumenteer en
    • ‘n virtuele realiteit-wêreld wat nog net Francois van Coke gesien het.

    Fokofpolisiekar het in November 2017 via hul sosiale media-netwerke mense uitgenooi om deel te neem aan die Parkiebank, herfs 2017-musiekvideo. Onderhoude is gevoer in Durbanville, Stellenbosch en Bloemfontein. Enigiemand kon meedoen en almal se opinies is gedokumenteer sonder oordeel. Met die opbou na die musiekvideo se bekendstelling is van hierdie onderhoude oor die afgelope twee weke op Fokofpolisiekar se sosiale netwerke gedeel. Die portuurgroep se sienswyses is uiteenlopend en inspireer meer vrae as antwoorde.

    Hier is wat Hunter Kennedy, liriekskrywer en kitaarspeler vir Fokofpolisiekar sê oor die video:

    “Uiteindelik dink ek die punt van die lied is om mense te kry om net weer hulleself belangrike vrae af te vra rondom identiteit en die rol wat hul hulself sien speel in ons breë samelewing om sodoende mense te kry om ingeligte besluite te kan neem,”

    “In die stuk bepeins ek finansiële welvaart as ‘n maatstaf van sukses en die etiese dilemma rondom rykdom in ‘n land soos ons s’n, waar as gevolg van eeue se kolonialisasie, burgeroorloë, uitbuiting van goedkoop handearbeid en natuurlike hulpbronne, blatante rassistiese onderdrukking en in ‘n post-demokratiese milieu, ons slagoffers was van grootskaalse wanbestuur; die ryk/arm lyn nog steeds ‘n kleur het.”  

     “Dit handel ook oor die maatstaf van geluk volgens prestasie en die teenstrydigheid van jou hele lewe lank werk om eendag niks te kan doen nie.”

     “Duidelik het ek ’n probleem met vasgevang wees in ons produk-gedrewe, kapitaal-sentriese bestaan en ek dreig gereeld om te ontsnap, maar ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nè?” 

    “My haat/liefde verhouding met die media lei na baie slapelose nagte. Ek het soms ‘n dringende paranoia op my van die nuus lees en dan vermaak ek die idee van ontsnap. Van nie net die lokvalle van weelde en rykdom nie, maar ook van die rasse-diskoers in ons land (dit was toe Bell-Pottinger se plan ‘gepeak’ het).” 

    featured event

    “Ek voel baie keer ek hoort nie hier nie, maar dan wonder ek ook waar ek nou eintlik hoort. In ander stukke het ek al die geldigheid van grense in ons al hoe meer geïntegreerde wêreld bevraagteken en ek voel dat ons, en die mense wat soos ons is, nie dink aan onsself as patriotte nie en dus het ons nie tuisland nie en het in fact nie een nodig nie.”

    “‘Wat maak ons nog hier?’ is ’n oproep tot aksie om interne ondersoek in te stel en met die vraag te worstel tot jy ’n antwoord het.”

    Die groot vraag is nou, “Wat sien Francois Van Coke in sy virtuele wêreld?” Check die video hier onder om uit te vind. Ek dink hierdie is ‘n absolute meesterstuk en heel waarskynlik die beste Suid-Afrikaanse musiekvideo van 2018 (al is die jaar nog net 18 dae oud).

    Fokofpolisiekar gaan op Sondag, 21 Januarie ’n monster van ’n 90 minute-vertoning lewer by Kirstenbosch in Kaapstad. Die gehoor sal trakteer word op al Die Bende se ou en nuwe gunstelinge en liedjies van die nuwe album, Selfmedikasie, sal vir die eerste keer hier gespeel word.

    Hulle gaan van die geleentheid gebruik maak om ’n musiekvideo vir hul hartroerende ballade, Komma, daar op te neem. Kry nou jou kaartjie om deel te wees van hierdie spesiale gebeurtenis.

    As jy nie die vertoning kan maak nie, check Fokofpolisiekar live by een van hierdie festivals / venues later in 2018:

    • 27 Januarie 2018 – Up The Creek Festival – Barrydale, Wes Kaap
    • 1 Februarie 2018 – PUK Jool – Potchefstroom, Noord Wes
    • 4 Maart 2018 – Concerts in The Park – De Waal Park, Kaapstad
    • 5 Maart 2018 – Woordfees – Stellenbosch, Wes Kaap
    • 23 Maart 2018 – International Tattoo Convention – The Lookout, V&A Waterfront, Kaapstad
    • 31 Maart 2018 – Lush Festival – Clarens, Vrystaat

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • “Komma”, Fokofpolisiekar se Nuwe Amazing musiekvideo is hier
    • Fokofpolisiekar reik “Die goeie ou dae” Musiekvideo uit
    • Francois Van Coke “Hierdie Is Die Lewe” vrygestel
    • “Spoor”(Angie oeh se laaste opgeneemde lirieke) vrygestel

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Fokofpolisiekar Parkiebank Rock South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleN8N Pays Homage To Cape Town
    Next Article Crimson House release “Don’t Forget To Take Your Medicine”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read6 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read9 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read10 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Kunstenaar Profiele
    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read65 Views
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read44 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.