Deon Meiring skop die jaar af deur die musiekvideo vir sy nuutste enkelsnit, “Grensbewoner” vry te stel. “Grensbewoner” is ook die titelsnit van Deon se nuutste EP wat in Oktober 2020 vrygestel is en waarvan die musiek ook te hoor is in die kykNET reeks, ‘Kompleks’.
Deon Meiring vertel ons meer oor die enkelsnit
“’Grensbewoner’ as enkelsnit gaan oor die gevoel dat die hemel en dit wat net doodgewoon is nie so ver van mekaar verwyder is nie, maar dat ek dikwels vasgevang voel op die grens tussen daardie twee uiterstes.”
Die musiekvideo vir “Grensbewoner” bevat beeldmateriaal uit die hele reeks, spesifiek bymekaargesit om die reeks se twee heelalle wat mekaar weerspieël en soms weerspreek te wys. Die res van die video is deur Etienne Swanepoel verfilm, en eggo die heel eerste, rou weergawe van “Grensbewoner” wat deur ‘n YouTube video aan die wêreld bekendgestel is. Deon het dit destyds voor ’n boekrak opgeneem en hierdie keer weer. Dit is ook ‘n knik in ‘Kompleks’ se rigting waar van die karakters na die musiek op YouTube luister.
Deon Meiring vertel ons meer oor die “Grensbewoner” video
“Die video wys ook iets van die karakters se lief en leed, maar dis natuurlik te kort om alles weg te gee. So ek hoop dat dit mense sal prikkel om sommer weer die reeks te kyk of om dit te kyk as hulle nog nie het nie.”
Musiekvideos met beeldmateriaal uit ’n reeks of film was veral gewild om te doen in die 90’s. ‘Kompleks’ het heelwat verwysings na 90’s nostalgie, so in daardie opsig skakel die video ook by die reeks in. Die liedjie handel veral oor grense en hoe dit wat alledaags is, soms eintlik net ‘n klein stappie verwyderd is van iets hemels.
Dis een van die sterk temas in die reeks ook; dat fantastiese dinge dalk soms net-net buite bereik is. In die storie is daar twee heelalle wat nie so ver van mekaar af verwyderd is nie, asof daar net ‘n fyn grens tussenin is.
Deon Meiring gee ons ‘n “inside scoop”
“Aanhangers kan uitkyk vir al die subtiele visuele leidrade wat die twee afsonderlike heelalle met mekaar verbind in die reeks. Baie van die skote vir die reeks is fyn beplan om terug te verwys na mekaar en daar is heelwat daarvan in die video. Ek is ook veral opgewonde dat mens ‘n hele klomp van die briljante akteurs in ‘Kompleks’ daarin te sien kry.”
Kyk die video vir “Grensbewoner”‘ hier onder
Jy kan Deon se nuutse EP HIER stroom of download.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.